
Ok julle klomp kampers, daar is besluit om twee kamp saamtrekke te hou 25-27 Mei 2018.
- Kokoriba - R400 per naweek vir staanplek vir 6.
Hier gaan ons saam met Anton sterre kyk en Saterdag aand na Noddy se uitsending luister. - Bosfontein - R 600 per naweek vir staanplek vir 4.
Hier gaan die kampers saam met Noddy om sy uitsending sit langs die kampvuur.
Onthou hier is die skakel na die Bosfontein draad - http://www.blad.kampforu…
Ek sal die lys met name hier plaas soos julle dit vir my deur gee, hoop daar gaan meer kampers wees as op die stem draad.
Ai tog, kan ons nie more al…
Ai tog, kan ons nie more al Vrydag maak nie? Ek is nou lus vir kamp en.... sterre kyk ![]()
Ek is klaar in die kamp gees…
Ek is klaar in die kamp gees..... wil nie regtig werk nie maar moet ........ VRYDAG 08:00 RY EK
Voorie, daai is 'n blink…
Voorie, daai is 'n blink plan. Laatweet die skole dat hulle maar kan sluit, ons wil gaan kamp.
Nou wat moet ons sê,…
Nou wat moet ons sê, ongelukkig het ek skoonfamilie wat mos juis nou moet verjaar ?
Julle maak 'n man jaloers ne??
Johann sê vir hulle om…
Johann sê vir hulle om volgende jaar op 'n ander datum te verjaar.
Ek is een van daai…
Ek is een van daai uitsonderlike gevalle, ek verjaar elke jaar op my geboortedag?
Gelukig kan ek dan altyd onthou op watter datum ek gebore was.
Ek wonder of Stoffel se kamp…
Ek wonder of Stoffel se kamp al staan? ![]()
Anton, my staan klaar. Dit…
Anton, my staan klaar. Dit is so rustig. Ons is so 4 karavane.
Het Hendrik se ouers ontmoet. Lekker gesels
So Alta het ge "spark" met…
So Alta het ge "spark" met die kamp opsit?
Hoop jy het darem vir haar so ietsie koels ingegooi om te drink?
Arie, nee ek is alleen hier…
Arie, nee ek is alleen hier vandag. Gaan haar moremiddag eers haal
Shame my hart bloei vir jou,…
Shame my hart bloei vir jou, al daai werk alleen doen, en dan moet jy nog vanaand en moreoggend self kos maak??
Die Stasie restaurant is nie te ver van daar af, jy kan maar daar gaan eet!
Kyk!, dit is so pienkerige…
Kyk!, dit is so pienkerige hamertjie.
Hieihiehie oom Stof, julle…
Hieihiehie oom Stof, julle moet dit baie geniet, dit is maar jaloesie wat mens so verkeerd laat sien, daai groen monster is n lelike ding.






Dit is so Arie, dit gaan…
Dit is so Arie, dit gaan baie moeilik wees