Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -8 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -9 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -10 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -10 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -10 hours ago
Handig Toep wat aflyn kan wys waar… Geert -10 hours ago

Aanmerkings wat seermaak.

Bloemfontein
Submitted by OOM JEEP on
Forums

Na n oorweging om eerder my bek te hou, omrede ek n erge griep mee sukkel...... dit moet weg wees voor die agste junie.... het ek nogtans besluit om daai bek biki uit te spoel oor dinge op hierdie forum waarvan ek nie hou nie.

Daar is sekerlik n paar van die manne hier wat sou sê, soos ek gelees het, as jy nie hou van die forum nie ...... sluit by n wats app groep aan.

As dit so is, spoel dan jou bek ook uit sodat ons in vrede verder kan gesels of bogger-off

Hier was is n lekker gespot oor n snaakse woord wat iemand gebruik het. Oky ,,,,,  ek aanvaar dis maar net n gespot en niks ernstig bedoelende nie. Het iemand wat saam gespot het al gedink dat dit net dalkies aanstoot kan gee. So is daar ander ongevraagde aanmerkings wat ook aanstoot gee.. so asof jy nou die "maincoon" is en die ander ou n pleb.

As ek nou sou mooi vra... stop die sarkastiese en verkleinerende aanmerkings, dan hoop ek uit my hart almal sal gehoor gee.

Hierdie is ook nie n uitlokking vir n bekgeveg nie, slegs n oproep om mede forum gebruikers in ag te neem. Almal is beslis nie dikvellig nie. Myself is baie fyngevoelig vir sulke aanmerkings. En FREDA ek het vir vir Elma gevra om die kopklap ding te doen. Dalkies help dit vir die ou oom.

Ekself is n baie humoristiese persoon en spot ook maar,,   so dan mag julle my maar kopklap.

Ek hou baie van hierdie forum omrede ek nie nodig het om in " INGELS " te antwoord nie.

Maar ,maar Oom Jeep ek hoor dan jy praat daai rooi taal so delisciouslywink

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 26/05/2017 - 17:43

Nou is Colin baie teleurgesteld.  Hy sê hy het gedink julle twee gaan lekker Ingels gesels in Plett.  Hy sê hy het so uitgesien daarna, want hy moes tot nou net die boeretaal gooi by al die kampe.wink

Ek weet jy bedoel goed met wat jy hierbo geskryf het.  En dit is mooi dat jy vir 'n goeie vriend in die bresse tree.   As dit jou sal laat beter voel, ek glo nie enige iemand het bedoel om hom te verneder of beledig nie.   So ernstig was dit darem nie en die mense hier is almal volwassenes met integriteit.   Dit was moontlik maar die noem van "skoolgeld" wat die hele gepratery laat ontketen het.  Op 'n forum lei een ding mos altyd tot 'n ander.   

Ek hoop jy voel nou beter dat jy jou hart uitgepraat het en ek hoop jy raak gou ontslae van daai griep.   Bly in die bed, dit is die beste medisyne.

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 26/05/2017 - 17:46

Lyk my ek het die "vinger geveg" gemis, seker ook maar goed so.

Ja Johan, ek stem saam, los maar mekaar in vrede, en as jy nie hou waarvan jy lees nie, blaai om en lees iets anders.

Mens moet ook natuurlik self beheersing uit oefen, as jy omgekrap voel oor 'n inset, reageer eers more, dan gaan jy tyd kry om te sien of dit sarkasties was, of dalk fyn humor. 

Kom ons vat 'n voorbeeld.

Hier was op 'n ander gesprek, radikale verskille, maar ek voel dat al die deelneners aan daai debat, het baie beleefd op getree.

Weereens, ek weet nie waarna jy verwys nie,  en wil ook nie regtig uit vra nie, net my opinie lewer??

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 27/05/2017 - 07:54

Ek lees nou die draad en voel dat dit dalk mag lyk of ek vir Oom Jeep preek, dit is verseker nie die geval nie.

My bedoeling is vir algemene optrede op ons lekker forum.

Sodra ons sarkasme en enige negatiewe insette ignoreer gaan so persoon die boodskap kry en sy / haar houding verander.

Kom ons hou hierdie Afrikaanse Kamp Forum aangenaam.???

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 27/05/2017 - 07:58

Dit lyk of die "kampforumers" (Voortrekker se woord, nie myne niewink) met interessante woorde kan opkom.    Kyk nou net vir Johann se oulike benaming hierbo:   vinger geveg.

He-he, in my geestesoog stel ek my voor hoe ons almal se vinger tekere gaan tydens 'n geveg.laugh

0
Waar my wa staan

Arie

Sat, 27/05/2017 - 08:36

Ek moet hier heeltemaal met Oom Jeep saamstem, dit is onodig om iemand sommer so goedsmoeds uit die bloute aan te val en verkleineer.

Kan jull dink hoe moes Spekkies voel, omdat hy die betekenis van 'n, vir hom [en vir my] vreemde woord vra, dadelik word hy vertel hy het sy ouers se swaar verdiende geld op skool gemors. 

Was dit regtig nodig om hom so te kwes en te beledig, ek self het ook nie die woord geken nie maar was te bang om te vra, netnou word ek ook vertel hoe dom is ek.

Dink net hoeveel beter sou dit gewees het om vir Spekkies mooi te verduidelik waar die woord vandaan kom en wat dit beteken, niemand was dan seergemaak of verneder nie.

Shame ek voel nog steeds sleg vir arme Spekkies, soos Jeep vra, kom ons los die lelike goed!

0
Pretoria Tuine

DK

Sat, 27/05/2017 - 08:55

As dit lede so behaag, vra ek vir Speknek vriendelik verskoning.

Hierdie "post" is ook so dan my heel laaste "post" en deelname aan enige forums.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sat, 27/05/2017 - 11:30

Ek kan nie dink dat alles wat ek afgelope tyd hier gelees het tot ENIGE bevordering van die forum kan wees nie.

Op weggesleepte forum was die moddermakers blameer vir die wegkwyn van die forum. Van die mense het aanbeweeg na Caravanpark forum, ek was seker langer as 6 jaar betrokke by albei.

Nou slaan hier weer opmerkings uit wat teenoor sekere tydskrifte se bestuur gemik is, ek dink dis ONNODIG, die spesifieke tydskryf is die Moeder van buitelewe tydskrifte. Ek het weergawes van 1978.

Ek was op CP forum aangespreek omdat ek mense probeer vermaan het teen uitsprake teen tydskrifte/instellings ens. waar hulle tot die betrokke forum in gevaar stel a.g.v. die uitsprake.

Die klag teen my was : ek het forum probeer modureer - om mense te vra OM NIE sekere dinge te sê nie. Ongelukkig het ek in Afrikaans geskryf, en die klaer is/was eintlik meer Engels, en nie HY of die BESTUUR het eintlik VERSTAAN waaroor ek probeer waarsku nie.

Ek was ook GEEN kans gegun om dan in ENGELS te verduidelik nie.

Sonder enige dramatiese vertoon het ek net begin ophou skryf, en drie maande later het mense na my begin soek, waarop ek geantwoord het dat ek nie meer enige insette gaan lewer om my eie persoonlike redes nie. Geen gedreig of slegsê nie.

WilSur was net so onbeskof  robuust daar belet, oor heel onskuldige gebaar.

Wat ek dan nou wil sê, terwille van die persoon wat sy gat af gewerk het om vir ALMAL 'n nuwe "tuiste/geselsplek/grapplek/kuierplek te skep, soos Johann ook genoem het:

DINK EERS VOOR JY DEELNEEM AAN GESPREK - OF JY WERKLIK WIL IETS Sê - OF JY IETS POSITIEFS KAN BYDRAE SONDER OM IEMAND TE NA TE KOM - AS JY HALF MOERIG IS OOR IETS WAT IEMAND GESê HET - SKRYF VIR DIE MENS 'N E=POS EN STEL JOU SAAK SONDER OM HIER GAL AF TE GAAN EN ANDER OOK TE BETREK.

Goed, ek was nie moerig omdat ek hoofletters geskryf het nie, ek wil net ernstige punt maak, en byvoeg - as en wat jy hier opper maak is jou hele lewensuitkyk en kakrakter, maak seker jy beeld uit wat jy graag wil uitbeeld, soos teenoor jou kinders en naasbestaandes, sodat hulle NIE vir jou moet skaam wees nie. (goed, nog paar klippe vir die wat dit na my wil slinger!!)

As administrator reken hy wil my plasing na ADMIN gedeelte skuif om eers ander kampleiers te raadpleeg, is dit gaaf.

Ek gaan egter baie  minder betrokke wees hier a.g.v. persoonlike omstandighede.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 27/05/2017 - 11:53

Nou wat sal ek nou sê ?

Gisteraand het ons vriende gehad wat hier by ons gekuier en geëet het  -  'n lekker jolige klompie saam.  Die een ou was by 'n oor-neus-en-keel spesialis en het pas gehoor dat hy gehoor-probleme het. Kort voor lank was dit 'n gespot oor die doofheid en die ou wat gehoor het hy is doof, was die grootste spotter oor die onderwerp ! Wat was die alternatief, die ou kon in sak-en-as gesit het oor die nuus en hy kon seergemaak gevoel het oor sy vriende se spottery.  Sy keuse was om saam te spot en sodoende die werklike las van die doof-nuus ligter te maak.  Aan die ander kant was daar nie een van sy vriende wat hom werklik wou seergemaak het of ontstel nie.  Alles is in 'n goeie gees gestel om te help om die werklike pyn te help verlig.

Ek kan nie dink dat hier iemand op die forum is wat iemand anders opsetlik sal wil te na kom of verkleineer nie.  Ons verskil van opinies, steek draad met mekaar en ek vind dit onnodig om fyngevoelig daaroor te wees.  Dit plaas 'n werklike demper op 'n mens se inisiatief om aan gesprekke deel te neem as 'n mens heeldag in jou pasoppens moet wees om nie iets verkeerd te sê nie.

Leef en laat leef  -  die lewe is 'n lied, en die lewe is kort !

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sat, 27/05/2017 - 12:12

Len, dis presies wat ek probeer uitlig. Ek het seker te veel uitgewei, maar dit is BAIE MOELIK om vooraf te weet of daar dalk al weer iemand gaan wees wat dit te persoonlik opneem, en  wat tekens gaan toon van "ontrekking".  

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 27/05/2017 - 12:54

Arie het nou die dag gesê ons moet leer om soms  vir onsself te lag.  Erken as jy 'n fout gemaak het en lag daaroor.   Deur negatief te reageer of jou te vererg gaan definitief reaksie uitlok, goed en sleg.  Terwyl, as jy net 'n bietjie humor aan die dag lê, dan is daar niks!  

Ek glo ook die mense op die forum wil niemand aspris te na kom of beledig nie, maar mens moet ook onthou, hulle is almal grootmense met hul eie opinies en meestal sterk persoonlikhede en gaan nie altyd stilbly net om die vrede te bewaar nie.  Selfs dan kan jy op 'n mooi manier jou punt maak.

Frans sê DINK voor jy iets sê.   Die fout het ek al dikwels gemaak en leer nog steeds.   Dit is baie maklik om iets te sê sonder om te dink daaroor.   Ek het al  insette gemaak wat ek op die ou end nie pos nie, want teen die tyd dat ek klaar getik het, het ek weer gedink.   

Die Engelse gesegde "Don't burn the bridges behind you" is baie van toepassing op die forum. As jy eers 'n stelling gemaak het, is dit gedane sake.  Al manier wat jy dit dan kan regmaak is deur daai brug weer te herbou.  Dit kan jy net doen as jy erkentlik en nederig is.  En daar is natuurlik niks fout daarmee om die minste te wees nie.   Dan wil ek net noem, jy skiet jouself in die voet deur aan te kondig jy gaan die forum verlaat.  

 

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 27/05/2017 - 13:10

Ek self het ook 'n tergende neiging in my en weet ek druk partykeer net bietjie te hard.  

Toets seker maar die limits met mekaar soos ons mense mos doen?

Ek wil s net sê niemand gaan die forum verlaat nie. ASB tog!

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 27/05/2017 - 16:27

Jy sien,,, Frans weet ek het 'n gehoor probleem (dra gehoor apparate in albei ore,  net as ek tussen vreemde mense is en ek nie wil bly sê "hoe sê nie"??), daarom dat hy in hoofletters skree sodat ek ook kan hoor.?

Julle het dit mooi saam gevat hier bo, leef, en laat leef.

Ek geniet hierdie forum werklik, dit gaan baie vat om my hier weg te kry.

Ons moet waak om nie te gevoelig te wees nie, ek dink, nee ek glo, 'n positiewe opmerking GAAN 'n positiewe reaksie ontlok, net so met negatiewe insette.

Dit is ook goed dat ons die dinge uitlig, nie almal gaan ooit saam stem nie, behalwe dat "kamp is koning"

0
Waar my wa staan

Arie

Sat, 27/05/2017 - 16:56

Johann, jy en Len kan darem 'n ding baie mooi skryf - julle het beslis 'n slag met woorde.

Ek stem 100% saam met beide van julle se laaste inskrywings, baie mooi saamgevat.

Ons moet waak om nie te klein gevoelig te wees nie, maar ook nie oorbeskermend teenoor mense nie.

Moenie die ou wat 'n vraag vra verdoem omdat iemand hom direk beledigend geantwoord het nie, nou wil ons die ou wat eerste beledigings rondgegooi het beskerm omdat hy nie sy sin kry en dreig om die forum te verlaat. Ons sterk nou die ou in sy kwaad en volgende keer raak hy nog erger goed kwyt!

As ek iemand te na kom dan moet ek kan vat as hy my terug kap, ek kan nie iemand kap of spot en dan in 'n hoekie sit en kerm en se ek gaan nie meer hier praat nie as die ou my terug spot nie!?

Bly vir my snaaks hoeveel mense se hulle gaan nou af van 'n forum en nooit weer hier praat nie, wragtag more is hy/sy weer hier?????

Laat my terug dink aan die vorige forum, iemand daar het my op sy "ignore" lys gesit, dit beteken hy kon niks lees wat ek pos nie, tog het hy my gereeld geantwoord op baie van my skrywes??

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 27/05/2017 - 20:57

Freda, ek maak ook liewer soos jy, tik so stik,  heroorweeg, en kom tot besinning?

Het agter gekom, meeste keer oor reageer ek, en sê 'n dom ding op die ingewing van die oomblik. As jy reeds gepos het, is daai woorde uit en ek is die ou wat 'n aap voel.

0
Bloemfontein

OOM JEEP

Sun, 28/05/2017 - 10:08

Ek het nou al die kommentare deurgelees en deurgelees en weer n keer.

Het tot die konklusie gekom dat alnal maar net wil vrede hê tenspyte van wat gese is of was. Dit lyk vir my ons kruisig onself deur nie die waarheid in die oë wil kyk nie. Ons storm net voort asof dit maar net niks is nie. Het al baie gewonder oor die waarheid en v. Komissie. Die werklike doel agter dit. Soeke na erkenning.. want ek was benadeel. Voel jy in jou hart werklik dat jy onskuldig was. Of settle jy maar net om die vrede te bewaar.

Ek vra nie dat enigeen op sy knieë moet gaan en mnr x en y moet gaan smeek om vergifnis nie, want as jy Jesus in jou hart het, sou jy weet dat jy slegs aan God moet verantwoording doen. Dit kannie net sommer weggepraat word nie deur jou gewete te sus met ... ja ou X of ou Y het ook seergekry nie. Kan ek jou raat gee. God sien jou hart of jy werklik bedoel of maar net praat. Onthou niemand is onskuldig nie. Nie jy nie en beslis ook nie ek nie. Eks nie die moderator van hierdie forum nie want jy sal self moet verantwoording doen vir jou verkeerd. Ek sê maar net.

Daar is nou n woord wat ek verwag...   Popcorn. Wat beteken dit, kan iemand help.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 28/05/2017 - 18:12

Ek is deesdae maar woelig met die 3B en het nie altyd tyd om op sosiale netwerke rond te kuier soos toe ek gewerk het nie.

Vanaand maak ek die forum oop op weer te probeer op-te-vang. Sonder om Johan te na te kom of om die boodskap negatief oor te dra, sien ek die opskrif "Aanmerkings wat seermaak" en dadelik weet ek wie is die skepper van dié een moet wees, nou ja ek was toe reg (seker maar soos 'n mens ander leek ken)

Ek het die ander draad ook so hier-en-daar gevang en my denke was dat daar te veel ernstige (ernstigheid) van sommige van ons is en dit wat gelees word te veel ter harte geneem word.

Hoe was daai Nissan add. gewees "Life's a journey, enjoy it"

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus