









Transkei Mooi
SERVAAS: Dankie Harry. Uitsonderlike fotos.
HARRY: Ek is op "go slow"
Soek ook meer geld
FRANS PRETORIUS:
Harry Du Randt het geskryf:
Ek is op "go slow"
Soek ook meer geld
Blikses, jy vra vir meer geld!!!!, ek werk vir kos en slaapplek!!!! sien nie eers geld nie!!!
HARRY: Nog 'n Paar


VOORTREKKER: 
Dit lyk soos 'n ander land, kan nie glo dit is tonele hier in Suid Afrika nie



Transkei foto's pragtig!
FRANS PRETORIUS:
Wragtag pragtag!!!!
Dit is 'n mooi land wat ons het!!!, ek weet van mense wat kort-kort oorsee gegaan het vir vakansies, maar nou ONS LAND ontdek het, en, baie beindruk is!!!!
En, ook bygesê, hier is mense op die forum WAT OOK AL ORALS was, en mense soos ek, wat nie welberese is nie, baie goeie opvoeding gee oor die pragtige plekke!!!
SEGEKOK:Ek dink dat ons een van die mooiste lande in die wêrld het. Dar is iets van als, van woestyn tot tropies en dit is nie eers weke se ry uit mekaar nie. Meer as genoeg verskilende kulture ook.
HARRY: Vandag se paar -














Transkei Foto's
Die Transkei (Wildekus) is seker vir my een van die mooiste dele van Suid Afrika.
Ek wil so paar foto's met julle deel.
Dit is ongelukkig nie deur myself geneem nie.
Foto's met verginning van die FB groep "Old Transkeians"
VOORTREKKER: Ja Harry dit is die mooiste gedeelte van ons land. Ek het die roete gestap vannaf Port Grosvenor al die pad tot in Koffie Baai. Onder Waterfall Bluff geslaap in die grot, Cathedral Rock met die rivier en watervalle afgeswem. Hluleka se heuwels uitgestap, riviere oorgeswem. Sal dit nooit vergeet nie. 3 weke van Paradise!
HARRY DU RANDT: Mooi.
Gooi vir ons foto's hier, as jy het.
Ek sal ook so kort kort foto's hier plaas. Het nog baie mooies.
Hoor daar gaan n groot teerpad gebou word al met die kus langs.
Ons het getender on tekeninge te maak vir 'n 500 meter lange staal brug wat aan kabels hang. So 3000+ ton
Ek dink as dit gaan gebeur gaan die Transkei sy mooi verloor en almal gaan die plek vertrap.
Gelukkig dink ek sal dit nog n jaar of 3 neem voor dinge gaan begin gebeur.
VOORTREKKER: Ongelukkig het ek nie foto's nie. Dit was ek en my broer, so 22 jaar gelede. Nie kamera gehad nie, net rugzakken met die basics in.
HARRY: nog so 'n paar