Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -2 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -2 hours ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -2 hours ago

To drop or not to drop??

Submitted by Frikadel on
Forums

Goeie more almal,

Ek het toe Saterdag daai beautiful ou lady gaan haal, die Rapier lyk pragtig!!

Net een vragie, haar neus loop bietjie hoog agter die Hilux, hy sak bitter min met haar vettie lyf.

Moet ek n drop plate opsit of nie, die meeste van die karavaan se gewigtige toebehore is aan die voorkant, soos die groot tent ens.

Ek is nie regtig gek oor n drop plate nie, maar ek is bang dat die effe neus in die lug tannie die hantering gaan beinvloed.

As ek se hoog, dis darem nie te hoog nie, wa loop egter nie gelyk nie.

Raad sal waardeer word deur die bekwame slepers hier

As afore mentioned the van should be "nose down" or level. when loaded....

Also will stop the rear jacks from hitting the ground EG when going over a speed bump.

But get the thicker one....

Or you can get a freebie from me laugh

 

0

Haal Arie my nou uit oor daai misrabele vinger fout "lag" heheheh!!!

Ek gaan die wa weer haak en kyk hoeveel opdraende hardloop die outjie, hoop nie te veel nie.

Noddy, thank you, I was thinking about the rear steadies that may damage against a speed bump...

Thank you for the offer, lets say that I am going to fit a drop plate, I will go for 15 mm and beyond.

Is there any specific specifications for the bolts and nuts?

Net vir kennisname, ek het ook die laaities se fiets carrier vasgebout aan die haak, so as ek daai dropplate ook opsit gaan daai spulletjie nogal brederig wees so die boute sal effe aan die lang kant moet wees..., makulu boute!

Miskien moet ek maar net al my sake hardekool en die swaar goed (sommer n sak of twee vol bousand) agter teen die bakkie se klap pak, sommer vir Tannie Poppie ook agter op laai om hom mooi gelyk te kry.

0
Pretoria

leeu

Wed, 20/06/2018 - 07:56

Dis nou 'n goeie vraag, Frik, hoe gelyk is gelyk. Ek dink my wa word ook nie gelyk gesleep nie, oor ek nou oorgeskakel het na 'n padwa en die hak op dieselfde hoogte gehou het. Ek het nog nie vêr gesleep nie, sal maar moet sien.

Ek heg 'n foto aan, dit lyk vir my of hy ook "opdraand" gehaak is.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 20/06/2018 - 08:04

Sonder twyfel, die wa MOET altyd waterpas of effens neus af wees tydens sleep, gelaai of leeg.  Moet nooit probeer om 'n fout te neutraliseer nie, maak eerder daardie fout reg.

0
Meyerton

Segekok

Wed, 20/06/2018 - 08:10

Ek weet nou nie juis van enige voorval waar n "DROP PLATE" die oorsaak was van n ongeluk nie, of het nog nie gehoor van n plaat wat gebuig het nie. Sal self ook nie een gebruik wat dunner in as 10 mm nie. Vir die boute kan jy maar langes kry maak net seker dit is HI tenstile ( spelling) boute.

Leeu vir my lyk dit ook of daai wa maar heeltyd opdrande gaan ry. Moet ook by seg, het al baie erger gesien as dit.

0

Oom Leeu, my wa en jou wa loop omtrent dieselfde wat die opdraend faktor aan betref, lyk darem nie heeltemal soos n padkamp lorrie wat die padkamp teamleader se 1969 Jurgens sleep nie!

Ek skat ons moet seker maar vir die ou gesoute manne luister, dankie vir die inset Len

So met die oog bepaal lyk daai helling nie bad nie, daai Hilux rond eintlik die prentjie baie mooi af.

0
Pretoria

leeu

Wed, 20/06/2018 - 15:06

Ons sal maar na die gesoute manne moet luister. Ek het net een probleem, die Hilux se hak is vasgeroes, ek het al met hamer geslaan, geruk met 'n tou, hy weier om los te kom.

Ek het hom ook al met spookpis gespuit, hy wil nie loskom nie. As ek die hak loskry sal ek die drop plate opsit, want hy kan afhaal, jy trek net die pen uit.

0
Meyerton

Segekok

Wed, 20/06/2018 - 15:30

 hak is vasgeroes

Spuit met rem vloeistof.  ( moet net nie dat dit op die verf van die toy kom nie).. laat staan oornag en probeer dan weer die hammer.... 

 

 

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Thu, 21/06/2018 - 07:21

Ek het hom ook al met spookpis gespuit,

Daai moes gewerk het!, in my ondervinding moes die hele hak weg gesmelt het! 

0

More , ek het gister vir my n 6 gat bul van n dropplate gekry by Midas vir R 205,00.

Nou moet ek net kyk hoe fit die plaat sodat alles reg loop.

Moet daai boute getorge word of draai jy hom maar net laat sy foefenjol fluit?

0
Waar my wa staan

Arie

Tue, 26/06/2018 - 10:53

Ek torque ook nie draai net lekker styf vas.

Gebruik die moere met die "fibre" wasser binne, dan draai hulle nie los nie, in my opinie beter as "spring" wassers?

0
Pretoria

leeu

Wed, 17/10/2018 - 11:49

Oom Frik, het die dropplate gewerk wat jy by Midas gekoop het? ek het gister een by Auotabar gekoop, maar die gate is nader aanmekaar en sal glo, so reken hulle, op die Hilux se gate pas. Ek het 'n 8 gat gekoop en sal die boonste 4 gate gebruik om op die bestaande sleepstang vas te skroef.

0

Oom Frik, het die dropplate gewerk wat jy by Midas gekoop het?

 

Baie goed leeu, baie goed!

Die kereven hardloop nou waterpas en is uiters stabiel op die haak. Ek dink amper jou trokkie het ook outomatiese sway beheer, indien wel het jy nie enige stabelizers nodig nie. 

0
Pretoria

leeu

Wed, 17/10/2018 - 13:59

Baie dankie vir die terugvoer, ja hy het anti sway beheer. Die eerste keer wat ek met hom sleep, was daar 'n aard lekasie op die prop of wa en het die liggies aangegaan. Ek het toe vir Grobbies geskakel en hy het my verduidelik dis 'n kortsluiting en ek moet by Toyota stop om seker te maak.

Ek het in Brits by Toyota gestop en hulle het dit bevestig en het ons sonder die ligte kabel gesleep tot by 3 berge. Ek het daarna by Trial Link, op Wilsur se aanbeveling, 'n "extension" gekry met "male proppe"  aan albei kante. Ek het agtergekom die vorige wa se ligte draad was te kort.

0

Middag Leeu en ander

Dit is ongelukkig 'n algemene probleem met Hilux trokkies dat die gronddraad nie genoegsaam aard nie. Dit het tot gevolg dat ligte op woonwa soos 'n disco te kere gaan.

Tot my eie verleentheid het ek dit in ECHO se werkplaas ondervind, wou dit nie glo nie tot 'n vriendelike Ranger eienaar my reggehelp het--wa by sy trok ingeprop en alles werk.

Die raad---skuur die plaatjie skoon en sit gronddraad terug. Weet nie of dit met duur nuwe  modelle ook die probleem kan wees nie.

Groete

Wessel   

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus