Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
losstaande raam... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -5 hours ago
Neef Herman Braai met 'n Weber Geert -5 hours ago
Vordering met die Triber se Kamp-aanpassings Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -6 hours ago
Uit 'n ander hoek Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -6 hours ago
Dis hoe die rallytent twee… Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -6 hours ago
Triber se dakspore is baie swak Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -6 hours ago

My wa is vandag gebore

Alberton
Submitted by ski on
Forums

My wa se onderstel vandag gesny op waterjet so ons kan maar se wa is gebore

video

Op die oomblik voel ek soos n ATM soos die geld loop. sien nie baie vordering nie maar baie word gedoen. My spaarkamer by huis lyk soos n stoorkamer.

Daar staan 30 Sheets ply n hoop meranti en dan yskas, microwave deur en gister n casset potty gekoop in george hy hoort more hier te wees. Dan rolle draad trip switches en alles wat mens aan kan dink. hoop onderstel woensdag by huis te he dan kan ek begin met die mure.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 18/06/2018 - 15:09

Ski, n man moet seker dik borshare en diep sakke hé om so projek aan te pak, gaan seker n aardige klompie beloop. Kon jy kosteberaming doen.

0

Neef Herman ek hoop om so tussen R80 000 en R90 000 te draai met alles. Ek maak nie vol tent nie maar gaan afdak met kante maak. Ek spaar baie want ek shop rond. Ek nou opsoek na waterpomp. Ek het ook oor die jare baie goed bymekaar gemaak watvnou werk kry

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 18/06/2018 - 16:26

Leeu, net vir interesantheid, invoer belasting is nou net oor R25.00 minimum. 

Nico jy kan ook die "Wish" app aflaai, daar is  hoë druk 12 volt pompe vir so R180.

In Oudtshoorn is ook 'n plek wat wat ordentlike 12v pompies het, kan het nie die kontak besonderhede meer kry nie.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 18/06/2018 - 17:20

Nico, daai begroting is regtig nie te grof vir so puik wa nie.

Die pompies hier in Oudtshoorn het vreeslik druk, maar lae lewering. Daar is so een in die kweekhuisie vir bemisting en werk pragtig. Maar vir n stort gaan dit nie ideaal wees nie.

As ek reg onthou was dit maar so +- R 200.00 by Swans Hardeware.

 

 

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 18/06/2018 - 17:36

Nico daai wa is spotgoedkoop vandag se waens hardloop tot hier by R350000 -R400000 sterkte en gooi so foto of drie soos jy vorder

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 19/06/2018 - 11:23

Nico, nou begin dit na 'n wa lyk, ek sal my linker arm gee om so vaardig te kon wees.

Ek bewonder altyd die modifikasies wat mense doen om jou te pas, maar die is 'n groot projek, ek wag vir die vordering?

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Tue, 19/06/2018 - 13:35

Oom Ski, ek like daai A-Team trokkie wat daar in die hoek staan. Ek ken ander lekker name vir hom ook, maar dink nie dit is wys om dit hier te noem nie.

My een pel het so een gehad en ons het lank terug met hom daar by Hentiesbaai gaan toer.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus