Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Spur se Hot Rock Oktober 2026 saam gesels Geert -20 minutes ago
16 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -31 minutes ago
Cordierite... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
"Hot Rock" steak Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Sluitingsdatum..... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Lekker werk Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago

Landrover aanpak

Oudtshoorn
Submitted by neef Herman on
Forums

Dagse,  nou skoon gatvol vir myself. Skryf n ellelange opstel, toe ek afblaai, raak ek te lank aan n foto van n park, en daar is als befoeter. Probeer terug, en kom uit by my lee nuwe onderwerp.

Elk geval, die my getroue ou 110tdi bakkie, waarvoor daar lank gelede n netjiese aluminium canopy gebou is, en slegs een keer Richtersveld toe gebruik is, gaan nou in n meer permanente kampding ingerig word.

Sal seker  nie n herlewing in boskamp by ouma en oupa laat ontstaan nie, maar soos Von se, hou jouself besig, dalkies kan ons so een keer n toer doen soos in ons jong dae.

Hier in die vroe 90's het ek n netjiese Landrover Camper gebou. Hele jaar gewerk daaraan, en baie  geniet. Julle sal dalk nie glo nie, maar dit het tot n voorste en agterste aircon gehad !! Opdrag van die baas....

 

Vaalpark

Johann L

Wed, 01/08/2018 - 16:13

Baie mooi Herman, reg vir enige pad of plek!

Len, daai is die regte "twist lock", daar is seker so drie vier soorte wat ek ken, maar daai een van jou werk die lekkerste.

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 02/08/2018 - 05:46

Neef Herman die Landy is nou reg vir julle twee nou wanneer is dit lang grondpad tyd en kamp

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 02/08/2018 - 09:55

Hopelik sal ons volgende jaar n toer inpas.

Op die lys is. Kaudom, Epupa, Linyanti, Okavango delta heel paar plekke,Bains Boababs,Kubu island,Drotsky's Caverns.  Was al by al die plekke aan, en sal goed wees om nog n slag te gaan loer voordat die lyf te vol skete raak. O ja, die Central Kalahari is op die lys van nuwe plekke.Behoort n maand of twee te kan besig wees.

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 02/08/2018 - 10:52

Dit klink baie lekker, Herman.  'n Regte Herman & Vonnie toer.   Ongelukkig weet ek nie eers waar meeste van die plekke is nie.   Sal dit bietjie moet gaan Google.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 17/03/2026 - 20:22

En toe gebeur die lewe, en al die werk is net so in die skuur se loft weg gepak.

Maat van my wat die " Nutts and Bolts" rally ry met so ou Datsun karretjie vra of ek nie ook wil kom meedeel nie. Die rally is oor mans se kanker bewusmaking en jy vat ñ ou kar wat op pad scrapyard toe is en gee dit nog so bietjie lewe.....

Om nou ñ ou tjor te gaan koop vir miskien een of twee keer se ry, sê Von vir my, Hoekom sit jy nie jou Camper aanmekaar en dan ry ons so. Ons het nog nie eers een keer dit gebruik nie. Dit kan werk.!! Kom ons kyk. Op bladsy 3 is ń foto van die opset voordat dit ge- shelve was.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 17/03/2026 - 21:38

...jou ou doring, daai LR "conversion" is reg vir baie dinge. Beslis nie oppad skrootwerf toe nie.

As julle nog kan trappies klim, kan julle baie lekker toere met daardie samestel geniet.

Ek lig my laphoedjie hoog. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 17/03/2026 - 22:17

So bly dat julle die pragtige Landy weer opsaal!! Dis 'n groot sonde om hom in onbruik te laat staan. Ek hoop die goeie doel waarvoor jy hom afstof laat sommer weer die lus vir die langpad opvlam. Ai, dit bly maar die mooiste voertuig op die pad en ek mis myne wat so lekker gery het (gelukkig hoor Daan my nie). Ek sien uit na meer foto's - ook op die dag van die rally.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 13/05/2026 - 22:41

Neef Herman, dit het hier te stil geraak. September is om die draai. Hoe vorder jou Camper? Met die goeie nuus van gister het jy alle rede om opgewonde te wees oor die Nuts & Bolts Rally. Laat ons bietjie weet hoe die projek vorder.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 14/05/2026 - 06:48

Nou onlangs het my jong vriend en sy vrou saam twee ander couples, selfde ouderdom. Vroeg 50's  ñ  rally meegemaak. Deur die Baviaans, al wat n slegte grondpad is tot onder in die hel, Gamkaskloof. Sy het baie fotos opgesit en paar mooi videos gemaak van die ry en die groep se woelinge.

Daar is nie van my ouderdomsgroep teenwoordig nie.  So dit is  meer n aktiwiteit vir " mature" couples en nie krimpies nie. Vir nou bly die Landy dan diens doen as my plaasbakkie.

Kar

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 14/05/2026 - 07:06

Herman, ek het die jaar die ouderdomsverskil werklik opgemerk in die wildtuin. Uiteraard was dit in die gryskoptyd, soos Geert dit noem. 

Die enigste jongmense was 'n paartjie uit Nederland, wat die land deurkruis. Die ander is onse ouderdom en ouer. Almal kamp omtrent met die luukste waens, aircon, porta pottie of vol toilet en "movers". Die een ou was 'n jong 90 jarige wat nog op en wakker is.

Daar sien ek my gat toe behoorlik in Skukuza. Kry die beste staanplek, heeldag koelte, en gerieflik naby die ablusie. O weë, jy moet movers hê om daar in te kom. Sit ek die elektriese neuswiel op, om wa om te draai, en die begrawe homself in die dik natterige sand. Genadiglik kom daar toe 'n egpaar verby, effe jonger as ons, en help die wa draai. Groot verleentheid, want al die oumense om jou het movers aan hulle waens.

NS: Ek het besef dat as ons wil aanhou kampeer, sonder om op ander se hulp staat te maak, sal ek ook movers moet aanskaf. Die ouer garde is nie meer so gretig om mekaar te help nie, ook maar bang die heup spring uit potjie, of iets in dier voegelaugh     

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 14/05/2026 - 08:22

Hoe lekker lag ek nou.  Ek is so bly ek kon nie "reverse" met karavaan toe sit ek movers op.  Maar nou help dit vir die kniee ook....

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus