Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -41 minutes ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Etoll Voertuiglisensie Geert -1 hour ago
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -2 hours ago
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -6 hours ago

Aanmerkings wat seermaak.

Bloemfontein
Profile picture for user OOM JEEP
Submitted by OOM JEEP on
Forums

Na n oorweging om eerder my bek te hou, omrede ek n erge griep mee sukkel...... dit moet weg wees voor die agste junie.... het ek nogtans besluit om daai bek biki uit te spoel oor dinge op hierdie forum waarvan ek nie hou nie.

Daar is sekerlik n paar van die manne hier wat sou sê, soos ek gelees het, as jy nie hou van die forum nie ...... sluit by n wats app groep aan.

As dit so is, spoel dan jou bek ook uit sodat ons in vrede verder kan gesels of bogger-off

Hier was is n lekker gespot oor n snaakse woord wat iemand gebruik het. Oky ,,,,,  ek aanvaar dis maar net n gespot en niks ernstig bedoelende nie. Het iemand wat saam gespot het al gedink dat dit net dalkies aanstoot kan gee. So is daar ander ongevraagde aanmerkings wat ook aanstoot gee.. so asof jy nou die "maincoon" is en die ander ou n pleb.

As ek nou sou mooi vra... stop die sarkastiese en verkleinerende aanmerkings, dan hoop ek uit my hart almal sal gehoor gee.

Hierdie is ook nie n uitlokking vir n bekgeveg nie, slegs n oproep om mede forum gebruikers in ag te neem. Almal is beslis nie dikvellig nie. Myself is baie fyngevoelig vir sulke aanmerkings. En FREDA ek het vir vir Elma gevra om die kopklap ding te doen. Dalkies help dit vir die ou oom.

Ekself is n baie humoristiese persoon en spot ook maar,,   so dan mag julle my maar kopklap.

Ek hou baie van hierdie forum omrede ek nie nodig het om in " INGELS " te antwoord nie.

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 28/05/2017 - 21:11

Willem, ek sê mos, Nissan is darem oulik met hulle sêgoed, netsoos met hulle voertuie !

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 28/05/2017 - 22:03

Hierdie hele debakel raak nou eintlik 'n pyn.  Soos wat ek die gebeure opsom, is dit weereens onenigheid, nie gebore op kampforum.co.za nie, maar deur konflik vanuit die verlede op ander platforms!

Ek se weereens, en alhoewel dit nie dieselfde diepte dra nie, vergelyk ek dit met konflik wat tydens kampforum.co.za se eerste maand onder die poenerhoes profiel kop uitgesteek het.

Die poener insette het konflik vanuit die verlede kom voortdra hier op kampforum, net soos ek ook baie duidelik kon sien dat die eerbaarlikheud en soekn draad  onderwerpe ook verkeerd geloop het asgevolg van onenigheid tussen lede. Onenighede wat onstaan het op ander platforms.

Daar het baie moeite ingegaan om hierdie platform tot op heidige status te bring.  Respekteer dit asb en probeer vermy om dit te kom vuilsmeer met nonsens vanuit die verlede en ander forums.

Aan die betrokke persone asook om toekomstige gevalle te vermei, MOET asb nie kamforum.co.za kom kontamineer met issues wat jy met mede lede vannaf ander forums het nie.

 

 

0

Ek dink jy moet solank vir ons n laerskool loop soek want ek het ook nie opgelet in die klas nie.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 29/05/2017 - 08:42

Ja, lyk my ons beter luister vir die grootbaas.  Hy vattie nonsens nie.wink

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 29/05/2017 - 10:34

Ek nou hier deur gelees en my 2c is Leef in vrede vergeet dit wat gese is kyk voorentoe en kom ons bou hierdie forum sodat die forum die forum vir almal gaan wees

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 29/05/2017 - 10:48

Sleep nou is reg, mense.  Kom ons vergeet nou van alles en gesels verder lekker saam.  Dit is wat al die forumlede graag wil hê.

As bestuurslid rig ek 'n vriendelike versoek dat ons Voortrekker in ag sal naam.  Hy het baie hard gewerk om die forum vir ons te skep en verdien ons samewerking.

0
Pretoria - Oos
Profile picture for user Andre Smit

Andre Smit

Mon, 29/05/2017 - 14:08

Andre'tjie bly maar liewer stil as dit oor taalgebruik en dies meer gaan.

Nie en van julle is ooit in 'n Afrikaanse klas toegesnou --- "SMIT jy kom net skooltoe om jou brood te eet nie"

Wat het die ou dierasie gedink -- Ekke het mos ook 'n plekkie hierbinne wat seerkry.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 29/05/2017 - 14:45

Anton, watter debakel veroorsaak die pyn, dit kan tog nie wees my bydrae dat Nissan netso oulik met hul voertuie is as met hulle advertensie sêgoed nie ?

Of dalk veroorsaak dit tog pyn vir die Toyota en Ford manne.

Jammer kêrels, ek wou nie seermaak nie !

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 29/05/2017 - 15:25

Len jy sal nooit van die pyn wat ek het deur jou opmerking nie!!

Ek sit hier met diep siels wroeging, ek het al n bottel Rum nader gesleep sodat ek die pyn te bowe kan kom.

Petra wil vir my n afspraak reel om met n kop dr te gaan praat.

Ek het noe mooi boek gehou, die ouens wat reken hulle gaan nooit weer op die forum praat bly so 10 min weg.

Dus verklàar ek ook nou dat ek klaar is met die forum, gaan nooit weer hier praat nie, gaan ook vir Voorie vra om my teverwyder!!!!

Sien julle oor 10 min.

0
Bloemfontein
Profile picture for user OOM JEEP

OOM JEEP

Mon, 29/05/2017 - 15:46

Nee wat. Die enigste waai is gister al verby. 

Die ding is. As mens so n mofkop griep het dan is die toleransies bitter min. En die erns kom sterk na vore.  Wat ek gese en bedoel het is in my skrywe met die opening van die draad. 

Soms is dit nie nodig om iets te se nie. Jy het nie nodig om te se. Arme ou dit of arme ou dat nie. Wat ek bedoel is daar is meer as net EEN arme ou dit. As ons nou aanhou krap aan hierdie seer se-rofie-afkrap--sindroom dan word die seer nooit gesond nie.  Dis mos nou gister se dinge. Vergeet gister. Hou op krap aan gister. 

Kom ons praat liewers oor die gesaamentlike belangstelling. KAMP en KAMP GADGETS EN EN EN.

Ek sal kan aanhou en aanhou oor dinge waarvan ek nie hou nie en jy sal ook dieselfde kan doen. Maar dit bring konflik en konflik maak dood. Bring spanning wat nie nodig is nie. Ek erken eks te ernstig. My persoonlikheid. Gn wonder Wilsur het my herken aan die opskrif van die draad nie. Al wat ek wil he is om te gesels oor ietsie wat nie spanning veroorsaak nie. Mens.... julle skuld my niks geen verskoning of so-iets nie. My hand van vriendskap staan altyd vorentoe. Hou net op om ander God geskape mense te verkleineer.  Soos ou dominie gese het toe hy oppie plaas kom en aan die boer se hy wil met die volkies gaan praat. Se die boer ... luister dominie as ek daar bo kom en daars net een van hulle , vat ek my hoed en loop.  Ja broer, jy wil loop oor een. As jy daar bo loop gaan jy hel toe en ek belowe jou ... daar gaan hulle jou doddtrap.

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 30/05/2017 - 08:42

Oom Jeep, ek is jammer as ek jou sergemaak het.

Ek glo mens moet die lewe maar met al sy stampe en stote maar ligtelik vat?

Soos hulle se, lag en die wereld lag saam met jou, huil en jy huil alleen.

Dit is my geaardheid om te spot, ek spot gewoonlik meer met myself en my vrou as met ander mense, maar julle mag ook maar vir my spot, baie lekerder om te lag as om dikbek te sit en huil?

Die lewe het my vroutjie en vir my al baie hard gestamp, maar ons geniet die lewe nog steeds voluit en lag or alles.

Jy moet my maar so aanvaar of my ignoreer, ek sal nie kwaad word of jou verkwalik as jy my ignoreer nie, elke mens het die reg om te leef soos hy of sy wil?

Ek is vir niemand kwaad of wil nie regtig vir iemand verkleineer nie.

Ek respekteer jou baie vir die rede dat jy so sterk opgekom het vir Spekkies toe hy so onskuldig verkleineer was deur n sekere persoon.

Dit is lelik om vir iemand te se hy is dom, maar jy het die moet gehad om vir hom op te kom.

Daarvoor sal ek jou altyd respekteer!

0
Bloemfontein
Profile picture for user OOM JEEP

OOM JEEP

Wed, 31/05/2017 - 08:52

More

Ek volg toe die raat v.d. gemmer... emmer.  Hei manne, het nou nog babalas.

Bly maar innie huis met minimum aksie. Doen net dinge wat nie verdere skade aanrig nie.  ?  lmga

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 31/05/2017 - 14:02

Johan, en hier dink ek al die tyd jy is so skaars omdat die griep jou platgetrek het.  En toe was dit al die tyd 'n emmer Klippies, of was dit J & B ?   Ja, wag vir Plett, daar kan ons saam skade aanrig.laugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus