6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -29 minutes ago
Jan Meyer Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -6 hours ago
Toer alte lekker saam Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -8 hours ago
6 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago
Swak sein Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago
Op n ander blad gelees..copy en paste Bestuurderslisensie Geert -11 hours ago

Lekker vakansiedag

Port Elizabeth
Submitted by Frieps on
Forums

Ons kry so week of wat gelede 'n sms van die verkeersdepartement, ons bestuurslisensies kan afgehaal word.   Verlede week staak al wat leef, insluitende busse en taxis, so ons los dit maar vir hierdie week.  Ons verkeerskantoor is in 'n area wat jy nie sommer besoek nie, net as dit broodnodig is.  Ons besluit toe vanoggend ons gaan die 2 kaarte vandag haal. Kom daar, die plek is toe.  'n Paar manne, lyk na sekuriteit of so iets, staan voor die deur en gesels.  Die een wys vir ons 'n bladsy wat op die deur geplak is:  "The traffic department will be closed on 30 April".   Ongelukkig het ek nie bioniese oë wat dit van my huis af kon lees nie, ek moes tot daar gaan om dit te lees.   Nou al die mense wat daar werk, het seker nie verlof ingesit vir vandag nie.  So, lekker man, jy kry sommer gratis en mahala 'n ekstra vakansiedag, gaan enjoy jou long weekend en almal wat so stupid is om vandag hiernatoe te ry, moet maar teruggaan huis toe en weer kom.

Jammer om te hoor van jou nuttelose trip om jou lisensie te gaan haal Freda .As ek dit nie mis het nie is die banke ook toe vandag .SA weet hoe om die dam onder die eend se gat uit te pluk wanneer dit kom by publike vakansie dae .Wonder hoe die klein besighede dit kan bekostig 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus