Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -4 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -4 hours ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -4 hours ago

Wielmoere

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Hello mede kampers

Dalk is dit 'n ou holrug geryde onderwerp , of vraag;

wie van julle het al ervaar dat julle sleepwa [padwa, boswa,] se wielmoere los draai??

Dit maak nie vir my logies sin nie, want my sleepvoertuig se identiese wielmoere draai dan nooit vanself los nie. al die wiele draai tog hoofsaaklik in dieselfde rigting. 

Die feit dat woonwa verskaffers mens so waarsku en versoek om gereeld te kyk, is dit bloot om hulleself te dek teen moontlike eise.

Sleep sleep my storie is uit

Wessel 

Waar my wa staan

Arie

Thu, 13/09/2018 - 17:39

Ek het ook nog nooit ondervind dat my sleep goed se wiel moere los kom nie??

Ek kyk wel gereeld voor ek ry of hul wel vas is.

Ja die vervaardiger sal jou waarsku om huself te vrywaar, maar net gesonde sake praktyd.

Ons is ongelukig vinnig besig om soos die Amerikaners te word en vir elke klein dingetjie te dagvaar en probeer geld kry. Een van die redes hoekom Dr se "Indemnity" polisse so vrek duur is en dan natuurlik afgewentel word na ons wat dit maar indirek betaal.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 13/09/2018 - 17:44

Ek het dit jare gelede al gelees dat jy jou wa se wielmoere (slegs as jou wiele om een of ander rede verwyder was) elke 200 km moet "check" vir die eerste 400 km - m.a.w. 2 keer oor die eerste 400 km. Behalwe verlede jaar (toe ek bande op Vryburg vervang het, en die wielmoere na 200 km 'n bietjie moes aandraai), was dit andersins nog nooit nodig nie. Ek maak maar voor elke 'trip' seker dat die wielmoere vas is en die banddruk reg is.

Elke keer as ek stilhou langs die pad en my voertuig en wa buite oog verlaat, maak ek eers seker dat die wa nog reg gehaak is as ek terugkom by my voertuig (net ingeval kwajongens gepeuter het). Ek kyk ook met elke stop of die ligte nog reg werk.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 13/09/2018 - 18:32

Ook nog nooit dit gehad nie.  

Maar het wel gehoor as die "rim se centre" gat nie mooi oor die "hub" pas nie m.a.w. as hy los is en die "rim" se gate nie ge"taper" is nie dan veroorsaak dit dat die "rim off centre" kan raak wat dan die moere laat los kom ???

0
Pretoria

Slowstrike

Thu, 13/09/2018 - 19:40

Die probleem is die "moer" wat hom vas moes draai wat nie sy werk gedoen het nie.

Nog nooit so probleem op enige sleepding gehad nie.

Ek kyk wel elke keer dat alles ok is as ek vertrek hetsy van die huis of die lampplek.

 

Groetnis

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 13/09/2018 - 20:20

Jare gelede het my ou werksbakkie, Daihatsu dubbel kajuit nogal, se linker agterwiel byna uitgeval. Gelukkig gestop toe dit so bietjie wankelrig begin voel. Die wielmoere het losgeraak, en 3 was al weg, en eerlik, die was laas vasgedraai toe die bande opgesit was, lank gelede.

0
Centurion

Dusty

Fri, 14/09/2018 - 05:46

die "rim se centre" gat nie mooi oor die "hub" pas nie

So 11 jaar gelede het ek die wa gediens en ook die wiellaers oor gepak. Het die wiele sommer met die koordlose boor vasgedraai want ek wou ringe draai om die rim se gat op die hib ye sentreer. Tyd het uit geloop en nie tyd gehad om die ringe te draai nie. Het ook vergeet om die wiele ordentlik vas te maak. 'n Halwe kilo van die huis af het die linker wiel af geval. Dit was die enigste keer wat soiets met my gebeur het 

0

More mede kampers

Dankie vir al die kommentare en opmerkings.

Ek het so 2 maande terug my wa laat diens by Echo. Met ontvangs na die diens moes ek bystaan waar hulle die moere "torque"en hule het selfs fotos geneem ter stawing.

Ek sal maar ook daarop let om die navigator te vra om na moere te kyk nadat ons in beweging gekom het.

Groete

Wessel

 

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 15/09/2018 - 11:17

Ok, het nou gou my wa se skroewe van die wiele gecheck. LOL, ek se skroewe want sukkel om gou gou in my kop sekerheids halwe te se watter een is die bout en watter een die moer.

Ek hoop die volge is reg. Die een met die gat is die moer en dan die een met die piepietjie is bout.

So dan, ek merk dan op dat my bakkie wielmoere het en my karavaan wielboute het vir die wiele.

Het julle waense ook bout "ens"?

0
Waar my wa staan

Arie

Sat, 15/09/2018 - 11:25

Gees, ja jy is reg, onthou altyd, moer is vroulik en bout is manlik, en net soos in die menslike lewe, moet die bout liewer nooit in die moer gaan sonder 'n washer nie. Ek dink wielmoere is die enigste wat ek nou vinnig aan kan dink wat jy nie 'n washer gebruik nie?

Versigtig net dat jy nie jou moer strip met die vasdraai nie!

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 15/09/2018 - 11:35

Dankie, oom Arie daai maak nou maklik om te onthou ☺☺☺☺.  Hehe, en eintlik moet ek nie lag nie, ek sal huil as ek een van hulle strip., maar dink ek het reggedoen, net gevoel dat hul vas en nie te erge force gebruik nie.

Sal seker beter wees as ek vir my n torque wrench kry.

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 15/09/2018 - 15:05

Lol, so my wa het regtig boute wat indraai en die wiele houvas en nie moere wat op die thread indraai nie.

Is julle waens ook so? Of praat julle sommer maar net so van die moere dan ?

0
Waar my wa staan

Arie

Sat, 15/09/2018 - 15:53

Myne hewt ook boute wat indraai. Ek is nie mal daaroor nie, sukkel om die band en veling op plek te hou mo die boute in te kry.

Maklike as jy dit veling net so oor die boute wat uitsteek kan hang en die moere op draai.

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 15/09/2018 - 16:06

Oom Arie, dis wat ek ook gedink het, het nog nooit papwiel op wa gehad nie, maar gaan spiere en vashou kos as ek eendag n papwiel kry.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus