Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -50 minutes ago
ogies toe Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -1 hour ago
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -1 hour ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -2 hours ago
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -2 hours ago
Geelvis Padlangs deur die RSA - Dis… Wessel Strydom -2 hours ago

April 2018 Koffiekroeg

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Koffie is weer lekker vanoggend.

Lekker ligte bui reen verlede nag gehad

Geniet die Sondag.

Centurion

Voortrekker

Sun, 01/04/2018 - 06:31

Goeie môre almal!  Môre Dusty en dankie vir die April koffie draad smiley

Ons het ook weer 'n lekker reën bui gehad laas nag.

Julle moet 'n lekker dag hé!smileyyes

0
Meyerton

Segekok

Sun, 01/04/2018 - 09:10

Nou ja soos ek geseg het dat ek sal gaan kyk hoevel dit gereent het.....n hele 12 mm. En dit lyk my al so asof daar nog gaan val deur die dag...  

Nou uit die aart van dit wat ek wil doen vandag gaan die reen my so effe uit die werk hou  ( sien die dinge vat so n bietjie langer om droog te worre)

Gaan ek maar vir Hel1 in die kar sit en dan gaan ons maar Parys ( die een in die Vrystaat) toe ry en bietjie daar na die kuns gaan kyk wat daar uitgestal worre.

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 01/04/2018 - 16:20

Middag almal, hier het ons 6mm reen gehad, maar is dankbaar vir dit.

Deon, ek is bly julle ry net tot in Parys Vrystaat (Arie se gunsteling provinsie), die anner Parys sou dalk bietjie lank gevat het.?

Ons het sover 'n heerlike naweek geniet, gisteraand lekker gebraai maar kon nie, weens swaar weer, op Radio X 5, inskakel nie, ek moes my modem uit skakel.

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Sun, 01/04/2018 - 18:23

Naand sê.

Dit is die eerste keer dat al my staf af is vir 4 dae.

Terwyl hulle weg is, pas ek maar die kantoor op.

Hoop julle paastyd was rustig.

 

0
Centurion

Dusty

Sun, 01/04/2018 - 18:50

Naand Harry.

Op n ander draad word daar gepraat van n klein wêreld. Blykbaar ken hy vir Jaco Kotze.

0
Centurion

Dusty

Mon, 02/04/2018 - 04:59

Goeie more.

Lang naweek amper verby en so ook my verlof. Begin more weer werk.

Die wat vandag op reis is, ry versigtig en veilig.

Ja,  Harry einste hy.

Lekker vakansiedag vir elkeen

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Mon, 02/04/2018 - 06:21

More almal.

Iemand hier het my Stormers koffie beker gebreek angry

Ek is seker dat dit n Blou Bul was. smiley

Dit was erg genoeg om te verloor. Maar moet nie aan my koffie beker raak nie. Ek sal hom self was. smiley

Geniet julle dag.

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 02/04/2018 - 06:31

Hoe gaan dit met almal vanoggend?   Ek hoop jul lang naweek is lekker sovêr en geniet die laaste dag.   Die einde van die maand is daar darem weer 'n langnaweek.

Vanoggend 5 uur was daar skielik blitse hier by ons, toe val daar 312 groot druppels, en toe is alles verby.   Nou is die lug net grys.

Ek hoop al die verlaters en drosters is terug vanoggend.   Arie, wys nou vir ons jou eerbaarlikheid en kom drink 'n lekker koppie koffie.    Let's all kiss and make up!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus