Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wanneer om vlieg kaartjies te koop November 2026 Geert -12 minutes ago
Môre Rona November 2026 Geert -36 minutes ago
Goeie more Geert! November 2026 Rona du Plessis -48 minutes ago
Wessel November 2026 Geert -49 minutes ago
Hoedspruit November 2026 Geert -53 minutes ago
Voertuig huur, Hoedspruit November 2026 Rona du Plessis -53 minutes ago

ATKV Natalia

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Ek het my skouer operasie gekanselleer, nou wil ek 19 Augustus Natalia toe gaan.

Watter staanplekke word aan beveel?

Ons was nog nooit in natal vir vakansies  nie.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 29/07/2018 - 08:05

Baie dankie Shaun en Noel, wow, besonderse mooi uitsig.

Ek en my vrou swem  nie graag in die see nie, maar wil graag mooi sig hê, hierdie twee fotos lyk perfek👍

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 07/08/2018 - 05:29

In Natal as bord se 60 ry jy 60 johann baie kameras en spiedkops wat weg kruip soos skelms

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 07/08/2018 - 08:04

Noel, jy verstaan reg ou maat, ek gaan vir die eerste keer in Natal kamp. (Ons verkies maar die binneland)

Shaun, dankie vir die waarskuwing, mens is maklik geneig om in gedagte te raak.

Anton, ek sal vir Dassie seg ons almal mis sy bydra.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 08/08/2018 - 20:32

Nou is ek eers opgewonde, my niggie het my nou gebel, hulle kom saam. Ons kry mekaar hier by my, en ry dan saam -saam af. Ek gaan nou probeer om twee staanplekke langs mekaar te kry, met see uitsig.

0
Middelburg

Noel

Wed, 08/08/2018 - 21:39

Ek wil jou net laat weet dat die Ultra City by Escourt net na Van Renen pass is toegemaak  Julle kan gerus stop by Windmeul in Nothingham road voor Howick.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 08/08/2018 - 21:44

Dankie Noel, sal so maak👍

Ons was wel baie vroeër redelik gereeld, Natal se kant toe, my een dogter het daar gebly, dan het ons by Mooirivier of Howick iewers by Midmar dam gestop. Die waterfalle daar iewers, asook die museum by Midmar? 

Sukkel maar om te onthou😀

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Thu, 09/08/2018 - 04:35

Die watervsl by Howic is n no no....  

Die parkeerplekke is net n klomp dtraat stalletjies en daar hang allerhande ongure karakters rond. Die plek is nie veilig nie..... Het verlede jaar daar wou stop maar het maar verbyvgehou.... Eh stop eerder laat nag in Hillbrow en ek sal veiliger voel.....

Die brandstof is n probleem. Die by Mooirivier is ook toe vir onder houd. Dink daar is 3 van die vulstasies op die roete gesluit vir onderhoud

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 20/08/2018 - 21:25

Dassie
My velgro mannetjie wou ook op 'n foto wees

Nou ja, ons het sover baie warm gekry hier by Natalia,  snags kan ek darem asem skep.laugh

Vanoggend het Dassie en sy pragtige vroutjie kom kennes maak, dit was nou werklik 'n heerlike kuiertjie. Hy is tans besig om gereed te maak om op oom Paul se plaas te gaan kuier Vrydag oggend. Ons het nou 'n brak uit 'n tak gekuier.

Dassie
Ek en Dassie geniet 'n koppie boertroos op die top forum.👍 

 

0

Johann en gade

Dit was nou rerig lekker om julle in lewende sagte lywe te ontmoet .Soos oom Jan sou se My soort mense en het daai Johann n kop vol idees sy karavaan is rerig puik ingerig .Eischhhh nou sit Mamma op my skouer "Ja sien jy nou wat kan n mens doen as hy wil " Fanks Johann ek skuld jou n budgie ooohhhhh ekskuus eintlik n "Wedgie" lol wee julle wat n wedgie is ? Soos Johann genoem het maak ons reg vir n Maand se staan in Oom Paul se Wilde Plaas ons ry Vrydag ,begin in die Suide en werk ons pad op Noorde toe ..

Groete aan al die maats op Kamp Forum

Dassie

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 21/08/2018 - 04:29

Daar's hy!   Twee oulike Kampforum vriende wat bymekaar uitgekom het.   Ek glo dit was 'n lekker kuier.  Johann, hopelik het jy Dassie oorreed om weer gereeld gesig te wys.   Dassie, lekker om weer van jou te hoor.   Gaan geniet die willetuin maar daarna is daar geen verskoning nie!   Gehoor?!

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 21/08/2018 - 06:21

Eina!   Val ek nou agteroor Dassie toe ek jou inset hierbo sien.  Dit is baie lekker om van jou te hoor en om die foto's van jou en Johann te sien smileyyes

Julle moet die Plaas geniet!

 

Baie dankie Johann vir die foto's smiley

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 21/08/2018 - 07:15

Thanks vir deel johann groete daar vir ou dassie julle moet Natalia geniet vang n supertupe ry vir my asb johann

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Tue, 21/08/2018 - 08:26

Dankie aan al die maats wat so na vra gedoen het oor my doen en late dit verbly my ou hartjie dat mense nog omgee . Aan Johann wat so heuning om my mond gesmeer het om terug te keer na die Forum baie dankie vir julle gasvryheid gister .Ek sien rerig uit om later saam met die maats te kamp .

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus