Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... Goeie hout se Noord & Oos… Wessel Strydom -20 minutes ago
Goeie hout... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -26 minutes ago
die Burger.... Media24 se koerante en… Wessel Strydom -29 minutes ago
Von maak net so sop, maar sy… Aartappelsop (Vichyssoise) Goeie Hout -59 minutes ago
Rapport Media24 se koerante en… Geert -1 hour ago
Puppy Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -2 hours ago

April 2018 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Koffie is weer lekker vanoggend.

Lekker ligte bui reen verlede nag gehad

Geniet die Sondag.

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 06/04/2018 - 10:42

Dag sê.

Nee hel slaap julle nie ?

Noddy - Fri, 06/04/2018 - 02:09

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sat, 07/04/2018 - 05:50

Goeie more.

Sit nou lekker en koffie drink. Al lawaai wat ek hoor is die voëls met die hoogte vrees.

Lekker naweek vir elkeen

0
Centurion
Profile picture for user Lolla

Lolla

Sat, 07/04/2018 - 06:33

Goeie more almal. Geniet jul koffie... Of milo. En lekker naweek vir almal. 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 07/04/2018 - 08:59

Almal lekker uitgerus en gesond en gelukkig vanoggend?   Ek hoop so!

Die kaboutertjie lyk of hy bietjie koud kry daar by Koro Koro, Lolla.   Of pose hy het vir die foto?

Ons beplan niks vir hierdie Saterdag nie.  Sal maar bietjie rondkrap in die huis en verder TV kyk.

Groot G en Arie, julle het geen idee hoe baie ons dit waardeer dat julle ons groet in die oggend nie.  Sonder julle twee se warm groet sal die dag 'n totale flop wees. 

Lekker dag vir al die forum maters!

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sat, 07/04/2018 - 09:34

Ag Auntie, ek is mos maar van nature 'n gulhartige mens?

Ek weet julle sal maar sukkel as ek julle nie mooi groet en 'n goeie dag toewens nie!

Nee eks glad nie 'n oggend mens nie, my P.A [toe ek nog gewerk het] het geweet om nooit afsprake vir my te reel voor, op die vroegste 9vm.

As ek op kantoor kom het sy my koffie en koekies met my twee koerante reg op my lessenaar. Ek het elke oggend die engelse en afrikaanse koerant gelees. Sy het dan gesorg dat ek geen oproepe kry en dat niemand in my kantoor inkom.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sat, 07/04/2018 - 21:53

Goeie naand almal.

Harde werks dag van 06h00 tot 18h00 vir my gewees.

Weer n verloor vir my Stormers span.

Gaan nou maar n skapie pil drink en probeer slaap om van die slegte dag te vergeet. He He

Lekker nagrus vir julle almal.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sun, 08/04/2018 - 05:10

Goeie more.

Koffie reeds gemaak. Enige iemand ook vir koffie?

Sit nou rustig op die Sondagoggend na n lekker nagrus. Rustigheid voor ons begin regmaak vir kerk.

Lekker dag vir elkeen

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 08/04/2018 - 06:55

Voortrekker, julle pak seker op vandag.   Geniet die laaste stukkie daar en veilig ry huis toe.

Verder, 'n rustige en aangename Sondag vir almal.

0
Johannesburg
Profile picture for user WilleWillemien

WilleWillemien

Sun, 08/04/2018 - 08:38

More more.

Hoop dit gaan goed met julle almal.

Lekker koffie gedrink. Dankie. Tweede een is oppad.

'n Heerlike herfsoggend hier in Gautengeleng va'oggend. Gaat vandag net niks doen nie.

Vrolike dag vir julle almal.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus