Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -8 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -18 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -18 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -22 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 day ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 day ago

Mmusi Maimane

Port Elizabeth
Submitted by Frieps on
Forums

Ek ontvang nou 'n e-pos van Mmusi Maimane vanaf e-pos adres leader@da.org.za.  Daarin sê hy dat die DA vandag klagtes gelê het teen Zuma en die Gupta's na aanleiding van inligting wat uitgekom het met die onlangse e-posse wat bekend gemaak was.   Nou vra hulle vir 'n donasie om die hofonkostes te dek want hul oogmerk is "to see them in handcuffs".   As jy kliek op die woord donation kan jy 'n bedrag kies en dan voortgaan om die donasie te maak.

Nou wonder ek of dit dalk 'n scam is.  Wat dink julle?

 

Waar my wa staan

Arie

Wed, 31/05/2017 - 16:44

Sover ek weet is dit legit, ek het ook al so ontvang in dsie verlede en donasies gemaak, hoop dit het op die regte plek uitgekom????

Bel jul plaaslike DA kantoor en vind uit, hulle sal weet of dit 'n scam is of nie.

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 31/05/2017 - 20:34

Het ook nou al so paar van die DA grkry in die verband, maar is maar baie skrikerig vir sulke goed.

Arie gee jou die beste advies, persoonlik, sou ek ook eerder na my plaaslike verteenwoordiger gaan en daar seker maak.

Waar kry die DA (of enige politieke party my) e-pos adres???

0
Centurion

Dusty

Thu, 01/06/2017 - 03:43

Ek dink nie dat hy dit persoonlik self sal stuur nie. Hy sal sy indoenas gebruik as dit waar was.

Het ook 'n epos gekr vanaf iemand in ons eie firma se epos adres maar die naam vooraf was onbekend. Ek het dit uit gevee. Iemand het dit by ons oop gemaak en toe is daar 'n virus vry gestel. Gelukkig was net die een rekenaar betrokke gewees.

Ek sal so 'n epos summier uitvee

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 01/06/2017 - 07:16

Hul het my e-pos adres.  Ek is ook op hul Faceboek blad.  Ek het ook al eposse van PE se burgermeesterskantoor ontvang wat genuine was.   Ek en Colin sal oorweeg om 'n donasie in die spesifieke geval te maak, maar ek gaan eers seker maak.   Ek sal daarvan hou om self daai handcuffs vir hulle aan te sit.laugh

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 01/06/2017 - 08:06

In die verlede al heelwat bydraes gemaak, maar die keer is ek nie so seker nie?

so bietjie verward oor Mmusi se trips buiteland toe [Zambia?] om 'n ander politikus se hofsaak by te woon ter vondersteuning.

Was dit deur die party betaal of uit sy persoonlike fondse? Ek is nie seker of dit nodig is vir die oposisie leier om in die buiteland rond te karing nie, nie op die party se fondse nie?

Ek wag nog vir antwoorde voor ek sal besluit oor 'n bydrae.

Weereens is dit maar ook 'n geval waar elke individu maar sy eie besluit moet maak [net soos met die Spur geval] ek wil niemand probeer beinvloed oor wat hy/sy moet of nie moet doen nie.

0
Bloemfontein

OOM JEEP

Thu, 01/06/2017 - 13:54

My twee guptas.

As die hoof opposissie met miljoene ingetekende lede. Wil iemand my nou kom vertel die DA  moet fondse van die publuek kry om jz aan tevat. Dit klink nie vars om die algemene vuisvoos publiek vi dit te vra nie. Neeee. Lyk my eerder die politieke manne hou van hofsake en jan-alla-man moet opdok vi dit. As no.1 krimineel aangekla word, moet ons nou extra daarvoor betaal ??? Tot sover kon  president gupta nie uit die kussings gelig word nie ???. Sal hierdie aksie help.  Vra die 2-i-c hy wil die no.1 word en hyt baie guptas.

 

Help my reg.

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 01/06/2017 - 15:31

Oom Jeepie, die arme DA het darem ook 'n hoop uitgawes, sonder die alewige hofsake.

Dink net wat kos daai tannie wat altyd so lekker Toy toy, tannie Ziller, die DA, dan sit hulle ook met 'n hoop personeel wat seker ook so aalmoesie wil ontvang, nee ek glo nie dat daar miljoene oorbly nie.

Die ingetekende lede se bydraes is nie so ruimhartig nie, mense trek maar finansieel swaar.

Jy weet mos as dit begin swaar gaan met die finansies is die eerste ding wat mense sny, hul kerk bydraes, dan bydraes vir hulle politieke party, dan fliek, dan uiteet.

Mense sny altyd eerste daar waar niemand kan baklei as hulle ophou met hul bydraes.

Ek is net nog steeds nie seker of die oposisie nodig het om in die buiteland in te meng op my koste nie??

Ook nog steeds geen ant van hulle gekry op my vraag nie, dus bly my skenking maar in my spaar rekening!

0
Bloemfontein

OOM JEEP

Thu, 01/06/2017 - 15:44

Dit bring my by die vraag.  Help dit ooit of praat hulle net oor n kalbas vol magau. Is mos lekker as iemand betaal en jy gaan drink n dop in midde afrika. Ga. Sies. Sal hulle nie eers n gupta gee wat ek by president gupta gekry het nie. 

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 01/06/2017 - 17:18

Ek het nou vasgestel op die DA se webblad dat die e-pos adres vanwaar ek die e-pos ontvang het, wel die adres van Mmusi is.  Ek het op die blad 'n navraag oor hul versoek gestuur.

Arie, ja, elkeen van ons moet seker vir onsself besluit wat die antwoord is op die vraag wat jy vra.

Die rede vir die draad was maar net om te hoor wat jul opinie is oor die scam stories.  Die skelms is deesdae so slim, hul sien gou waar daar 'n gaping is om geld te maak.

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 01/06/2017 - 20:40

Arie,jy kan mos nou die "Kom ons Kamp" party ondersteun, ten minste sien en voel jy dan jou geld se opbrengs?

Jammer Freda, ek kon die versoeking nie weerstaan om bietjie lag (lag is die beste medisyne) in te gooi nie.

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Sun, 04/06/2017 - 05:59

Ek het n lekker groot  projek by die Guptas gekry ( grootste een nog. Meer as 6 syfers)

Moet nou nie moeilikheid maak nie. Ek wil darem eers my geld kry, wag nog net so 4 maande, dan kan julle seker maar borg

Ek kan mos nie geld gee en my self dan so "spyker" nie.

Die een se dood is die ander een se brood.

0
Bloemfontein

OOM JEEP

Sun, 04/06/2017 - 08:13

Haai nee Freda, ek wou maar net sê dat die gebedel van die politieke partye my glad nie aanstaan nie. En dit sluit almal in behalwe die regerende party... hulle hoef nie, kry  sommer n borg vanaf sekere steenkool myn eienaars. 

 Of dit nou waar of onwaar is m.b.t. scams. Ek en Elma kry daagliks bedel-sms se ,,,,,, is al so op my agtervoete oor dit.   EN "Ek wen knaend n mijoen per sms"

 

Arie , sê net ook. Jy stem vir net een party. Daai een van Johann.  "KAMP PARTY" Tweedens vir enigeen wat jy laaik. 

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 04/06/2017 - 11:09

Scams.

Freda, jy is reg om raad te vra, ek kry weer Donderdag so whats app boodskap, " ...to improve your Whats app experience. ....R7.00 per DAY. .." mense lees nie deuglik nie, en gaan in op die skakel wat verskaf word, nogal net vir die dag special.????

So "teken" hul 'n wettige kontrak om vir daai sel foon no. 'n R7.00 per dag "improved" whats app te koop.

Glo my, dit is dan 'n wettige kontrak met 'n derde party, wat nie eers die eienaars van whats app van weet nie

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 04/06/2017 - 11:17

Die scammers, kry die nommers /e-pos adresse, deur middel van "pragtige" boodskappe wat jy vir tien mense moet aanstuur om jou opregtheid te bewys.

Moet my nie verkeerd vertolk nie,  baie van die boodskappies is opreg, maar meeste is om nommers te kry en ook om data verbruik op die web te genereer. Die app eienaars word betaal vir die data verbruik wat hul app genireer het.

Whats app is nie gratis nie, die eienaars ontvang miljoene deur middel van die data wat, veral video clips, gebruik het.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sun, 04/06/2017 - 13:48

Johann, ware woorde. Ek stuur ook GEEN boodskappie aan na 5 of 7 of 10 ander nie, maak nie saak WAAR en van wie dit kom nie!!!

Luister gerus Donderdag middae na die besprekings op RSG, dit laat ou se oge oopgaan!!!

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 08/06/2017 - 19:28

Ek het bevestiging ontvang van die DA dat die e-pos wel eg was en van hulle af gestuur was.

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 08/06/2017 - 21:08

Met al die twis in die DA nou, wonder mens wat gaan die effek op 2019 vekiesing wees. Maggie polotiek hier praat nie, ek praat polimiek.?

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus