Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -52 minutes ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -5 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -5 hours ago
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago

Landrover aanpak

Oudtshoorn
Submitted by neef Herman on
Forums

Dagse,  nou skoon gatvol vir myself. Skryf n ellelange opstel, toe ek afblaai, raak ek te lank aan n foto van n park, en daar is als befoeter. Probeer terug, en kom uit by my lee nuwe onderwerp.

Elk geval, die my getroue ou 110tdi bakkie, waarvoor daar lank gelede n netjiese aluminium canopy gebou is, en slegs een keer Richtersveld toe gebruik is, gaan nou in n meer permanente kampding ingerig word.

Sal seker  nie n herlewing in boskamp by ouma en oupa laat ontstaan nie, maar soos Von se, hou jouself besig, dalkies kan ons so een keer n toer doen soos in ons jong dae.

Hier in die vroe 90's het ek n netjiese Landrover Camper gebou. Hele jaar gewerk daaraan, en baie  geniet. Julle sal dalk nie glo nie, maar dit het tot n voorste en agterste aircon gehad !! Opdrag van die baas....

 

Vaalpark

Johann L

Sat, 14/07/2018 - 08:20

Baie netjies neef Herman, ek wonder nou so by myself, gaan die pale binne, of buite die tent kom. Ek dink nou maar net aan wat gaan die wind maak met die seile?

 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 14/07/2018 - 12:33

Dankie vir komplimente. Johann die pale kom buite, dit maak opslaan makliker, daar is velcro op die tent vas wat om pale gaan, loer daai foto.  Die tent het ook lussies op grondvlak vir penne inslaan, en daar sal tou om paal se kop, bo gehaak word met pen vir anker. Sal sien wat gebeur.

Maar ek sit met n area wat aandag nodig het. Waneer die grond ongelyk is, gaan die paal lengtes verskil, dak is mos nou solied.  Iets moet uitgewerk word sodat een helfe van die paal kan verstel word. Enige idees van wat beskikbaar is en nie  gaatjies met pennetjies nie.

0
Waar my wa staan

Arie

Sat, 14/07/2018 - 12:47

Oom Nefie, kannie mooi sien oppie foto, maar ek neem aand die pote is vierkantig en nie rond nie, as dit rond was, was dit mos maklik?

Indien vierkantig, kry een wat net mooi binne die ander inpas, boorgaaitjie in die buitenste pyp, weld 'n moer oor die gaatjie en draai 'n vleuel bout daar in. die druk dan teen die bineste pyp en hou dit dan vas?

Of is ek noe heel van die wal af?

Hoop jy verstaan my verduideliking.

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 14/07/2018 - 13:15

Herman jy kan by enige Campworld / Outdoor Warehouse klaar gemaakte teleskopiese pale kry.

Ek maak egter myne self op (meer as die helfte goedkoper) 25mm boonste pyp, en 22mm onderste pyp, dan kry jy "twist locks" wat in die onderste pyp in gaan. Outdoor Warehouse / Campworld of goeie hardeware winkels sal dit aan hou.

Sover ek weet kry jy alluminium en PVC twist locks, ek dink ek het iewers 'n foto, sal kyk en vir jou hier op laai.

Ja, ek sien nou die velgro op die foto,  nie mooi op gelet in die klas nie?

 

0
Secunda

Sleep nou

Sat, 14/07/2018 - 13:18

Neef Herman sodra jy klaar is gaan julle Namib plaat toer sterkte met klaar maak

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 14/07/2018 - 13:20

Twist lock

Herman, jammer vir die swak foto, hierdie is ongelukkig al wat ek kon kry.

 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 14/07/2018 - 13:20

Dankie Johann, was nou die dag in George, by die outdoor plekke daar was net pale van opgemaakte lengtes.  Maar nou weet ek dit is beskikbaar, sal hoor wie van julle kom hier verby om saam te bring.wink

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 14/07/2018 - 13:28

Hoop jy kom reg Herman, as jy nie reg kom nie, laat weet my,  dan sal ek hier rond pryse kry en vir jou laat  weet, dan kan ons daaroor praat om vir jou af te stuur?

Ek weet in Johannesburg is plekke wat alluminium pyp vir baie beter pryse voorsien.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 14/07/2018 - 13:50

Johann, dit klink regtig gaaf van jou. Laat ek so bietjie rondvra hier rond, kom ek nie reg nie kontak ek jou.  Intussen, die kas is 1,3m wyd, dus kan ek lengtes van 1,3m wegpak. 6 pale in totaal. 

Die plan is om die gatkant-tent los te knip, 2 pale on te sit, om dan te kan ry sou ons meer as n aand oorstaan. Veral as jy n lekker staanplek het.

Oom Sleepnou, Namibie is my wereld. Wil met die ou Kunene toe ry, op n laaaang toer. 

 

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 01/08/2018 - 14:36

Ek dink hier is die betrokke "twist lock" wat vir inskuif tentpale gebruik word waarvan julle praat.

.

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 01/08/2018 - 14:45

Dit lyk baie mooi, Herman.   Baie netjies gedoen en dit voel of dit jou nie eers lank geneem het om alles op sy plek te kry nie.  Lyk regtig goed, nou kan jul daai lang toer begin reël.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus