Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Smokey Joe Braai met 'n Weber Geert -9 hours ago
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -19 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -20 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -1 day ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 day ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 day ago

"Reply" op drade

Pretoria
Submitted by Dylan on
Forums

Ek is nog nuut hier, miskien doen ek nie iets reg nie.  Ek sien sê nou maar onder "onlangse insette" dat oom Jeep reply het op n draad. Nou gaan ek na die draad en verwag dat dit heel onder sal wees aangesien dit die nuutste terugvoering is. Freda het my nou gehelp en gesê dat hy op n "reply" van Frans geantwoord het.  Sê nou maar die forum raak nou baie besig in die toekoms en ek is nie gereeld op die forum nie. Die kans dat die nota onder "onlangse insette" reeds ondertoe geskuif het en nie meer sigbaar is nie is dan groot. Ek gaan dan nie weet oom Jeep het n plasing gedoen nie, want ek gaan na die laaste bladsy gaan en verder lees waar ek die vorige keer ophou lees het. As sy terugvoering hoër op is, gaan ek dit nooit lees nie. Is dit sò of is daar n funksie wat ek nie raaksien nie?

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 28/06/2018 - 22:17

En nou lag almal vir my omdat ek die enigste p..p.l is wat nie geweet het dat n Samsung S 10 Tablet n ander keyboard kan kry nie.  SIES vir al die slimmes.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus