Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Vlieg kaartjies November 2026 Geert -52 minutes ago
Frankryk Springbok rugby Geert -13 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -21 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -21 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -22 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -23 hours ago

Porta Potti etiket

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Na aanleiding van die gesprek in verband met porta potti's, het dit my laat dink aan 'n artikel in Wegsleep van Maart 2016. (As ek reg onthou)

Wegsleep tydskrif het daarin berig gedoen oor 'n man wat net na hy gehaak het, sy porta potti net daar op die staanplek leeg gemaak het, en gery.

Nou, dit in my opinie is varksig, ongeag of die ou kwaad was vir die oord of wat ook al sy rede was. Een van die "verduidelikings" was, "hy was seker kwaad vir die oord".

As daar by 'n oord nie spesifiek vir portas voorsiening gemaak is nie,  doen ek een van twee dinge.

1. As ons binne so drie dae gaan op pak, ry ek die potti tot hy die huis en gaan maak dit in die toilet leeg en skoon, of,

2. As die potti moet leeg gemaak word waar daar nie voorsiening gemaak is nie, gaan maak ek dit in die ablusie se toilet leeg en sorg dat die toilet skoon is voor ek daar uit loop.

Op cp forum, noem iemand ook nou van 'n persoon wat haar porta in die stort (in die dames kant) gaan leeg maak het en so gelos vir ander om skoon te maak.

Liewe hemel, hoe varksig kan mense wees?

Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Mon, 15/05/2017 - 06:39

EXACTLY!

Why I mentioned in my porta-pottie post that My 1/2 HTH widdle bottle & my porta-pottie is way more hygenic that a thousand public ablution blocks... No matter haw clean they appear to be, you still have no idea what's gone on in there over time...

Even when I camp off grid my trench and folding toilet seat is better.....

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 15/05/2017 - 07:25

Vir die van julle manne wat so trots loop om julle potte te gaan leeg maak daar by kamp ablusies, ek sien julle altyd so stap stap met 'n doel.   Ek wil net vir julle sê:  RESPECT!

0
Pretoria Tuine
Profile picture for user DK

DK

Mon, 15/05/2017 - 07:27

Ons het 'n porta pottie, nog slpinternuut. Met ons eerste kamp met hom, het ek en Geraldine hom net so staan en aan kyk en daar en dan besluit, nee dankie nie hierdie episode vir ons nie.

Al die chemicals verniet gekoop en porta wat nog nooit gebruik was nie.

Ten minste het hy 'n kamp gratis gekrylaugh

0
Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Mon, 15/05/2017 - 12:10

It may have been missed in my post on Porta-pottie...

Use it with the gate open so that it drops through to the tank below.

Then you close the gate, fill with water rinse it out, drop that through & close.

I Think a lot of people think to use it with the gate closed, then open, & drop through...

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 15/05/2017 - 16:32

Then you close the gate, fill with water rinse it out, drop that through & close.

dit klink amper iets soos om n ou trekker se brieke te bloei of so...

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 15/05/2017 - 19:21

Arie, dit is nou 'n oulike naam vir die potty.   Ek dink dit moet op kamp woordeboek geplaas word.yes

0
Pretoria - Oos
Profile picture for user Andre Smit

Andre Smit

Tue, 16/05/2017 - 06:36

Môre Maters,

Andre'tjie het ook laaaankal vrede gemaak met daardie grys kassie.

Mamma raak nog erg skaam as ek hom elke 4de dag daar uitruk en gaan leegmaak, sommer so gedurende die dag as die Ablusies of Potti area nie te besig is nie.

 Almal weet mos wat daarin aangaan en ek is van mening dit trek baie minder aandag as daai Aunties wat soos 'n skaamskelm met daai mandjie in die een hand en die handdoekie oor die bottel in die ander hand afsluip badkamer toe en loop en rondkyk soos 'n skelm Troep wat omkyktwakkies gevat het.

Aangesien Mags net die pottie vir Nr 2 gebruik, en manne hier praat van "n kakte tas roep ek ons grys tasie deesdae die pss-kis.

Moet net nie oor die hele kamp uitbasuin dat jy met die pss-kis rondloop en oppad terug nog geselsies aanknoop nie. DIT jaag Moeder se meterkie in die rooi in. HeHe

0
Pretoria Tuine
Profile picture for user DK

DK

Tue, 16/05/2017 - 07:22

Nee wat ons los daai tassie by die huis, alhoewel ons hom nooit gebruik het nie. Hy het nog net 1 keer saamgery vir 'n ''Jolly Ride''.

Ons vra altyd vir 'n oord uitleg voordat ons finaal bespreek en kies gewoonlik 'n staanplek so na as moontlik aan die abblusie blok.

As my verhemelte begin heuk in die nag, dan weet ek, nou is die tyd dat jy moet hardloop ''Boet''. Soms is ek bekommerd dat daar iemand buite die karavaan se deur staan. Jammer vir hom/haar, want as daai nood druk, vlieg daardie die deur met 'n spoed oop.

0
Bloemfontein
Profile picture for user OOM JEEP

OOM JEEP

Tue, 16/05/2017 - 07:56

Ek stem saam dis effens n netelige verleentheid om met die potty te loop om leeg te mask,, maar dis eintlik maar net n doodgewone menslike ding. Almal het biologiese behoeftes en ons met die chemiese toilet moet almal loop en skoonmaak.

Moral of the story. Get over it.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 16/05/2017 - 08:05

Was net die eerste keer effe selfbewus, toe kom daar toevallig nog iemand om ook leeg te maak.

So gesêls ons toe oor hoe lekker ons kamp, en nog nie weer gedink ek is 'n janitor (spelling) nie., dit is nou deel van die kamp.

MAAR, doen die leeg maak ding net op 'n opgevoede (beskaafde) manier, en niemand gaan eers agterkom nie.

0
Bloemfontein
Profile picture for user OOM JEEP

OOM JEEP

Tue, 16/05/2017 - 14:21

Ek het vandag gaan chemicals kry. R79 per bottel. Dis nou die soort wat in die plat bottel kom.  Sien daar is v.d.duurder soorte ook.. in die sakkies,, maar dit werk biki duur uit.

Watter soorte gebruik julle. Elma like die ronde bottels wat by Campworld te kry is,, maar ek koop niks by ons Campworld nie.. afgelope amper vier jaar nie.. 

Oja ,, gooi julle in per die maatgedeelte op die bottel of korrel jy ook soos ekke. Hierdie oom poep stink, dan liewers biki extra ingooi.

0
Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Tue, 16/05/2017 - 15:04

Hi oom.......

Nie nodig om meeer te gebruik.... Doen die air-freshner ding vir die "gepraatery"... Die chems breek somme alles af in die tenk.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 17/05/2017 - 12:27

Met deesdae se lekke ruik goed wat so innie noodkussie gegooi word ryk jy nie meer die nr 2 nie, maar daar is n plek vir alles en maak skoon agter jou allie

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 17/05/2017 - 21:08

Dink nou net, so vark nooi jou om daar te kom braai, hoe sê jy vir so persoon, as jy nou weet natuurlik, vat jou braai en druk dit in jou porta potti.

 

0
Florauna, Pretoria
Profile picture for user chris dupreez

chris dupreez

Thu, 18/05/2017 - 12:41

Ek het nog nooit snaaks gedink of gegril as ek iemand sien loop het om sy potti te gaan leegmaak nie, dus glo ek hoekom sal iemand nou anders as ek voel daaroor. Ons gebruik dit net in die nag om ontslae te raak van die te veel water en nie die te veel eet nie. As ons naby n ablusie staan gebruik ons dit nie eers nie. Ek kan nie glo dat daar mense is wat so barbaars is om hulle potti op die kamp plek uit te gooi of in die stort. En tien teen een is hulle die mense wat die meeste te se het oor kamp plekke se fasiliteite.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus