Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Welkom Welkom Voortrekker -15 minutes ago
Brood in Weber Braai met 'n Weber Geert -34 minutes ago
Julle maak 'n man lekker… Kuier maaltyd Voortrekker -1 hour ago
Roerbraai Kuier maaltyd Rona du Plessis -1 hour ago
Ordentlike dakrak... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -1 hour ago
Hallo Fanie.  As jy kan… Hoe maak ek my ou rally tent… Voortrekker -1 hour ago

Marakele en Segekok

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on
Forums

KLIEK HIER VIR DIE ARTIKEL:

marakele

Meer sal volg ....

Meyerton

Segekok

Wed, 19/09/2018 - 08:16

Frik dit is n baie lekker plek.  Die diere is nie so mak soos in die Kruger nie. Die park is groot en daar is nog nie baie paaie nie. dit is ook nog n jong park maar beslis die moeite wert. 

Shaun daar is nog n paar dae wat gaan kom maar ek moet nou ers gou n paar ander dinge gaan doen dalk sal ek more weer n bietjie kan stuur.

 

0
Waar my wa staan

Arie

Wed, 19/09/2018 - 08:27

Persoonlik glo ek dat mense wat nog nie daar was baie mis.

Baie lekker plek vir ons, lekker rustig, nie so komersieel soos oom  Paul se plaas nie en soos Deon noem diere is nog nie so mak nie.

Die trippie teen die berg op is ook besonders en pragtig om die Kaapse Arende daar van bo af te kyk.

Ek sien Deon het op ons geliefde staanplek gestaan, vir my een van die beste staanplekke in Bontle? Ek hou ook daarvan dat daar geen heinings om die kamp is nie. dit Renosters stap gereeld deur die kamp en kom slaap in die nag langs jou wa.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 19/09/2018 - 10:26

Dankie Deon, mooi fotos en 'n lekker vertelling soos wat julle reis sodat ons kan saam reis.  Ek sou baie graag ook by Marakele wou uitkom, maar ai, die afstand Kruger Wildtuin toe en terug Kaap toe (4000km) is net te ver om nog verder ook te rek.  My anner-helfte het op Thabazimbi skool gegaan en is ook in die Hervormde Kerk op die dorp aangeneem.  Ons sal tog net eendag 'n plan moet maak, miskien as die JSE beter vaar !

Die GWM en Super Sport maak 'n baie mooi sleepkombinasie  -  ek is mos mal oor die Sprite Super Sport, een van die bakgatste karavane wat destyds nog uit die Ci-stal in Pinetown gekom het.

Ek sien uit na jou verdere vertelling.

Ns.  Ek hoop jy het my antwoord (private "message") op die forum gekry  -  nie seker hoe die goed werk nie

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Wed, 19/09/2018 - 10:46

Deon, baie dankie, so sien ons ander wat nie meer kamp nie, ook darem bietjie ander mooi plekke.

0
Nelspruit

Koos Mol

Wed, 19/09/2018 - 13:49

Baie lekker rustige plek. Ons het in 2016 daar gestaan en vir my is Marakele daai sogenaamde plek waar jy rus en vrede ervaar en net kan "chill". Geniet dit. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 20/09/2018 - 19:59

Deon, jou laaste foto van die reier, vir wat dit werd mag wees :-

Ek is ook geen voëlkenner nie, maar my Kruger Wildtuingids asook my Voëlgids van Suider-Afrika toon dit as 'n Grootwitreier.  Ek kry nie 'n Grysreier in hierdie twee handleidings nie. 

0
Meyerton

Segekok

Thu, 20/09/2018 - 20:17

Dankie Len. Ek is nie seker nie maar het die grootwitreier so n swart merk om die oog en die swart streep op die kop.  

Ek praat maar soos ek geleeris .  Of die bloureier..

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 21/09/2018 - 05:41

Dankie Seeg.   Baie goeie beskrywing en mooi geskryf.   Ook al die pragtige foto's geniet.   Mens kan sien julle het die natuur en die rustigheid behoorlik geniet.

Ek dink ek sou maar daai volstruis toegelaat het om die beskuit te gaps, te bang hy neem wraak.laugh

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 21/09/2018 - 06:45

Dankie vir dir lekker artikel Deon, ek het lrkker gelees en fotos gekyk.

Net so vir interessntheid, daai reier is nie die sneeuwit reier nie, die swart merk op die kop en ook die (kuif - lyk my) kom nie by die wit reier voor nie, ek sal later vandag op my Roberts multi media gaan soek.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus