KLIEK HIER VIR DIE ARTIKEL:

Meer sal volg ....
Laat loop Deon
Stem Frik ou Segekok moet nou laat loop met die fotos
Frik dit is n baie lekker…
Frik dit is n baie lekker plek. Die diere is nie so mak soos in die Kruger nie. Die park is groot en daar is nog nie baie paaie nie. dit is ook nog n jong park maar beslis die moeite wert.
Shaun daar is nog n paar dae wat gaan kom maar ek moet nou ers gou n paar ander dinge gaan doen dalk sal ek more weer n bietjie kan stuur.
Dit lyk baie lekker! …
Dit lyk baie lekker! Dankie vir die terugvoering en foto's. Ek wag vir die res ....![]()
Persoonlik glo ek dat mense…
Persoonlik glo ek dat mense wat nog nie daar was baie mis.
Baie lekker plek vir ons, lekker rustig, nie so komersieel soos oom Paul se plaas nie en soos Deon noem diere is nog nie so mak nie.
Die trippie teen die berg op is ook besonders en pragtig om die Kaapse Arende daar van bo af te kyk.
Ek sien Deon het op ons geliefde staanplek gestaan, vir my een van die beste staanplekke in Bontle? Ek hou ook daarvan dat daar geen heinings om die kamp is nie. dit Renosters stap gereeld deur die kamp en kom slaap in die nag langs jou wa.
Dankie....
Dankie Deon, mooi fotos en 'n lekker vertelling soos wat julle reis sodat ons kan saam reis. Ek sou baie graag ook by Marakele wou uitkom, maar ai, die afstand Kruger Wildtuin toe en terug Kaap toe (4000km) is net te ver om nog verder ook te rek. My anner-helfte het op Thabazimbi skool gegaan en is ook in die Hervormde Kerk op die dorp aangeneem. Ons sal tog net eendag 'n plan moet maak, miskien as die JSE beter vaar !
Die GWM en Super Sport maak 'n baie mooi sleepkombinasie - ek is mos mal oor die Sprite Super Sport, een van die bakgatste karavane wat destyds nog uit die Ci-stal in Pinetown gekom het.
Ek sien uit na jou verdere vertelling.
Ns. Ek hoop jy het my antwoord (private "message") op die forum gekry - nie seker hoe die goed werk nie
Baie lekker rustige plek…
Baie lekker rustige plek. Ons het in 2016 daar gestaan en vir my is Marakele daai sogenaamde plek waar jy rus en vrede ervaar en net kan "chill". Geniet dit.
Len Ns. Ek hoop jy het…
Len
Ns. Ek hoop jy het my antwoord (private "message") op die forum gekry - nie seker hoe die goed werk nie
Ongelukkig nie.
Onthou dit is 'n e-pos aan…
Onthou dit is 'n e-pos aan die ontvanger van die Kampforum en as jy hom oop maak dan sien jy eers die boodskap.
Watse geheimsinnige…
Watse geheimsinnige boodskappe stuur julle aan mekaar? ![]()
Lekker Lekker. Bly julle…
Lekker Lekker.
Bly julle het dit geniet.
Dankie vir die terugvoer.
Dag 3&4 nou beskikbaar!…
Dag 3&4 nou beskikbaar!
Kliek hier onder:

Dankie Len. Ek is nie seker…
Dankie Len. Ek is nie seker nie maar het die grootwitreier so n swart merk om die oog en die swart streep op die kop.
Ek praat maar soos ek geleeris . Of die bloureier..
Dankie Seeg. Baie goeie…
Dankie Seeg. Baie goeie beskrywing en mooi geskryf. Ook al die pragtige foto's geniet. Mens kan sien julle het die natuur en die rustigheid behoorlik geniet.
Ek dink ek sou maar daai volstruis toegelaat het om die beskuit te gaps, te bang hy neem wraak.![]()
Dankie vir dir lekker…
Dankie vir dir lekker artikel Deon, ek het lrkker gelees en fotos gekyk.
Net so vir interessntheid, daai reier is nie die sneeuwit reier nie, die swart merk op die kop en ook die (kuif - lyk my) kom nie by die wit reier voor nie, ek sal later vandag op my Roberts multi media gaan soek.






Lekker, kan nie wag nie, hy…
Lekker, kan nie wag nie, hy is volgende op my kamp lysie!!