Na aanleiding van iets wat ek so pas gelees het, en ek gaan nou seker baie onsensitief en hard voorkom;
Moet ons iemand wat 'n siekte toestand of ligaams gebrek het anders as ander mense hanteer??
Ek dink dit is beledigend teenoor die siek persoon, ja beslis help iemand in 'n rolstoel teen trappe op, help iemand met een been oor ongelyk terrein, maar hoekom mag ons nie met hom of haar spot soos met enige ander persoon nie?
Ek glo as ons weet wat in ander mense se lewens aangaan, goed wat dalk nie sigbaar is oos 'n gebrek, of ernstige siekte sal ons vrek verbaas wees.
Daar is duisende mense wie se kinders dwelm verslaafdes is, maar die ouers is altyd vriendelik, vol grappies en positief, daar is baie mense wie geliefdes wreedaardig vermoor na hull eers deur 5 mans verkrag is, maar hul maat verwag nie voorkeur behandelin van andere nie.
Ek glo elke huis het sy kruis erens, ons kan nie altyd die hartseer en smart van ander sien nie, maar tog gaan hulle aan en lei 'n goeie lewe sonder dat hul verwag almal moet hul jammer kry en op die hande dra.
My nefie [nou oorlede] was gebore sonder bene en met heelwat ander probleme ook, hy het nooit vir simpatie of voorkeur behandeling gevra nie, inteendeel hy kon self nogal lekker spot met sy gebreke. Ek was eendag by toe iemand hom vra of dit moeilik is sonder bene, hy kyk die man so en se "Ek weet nie nog nooit bene gehad nie, maar se my is dit nie moeilik met bene nie?"
Ek leef baie naby aan iemand wat vir al vir 8 jaar teen kanker baklei, sy het erg probleme as gevolg van talle reekse chemo en baie reekse bestraling. Loop al vir 4 jaar met 'n oop wond wat nie kan genees as gevolg van bestraling, kanker het omtrent al deur haar hele lyf versprei. Sy het permanent pyn, sukkel om te loop, sukkel om duidelik te praat, eet baie swaar - maar sy wil bitter graag soos enige ander mens behandel word. Sy is te trots om jammer gekry te word, haar geloof is onwrikbaar, sy glo vas aan die Groot Geneesheer. $ jaar terug het 'n onkoloog vir haar 'n maksimum van ses maande gegee om te leef, 4 jaar verder is sy nog hier vol smiles en jokes.
Het ek simpatie met 'n persoon wat baie siek is? JA beslis gaan ek hom spot as hy al sy hare verloor as gevolg van behandeling; JA beslis. Hy is maar net soos enige ander mens hier op aarde, hoekom moet hy/sy voorkeur behandeling kry, is dit nie diskrimineerend nie?
Lolla, jy woorde is in die…
Lolla, jy woorde is in die kol, ongelukig is ek soos 'n Staffie, waar ek gebyt het los ek nie!
Ek word kinerlik ongelukig [en dit gebeur nie maklik nie] as mense ander sleg se, ek onthou hoe spekkies aangese was om sy skoolgeld terug te vra, en toe is dit eintlik die skrywer wat verkeerde woorde gebruik het?
Sodra jy dan daai een so bietjie spotenderdewyse aanvat dan moet ons skielik terug staan want hy/sy is dan glo siek??? Nee ek sal terug staan as hulle ophou my hakskene byt.
Oom Jeep, eerste weereens welkom op die LEKKER FORUM waar nieman enige ander [waardige] lid aanvat nie.
Ek is ook maar net 'n sondige mens en probeer my bes om goed te leef, ek glo ek dra my deel by met naaste liefde, maar dit is nie hier te sprake nie. Ek glo ook nie mens moet alles met 'n bybel versie probeer goedpraat nie, ek en baie ander mense glo dan later nie meer daai persoon nie, iets wat mens regtig voor moet oppas.
Ek glo dat mens 'n ware Christen, miskien moet ek liewer se gelowige want daar is ander gelowe ook, aan sy leefstyl uitken. nie ander mense wat 'n onskuldige vraag vra, direk afjak en verkleineer en dan "siek" geestelik of ligaamlik te pleit en dan die heeltyd die bybel voorhou nie.
Ek het 'n personeellid gehad, jare terug, wat 'n bybel op sy lessenaar een in sy baaidjie sak en een in die kar aangehou het. die heel tyd bybel versies aangehaal, en toe vang ek hom dat hy Absa besteel!! Hy het [soos baie ander] agter die bybel weggekruip.
Die "siek" wees moet ook maar oppas dat hulle nie net simpatie soek nie, dame wat ons goed ken en deur die kamplewe ontmoet het, het vir almal vertel sy het borskanker, r4 maande later hoor ons nee die knoppie wat verwyder was, was onskadelik.
Mens vertel mos nie jy het kanker VOOR dit ge-diagnoseer is nie, ons alma lhet vir haar gebid en moet ingepraat vir niks!!
Staan jou man, moenie agter geestelike of ligaamlike siektes en of die bybel wegkruip nie, neem verantwoordelikheid vir jou eie gedrag, en as jy, omdat jy dalk 'n slegte dag gehad het iemand onodig aangeval het, vra dan omverskoning - dit is in my opinie wat 'n ware gelowige sou doen.
Hierdie is my opinie, en dalk is ek heeltemaal verkeerd, ja jy moet jou naaste liefhe, MAAR hy moet jou ook liefhe?
Woorde en dade
Arie jou ou doring herriner my die dag as ek jou raakloop om vir jou n bottel van die beste RUM te koop .Jy het raak gevat waar ander wegskroom en dis om die ding op sy naam te noem .100% vir jou
Red Hart, ek hou niks van…
Red Hart, ek hou niks van alkohol nie, maar dit is maar my deel van liefdadigheid ek ondersteun die Harstigting.
Is maar moeilik om daai gemors in my lyf in te forseer, maar ek voel dit is my plig.
Some will have insight on my perspective
I also waited a while before posting... And I just want to say....
Never ever judge a book by it's cover
No matter what the difficulty / problem / challange is, treat everyone with respect... Respect the other person's challanges...
While you mull-it-over, take the time to un-pack this..
People of Jewish culture have a very expressive saying That roughly goes like this... How can you judge somebody until you have walked his road with the stones he has in his shoes...
Lastly, The world owes you nothing. Wherever you are at, it is of your own making. If you don't like it, only you can change it
Well said Warren Duidelik…
Well said Warren
Duidelik tot die punt. Nou om dit toe te pas.





Ek lees hier en besef ek…
Ek lees hier en besef ek weet niks en mag nie iets se nie. Wat my kwel is die mense wat aan die anderkant staan, Dit is sterk mense wat baie ondersteuning ook nodig het en dikwels oorsien word.