Ons het twee weke gekamp by Kokoriba naby Brits. Ons het die rustigheid en wild geniet. Die laaste aand het ons wakker geskrik van gille en het twee karavane deurgeloop onder diefstal. Daar is sekuriteitsheinings en n sekuriteitswag (wel ons slegs een gewaar). Dit net vir my terleurstelend dat Kokoriba se Bestuur hul onttrek want het die kamppeerders spoorsny werk gedoen en ons moes vra vir meer sekuriteits personeel asook of honde eenheid kan kom help waar hul ons meegedeel het hul sal vir ons ontbied, wel nutteloos om te se dat die Bestuur van Kokoriba nooit die sekuriteit en of honde eenheid ontbied het nie. Dit eintlik waar mens hul ondersteuning nodig het omrede ons nie die area so goed ken soos hul. Ek hoop dat in die toekoms hul meer simpatie en impatie met diefstal op hul gronde sal he.
Elsa eerstens. Baie welkom…
Elsa eerstens. Baie welkom by die forum. Dit is nooit lekker om van sulke gevalle te hoor nie.
Maar ek wil ook graag by sê dat dit nie die eerste keer is wat so iets gebeur nie. Ons as kampeerders sal meer verantwoordelikheid moet neem om ons self te beskerm teen sulke goed. Daar is al reeds elders op die forum gesels oor veiligheid by jou kamp en wat jy daar aan kan doen.
Hoop om nog baie van jou insette oor julle kamp ervarings hier te sien.
Elsa ja nie lekke
Elsa ja nie lekke nie maar bly kamp want kamp is koning sterkte
Wonder hoekom geseks sy nie…
Wonder hoekom gesels sy nie weer nie ?
Dit is waar kamp bly lekker…
Dit is waar kamp bly lekker. Weereens wees beraad en veilig
Ek hoop ek is verkeerd as ek…
Ek hoop ek is verkeerd as ek sê, dit was dalk net 'n woede bui wat geplaas is, en nou verdwyn het?
Daar sy Elsa, bly jy is weer…
Daar sy Elsa, bly jy is weer terug. Soos jy sê, ons moet paraat bly en ook vir mekaar uit kyk?
Ek sal ook baie ongelukkig…
Ek sal ook baie ongelukkig wees as so iets moes gebeur. Verbeel julle daar was op ons kamp toegesak tydens die Kokoriba saamtrek!? Ek dink dit sou ook 'n groot bohaai afgegee het.
Hello Elsa ![]()
Ons maar net besluit om meer…
Ons maar net besluit om meer bedag te wees volgende keer.
Dit is bsie sleg as mens so …
Dit is bsie sleg as mens so "waaksaam" moet kamp, jy gaan juis om te ontspan.
Maar ja, ons is in Afrika.
Johann, hulle sê nie verniet…
Johann, hulle sê nie verniet dat Afrika is nie vir sissies nie
Stoffel, soos jy sê, maar,…
Stoffel, soos jy sê, maar, ek veruil Afrika vir geen ander land nie. Ons moet maar net uit kyk vir mekaar ook.
Is waar wat jy sê Johann…
Is waar wat jy sê Johann. Dit bly maar n lekker plek. Ek glo dat ons op hierdie aarde geplaas is om mekaar te ondersteun en by te staan.
So kan ons misdaad bekamp
Johann, ja ek glo ook sterk…
Johann, ja ek glo ook sterk dat ons maar moet uitkyk vir ons medekampeerders.
Ek sit baie op die stoep en kyk al die jong dametjies uit, so doen ek ook maar my ou klein deeltjie.
In ander lande noem hulle…
In ander lande noem hulle dit oorlewing ....Hier by ons is dit ons kamp so bietjie !!!
Ek dink ons almal besef tye het verander en dat sekere goed maar toe/vasgesluit moet word.
Ek het oom Len se voorbeeld gevolg met die vrieskassie en ysmasien wat altyd buite staan. Fietse sal maar aan die bakkie se sleepstang vasgesluit word en dan `n eerste ek gaan maar van nou af die wa se deur van binne sluit as ek loop slaap.





Ai tog, net nou die dag was…
Ai tog, net nou die dag was daar 'n soortgelyke geval in Bela Bela, en nou weer in Brits!
Dit moet 'n aaklige ondervinding wees, en om dan nog bang en hopeloos te voel oor die situasie?