Ek het my skouer operasie gekanselleer, nou wil ek 19 Augustus Natalia toe gaan.
Watter staanplekke word aan beveel?
Ons was nog nooit in natal vir vakansies nie.
Baie dankie Shaun en Noel,…
Baie dankie Shaun en Noel, wow, besonderse mooi uitsig.
Ek en my vrou swem nie graag in die see nie, maar wil graag mooi sig hê, hierdie twee fotos lyk perfek👍
Ons het een keer op 127 op…
Ons het een keer op 127 op die punt gestaan.
Dassie het gesê hy gaan kom…
Dassie het gesê hy gaan kom kennis maak, hier kom 'n lekker kuier.!
Lekkerrr en julle moet…
Lekkerrr en julle moet lekker kuier. Ek sien Johan is baie opgewonde en sien baie daarna uit. Voorspoedige reis en geniet dit !!
Johann onthou
In Natal as bord se 60 ry jy 60 johann baie kameras en spiedkops wat weg kruip soos skelms
Gee asseblief vir Dassie 'n…
Gee asseblief vir Dassie 'n drukkie van ons almal af. Laat hom mooi verstaan hoe baie ons hom mis ![]()
Noel, jy verstaan reg ou…
Noel, jy verstaan reg ou maat, ek gaan vir die eerste keer in Natal kamp. (Ons verkies maar die binneland)
Shaun, dankie vir die waarskuwing, mens is maklik geneig om in gedagte te raak.
Anton, ek sal vir Dassie seg ons almal mis sy bydra.
Nou is ek eers opgewonde, my…
Nou is ek eers opgewonde, my niggie het my nou gebel, hulle kom saam. Ons kry mekaar hier by my, en ry dan saam -saam af. Ek gaan nou probeer om twee staanplekke langs mekaar te kry, met see uitsig.
Ek wil jou net laat weet dat…
Ek wil jou net laat weet dat die Ultra City by Escourt net na Van Renen pass is toegemaak Julle kan gerus stop by Windmeul in Nothingham road voor Howick.
Dankie Noel, sal so maak👍 …
Dankie Noel, sal so maak👍
Ons was wel baie vroeër redelik gereeld, Natal se kant toe, my een dogter het daar gebly, dan het ons by Mooirivier of Howick iewers by Midmar dam gestop. Die waterfalle daar iewers, asook die museum by Midmar?
Sukkel maar om te onthou😀
Die watervsl by Howic is n…
Die watervsl by Howic is n no no....
Die parkeerplekke is net n klomp dtraat stalletjies en daar hang allerhande ongure karakters rond. Die plek is nie veilig nie..... Het verlede jaar daar wou stop maar het maar verbyvgehou.... Eh stop eerder laat nag in Hillbrow en ek sal veiliger voel.....
Die brandstof is n probleem. Die by Mooirivier is ook toe vir onder houd. Dink daar is 3 van die vulstasies op die roete gesluit vir onderhoud
Dankie vir die inligtin,…
Dankie vir die inligtin, Noel en Deon, ek sal maar in 'n dorp, soos Harrismith, gaan vol maak.
Nou ja, ons het sover baie…
Nou ja, ons het sover baie warm gekry hier by Natalia, snags kan ek darem asem skep.![]()
Vanoggend het Dassie en sy pragtige vroutjie kom kennes maak, dit was nou werklik 'n heerlike kuiertjie. Hy is tans besig om gereed te maak om op oom Paul se plaas te gaan kuier Vrydag oggend. Ons het nou 'n brak uit 'n tak gekuier.
Die kuier by Natalia ATKV
Johann en gade
Dit was nou rerig lekker om julle in lewende sagte lywe te ontmoet .Soos oom Jan sou se My soort mense en het daai Johann n kop vol idees sy karavaan is rerig puik ingerig .Eischhhh nou sit Mamma op my skouer "Ja sien jy nou wat kan n mens doen as hy wil " Fanks Johann ek skuld jou n budgie ooohhhhh ekskuus eintlik n "Wedgie" lol wee julle wat n wedgie is ? Soos Johann genoem het maak ons reg vir n Maand se staan in Oom Paul se Wilde Plaas ons ry Vrydag ,begin in die Suide en werk ons pad op Noorde toe ..
Groete aan al die maats op Kamp Forum
Dassie
Daar's hy! Twee oulike…
Daar's hy! Twee oulike Kampforum vriende wat bymekaar uitgekom het. Ek glo dit was 'n lekker kuier. Johann, hopelik het jy Dassie oorreed om weer gereeld gesig te wys. Dassie, lekker om weer van jou te hoor. Gaan geniet die willetuin maar daarna is daar geen verskoning nie! Gehoor?!
Eina! Val ek nou agteroor…
Eina! Val ek nou agteroor Dassie toe ek jou inset hierbo sien. Dit is baie lekker om van jou te hoor en om die foto's van jou en Johann te sien ![]()
![]()
Julle moet die Plaas geniet!
Baie dankie Johann vir die foto's ![]()
So kamp ons saam
Thanks vir deel johann groete daar vir ou dassie julle moet Natalia geniet vang n supertupe ry vir my asb johann
Natalia en die Locks
Dankie aan al die maats wat so na vra gedoen het oor my doen en late dit verbly my ou hartjie dat mense nog omgee . Aan Johann wat so heuning om my mond gesmeer het om terug te keer na die Forum baie dankie vir julle gasvryheid gister .Ek sien rerig uit om later saam met die maats te kamp .





(No subject)