Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker gelag, Geert,... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Goeie Hout ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Laaste probeerslag - dit lol Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -4 hours ago
Lodge gedeelte Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -4 hours ago
Kleedkamers en opwas Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -4 hours ago
Dek vir almal se gebruik Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -5 hours ago

Respek vir ander gelowe.

Meyerton
Submitted by Segekok on
Forums

Daar is iets wat my baie krap...  Dit is respek vir ander se geloof.

Die oomblik wat iemand iets so sê of plaas waar die een geloof bo die ander gestel word is die respek vir n ander geloof daarmee heen. 

Dit is goed om iets van jou geloof te plaas en respek vir jou geloof te te verwag...   MAAR dan moet daar seker n respek vir die ander se geloof wees as hy of sy iets sou plaas oor sy of haar geloof.

Die wreedste oorloë was nog altyd oor geloof en dit het nog nooit verander nie.

As daar dan gesê word dat as jy dit nie like nie moet jy maar verby blaai, geld dan seker vir alle kante.

 

 

Centurion

Voortrekker

Wed, 10/05/2017 - 11:56

Een ding wat my krap is dat 'n mens in vandag se tyd so versigtig moet trap en praat oor jou en andere se geloof.   Ek vind ook mense is bang om op te staan vir wat hulle glo!  Hahahaha

Inelkgeval, Segekok -  wou nie jou draad kaap nie, maar gedink dit is darem verwant.

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 10/05/2017 - 12:44

Ek persoonlik is redelik konservatief, maar op 'n Liberale manier -  (is dit moontlik?)

Ek het al redeneer en bespiegel en spekuleer en in diep en lang debatte betrokke geraak.   Die hele idee van ander se geloof te respekteer is vir my soos om te verwag dat 'n bal opdraende rol.  

Ek dink dit moet gestel word dat die persoon respekteer word, maak nie saak wat hy glo nie.  Maar moet nie van my verwag om 'n geloof of godsdiens te respekteer wat ek in my diepste wese en oortuigings teenstaan nie.

Ek was eendag op ' vlug opppad India toeen het  met 'n Geestelik geleerde Hindu in 'n lang gesprek betrokke geraak-   en sy groot pyn was Chistene, natuurlik uit die oog van traditionele hinduisme gesien.   Sy argument was dat Hinduisme alle gelowe aanvaar en respekteer, maar dat Christenskap geen ander geloof aanvaar en respekteer nie.

My punt aan hom was, wel, (JOU) Hinduisme aanvaar en respekteer NIE alle godsdienste NIE!    Jy aanvaar nie Christenskap nie!

0
Meyerton

Segekok

Wed, 10/05/2017 - 13:02

Ek het al gesien en gehoor hoe mense na hulle asem snak as iemand in n hof getuig en nie die eed wil aflê op grond van sy geloof nie. Het ook al die cheaf in charge dop gehou as iemand sê dat hy nie in God glo nie en die uitdriking op sy gesig het dadelik vir my gewys dat die getuie n groot job gaan hê.

Ons hele regstelsel is gebou op die "10 gebooie.(Bybels).. so om dus te sê dat jy nie in God glo nie (die Bybel verwerp) verwerp jy dus die land se wette.

Daar s baie wat seker is van die feit dat as jy nie die selfde glo as hulle nie, jy n slegte mens is, n Mens met geen bestaansreg nie en dat jy nie n reg op lewe het nie. Slegs sy eie sienswyse is reg en daarom het hy die reg om te sê en doen wat hy/sy wil.

 

 

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 10/05/2017 - 13:38

Vir ons, as Christene, was dit al die jare baie maklik om vir ons geloof op te kom.  Deesdae het dinge so verander met die dat daar "gelykheid" in alles moet wees, dat ons nie meer so uitgesproke kan/mag wees nie.   Ons word basies gedwing om ander se geloof en ook sienswyses oor ander dinge, te respekteer.   Ek erken, ek weet nie regtig genoeg van ander gelowe en presies hoe hulle glo nie, so ek is ook nie opgewasse om daaroor te argumenteer nie.  Ek weet wat ek glo en dit sal nie verander nie.

Niemand moet egter van my verwag om "Ateisme" te respekteer nie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 10/05/2017 - 13:47

Ek probeer my geloof so uitleef dat dit teenwoordig is in alles wat ek doen en sê.  Ek respekteer geen ander vorm van geloof nie, maar ek respekteer ander MENSE wat nie dink soos ek nie. Ek probeer om nie anders denkende persone aanstoot te gee nie en ek waardeer dit eweneens as sodaniges my ook respekteer en nie my sienswyse bespotlik maak nie of my aanstoot gee nie.

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 10/05/2017 - 14:13

Ek stem saam met Voortrekker, Freda, Len en alle ander Christene, ek respekteer die persoon maar keer dit nie goed nie,  MAAR, dit is elke indivdu se keuse.

Om nou 'n radikale voorbeeld om te draai, en as vergelyking te gebruik.

Ek het geweldig baie respek vir die posisie van staats president, maar geen respek vir die persoon wat dit beklee nie, nou gaan ek nie daai posisie af keer nie, maar wel die persoon.

Ek kan mos vriendelik gesêls met 'n moslem, maar dit beteken nie ek respekteer of aanvaar sy geloof nie.

Dit is my keuse, en almal is vry om van my te verskil.

0

Freda ek vra net die vraag.  wil nie argumenteer nie..  

As iemand dus in n ander "GOD" as jy glo is dit aanvaarbaar maar as iemand in geen "GOD" glo nie is dit  nie reg.

Niemand moet egter van my verwag om "Ateisme" te respekteer nie.

 

0
Meyerton

Segekok

Wed, 10/05/2017 - 14:31

Ek sien jou punt in maar veronderstel nou dat iemand n foto , n berig uit enige tydskrif of wat ookal plaas...  iets wat teen jou geloof indruis. Dit maak nie saak van watter geloof dit is nie gaan jy jou siening van daardie persoon verander.

Die oomblik wat daar teen mens se geloof iets gesê word raak mense baie sensetief en in die meeste gevalle ook kwaad...

 

0

Solank jy my God nie laster nie is jy welkom om te glo wat jy wil, ek gaan jou geloof nie terug laster nie, ek gaan jou donner.

Net so terloops, ons Christene is in absoluut minderheid hier op aarde met ander gelowe wat baie groter as ons is, wie weet wat is die regte geloof??

0

Dit wat jy nou daar sê is presies waarvan ek praat.  Sogelank jou geloof nie benaadeel word nie,..  maak nie saak of iemand anders se geloof in die proses benadeel word nie....

As ek dit so kan stel...  Iemand sê vir iemand van n ander geloof ...  "EK SAL VIR JOU BID"...  onmiddelik verklaar jy daarmee dat jou geloof of God beter is as die waarin hy glo..

Al weet ons nie watter geloof is die regte geloof nie...

 

Net so terloops ...  Ek het nog glad nie persoonlik geraak nie en ook nie enige geloof bevraagteken of afgekraak nie.

 

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 10/05/2017 - 15:36

Dinge wat in my gedagtes opkom terwyl ek hier lees.  Moenie bang wees of vermy om meer te leer en lees oor ander gelowe nie.  Jy moet jou persoonlike geloof / godsdiens tot die uiterste toets tot die punt waar jy jou eie geloof bevraagteken en twyfel - daar is niks daarmee fout nie.

Deur die toets en geslaag, dan kom jy sterker in die ander kant uit, en jy het gesien en geleer hoe 'n "leuen" jou kan verblind.   Ek praat nou vir enige geloof of persoonlike wereld visie.

Ateisme. Dit is ook n geloof? Nie?  Om daagliks in hierdie wonderlike wereld vol liefde te leef  en hard te glo dat daar nie n skepper is nie- dit klink vir my na een van die moeilikste godsdienste.

 

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 10/05/2017 - 18:01

Toe ek daardie sinnetjie skryf, het ek self soos jy daaroor gedink.  Dit is 'n heel logiese vraag wat jy vra.  Vir my is enige geloof wat gladnie in 'n almagtige God glo nie, ateisme.   Die meeste gelowe glo in God, hul sien hom net anders en kom op 'n ander manier by hom uit as die Christene.  Die Christene glo Jesus het aan die kruis gesterf vir ons sonde, ander gelowe glo dit nie of glo dit op 'n ander manier.   Dit is hoekom ek noem dat ek nie genoeg weet van presies hoe hulle glo nie.   Dan sluit ek aan by Frikadel wat vra wie sê hulle is verkeerd en ons is reg?   Ek glo ons is reg, want sonder Jesus sou ek verlore gewees het.    Soos Lennie sê geloof is iets wat jy moet uitleef en ek het op die mark baie mense van ander gelowe geken wat dierbare, goeie mense, vol liefde vir hul medemens, was.  Daarvoor respekteer ek hulle as mens, alhoewel ek nie met hul geloof mag saamstem nie.

Voortrekker, ek kan ook nie verstaan hoe mense kan leef en glo daar is nie 'n Skepper wat alles gemaak het nie.   Ek dink ateiste sien dit as hulle geloof, want hulle hou selfs bymekaarkomste onder mekaar.   Net soos duiwelsaanbidders, met al die verskriklike rituele wat hulle volg as hul bymekaar kom.   

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 10/05/2017 - 18:01

Jou vraag aan my :-

Ek sê weer, ek respekteer my medemens en die feit dat hy nie noodwendig soos ek oor geloof voel nie.  Maar ek verwag dat hy ook vir my as sy medemens moet respekteer sonder om sy geloofsdenke aan my op te dring.

Sou ek tot die gevoltrekking kom dat 'n andersdenkende my geloofsdenke op watter manier ookal aanval of verkleineer, dan gaan ek beslis my siening van daardie persoon verander, nie omdat ons van denkwyse verskil nie, maar omdat hy nie my gevoelens as mens respekteer nie.

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Wed, 10/05/2017 - 18:11

Ek dink die meeste mense het as kinders blootstellinge gekry aan n sekere geloof. Dit is gewoonlik die geloof wat hulle ouers gehad het en waarmee hulle groot geword het.

Sodoende het hulle die spesifieke geloof gevolg en beoefen.

Soos hulle ouer geword het, het van hulle na ander gelowe begin kyk en dan gevolg en ander het opgehou om n spesifieke geloof te volg, maar nogsteeds die leefwyse gevolg soos hulle groot geword het.

Hulle het net ophou glo, maar leef nogsteeds op die selfde manier as die gelowiges. Kan amper sê hulle volg nogsteeds die 10 gebooie.

Net n gedagte

0
Nelspruit

Koos Mol

Wed, 10/05/2017 - 22:59

Ek respekteer ander mense ongeag sy/haar geloof as die persoon my respek verdien; dus so optree dat ek so persoon kan respekteer. Ek respekteer die feit dat hy sy keuse van sy geloofsoortuiging kan maak alhoewel ek nie saamstem met sy geloofsoortuiging nie. My geloofsoortuiging is basseer op die wete dat die weg na die ewige deur die Seun van God is, maw Liefde, en dit is my keuse. Of ek respek het vir andere wat anders glo ....... dit hang van sy optrede af, nie sy geloof nie. As sy geloof van hom verwag om so op te tree dat dit teenstrydig is met my geloofsopvatting dan het ek geen respek vir hom weens sy optrede en dis hy wat sy geloof in disrespek plaas deur sy optrede. 'N moment van respek (liefde) vir 'n anders gelowige kan dalk net die vonk wees wat hom/haar tot ander oortuiging bring. Wat ek wel kan sê is dat ek in "my oortuiging" jammer voel vir die anders gelowiges wat nie die "ware weg" na "my oortuiging" ken nie. Ek stel nie my geloof bo die van andere nie maar wel my keuse.

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 11/05/2017 - 09:47

Ek stem saam met Len, ek respekteer die persoon, as hy/sy my respek waardig is. Dit beteken nie dat ek noodwendig sy geloof respekteer nie.

Goeie vriend van my het 'n heel ander siening oor politiek, hy is baie ver regs, ons is groot vriende en ek het baie respek vir hom, maar stem glad nie saam oor sy politieke oortuigings nie. Ons kuier lekker saam, maar hy weet hy mag geen politiek met my praat of neerhalend oor ander bevolkings groepe praat nie.

Hy respekteer my dus praat ons geen politiek nie.

Ek persoonlik glo nie dat enige persoon 'n ateis kan wees nie, soos Voorie noem, as mens na die natuur om jou kyk MOET jy aan iets glo, al is dit dan die "Big Bang Teorie" ek het 'n biae goeie boek gelees oor die big bang, maar hulle kan my nie oortuig nie.

Ek het ook die meeste gelowe nagevors, maar ek glo nog steeds dat die Christelike geloof die REGTE een is. Ek het GEEN twyfel dat ek aan die ware GOD glo nie!

Terloops, hoe voel julle oor duiwel aanbidders, dit is ook 'n wettige geloof in ons land, net meeste van hul dade is onwettig, maar die geloof is wettig?

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 11/05/2017 - 19:04

Die Bybel, is so ver my kennis strek, die enigste boek, wat van die begin af, die einde voorspel. 

Seker die grootste profesie, het twee duisend jaar terug reeds waar geword. 

 

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 11/05/2017 - 19:46

Ek glo nie ons behoort  op hierdie forum verskillende geloofsoortuigings te vergelyk, te propageer of te bespreek nie.

Die skepper van hierdie draad het 'n ongemak geopper dat daar nie respek getoon word teenoor andersdenkendes as dit by geloofsake kom nie.

Ek stel voor ons respekteer die feit dat ons van mekaar op hierdie terrein (en seker op baie ander terreine) verskil en nie verder 'n wig tussen forumlede indryf nie.

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 11/05/2017 - 20:17

Ek dink dit is prysenswaardig dat die gesprek nie in 'n argument of onenigheid ontwikkel het nie.  Dit sê baie van die gesindheid op Kampforum.   Ek glo ons stem eintlik almal saam, ten spyte daarvan dat opinies gelug was en dalk die verkeerde boodskap oordra.  Ons is almal menslik en nie alwetend nie.  Ek hou vas aan dit wat ek glo en dank die Vader daarvoor.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus