Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker gelag, Geert,... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Goeie Hout ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Laaste probeerslag - dit lol Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -2 hours ago
Lodge gedeelte Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -2 hours ago
Kleedkamers en opwas Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -2 hours ago
Dek vir almal se gebruik Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -3 hours ago

Is daar fout met die forum?

Submitted by Frikadel on
Forums

Ek is baie bang as Moody's ons in die hande kry, hulle sal die forum downgrade...

Is ek sommer net simpel, maar dit voel vir my of die forum nie op dreef wil kom nie, en die selfde lede (seker 10 of so) hou die forum aan die gang.

Is dit oordat dit winter is of kamp die mesne nie meer nie?

Of is die mense net nie meer lus vir forums nie?

Port Elizabeth

Frieps

Thu, 15/06/2017 - 07:45

Segekok, ons Garmin se naam is Barbara.  Ons groet haar hello en koebaai en antwoord haar terug as sy praat.   Dit sal tog te lekker wees as Barbara vir ons so kon vertel van al die plekke.  Dit is nou regtig 'n goeie idee en gaan die pad sommer korter en interessanter maak.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Thu, 15/06/2017 - 08:55

Deon, EN so bietjie vernuftigheid!!!!! Ek porbeer nie eers verder daaraan dink nie!!!, Wanneer ons ry, kry EK in elk geval NOOIT kans om woord in te kry nie!!!, Sit met Blikstem Suzie, en ander helfte van 48 jaar!!!! JA< dan hou ou maar eerder bek en dryf die kar!!!!

0
Johannesburg

WilleWillemien

Thu, 15/06/2017 - 08:59

Ek kry ook maar min kans om in te loer. 

Sjoe, maar die orgidiee is pragtig.

 

 

0

Dit is werklik pragtige lewens getroue orgidee's!!

Moenie worry oor draad kapery nie, immers gesels ons.

 

0
Bloemfontein

OOM JEEP

Thu, 15/06/2017 - 10:24

Terwyl ons nou daaroor praat. Ons GPS , die garmin , is ook suzie. Sy praat biki anders as die Jeep se ingeboude een.  Elma like hom nie .. sy sê hy ken nie die paaie nie.. is verouderd. Haar suzie opdateer sy kort kort. Ons hou die jeep sin aan terwyl ons ry want dan kry jy so n idee hoe ver nog. En is nogal slim m.b.t  spoed en  kameras op die pale.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 15/06/2017 - 13:31

Na al die ure se swoeg en sweet deur Anton (Voortrekker) om 'n forum daar te stel wat die probleem-Wegsleep forum kon vervang, begin dit vir my ook lyk of die pogings nie waardeer word nie.  Daar was horders klaagliedere oor die tegniese probleme van die WegSleep forum en die trae / geen aandag wat daaraan gegee is.  En hier sit ons nou met 'n baie oulike forum-platform met onmiddellike aandag sou daar 'n probleem opduik, en nou gebeur niks nie !  Ek stem saam Arie, dis uiters vervelig hier en net 'n handjievol mense probeer om die vlot aan die vaar te hou.

'n Forum is 'n geselsplek waar mense met mekaar oor interessante onderwerpe saam gesels, nie net lees nie. Dit is nie 'n biblioteek waar 'n mens ingaan net vir leesdoeleindes nie.

As die getroue lesers nie ook gaan deelneem deur te gesels nie, voorsien ek dat die forum nie lank gaan bestaan nie.

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 15/06/2017 - 14:06

Len dit sal baie jammer wees as Voorie se hardewerk faal, sonder dat hy iets daaraan kan doen.

Dit kan n lekker forum wees as die mense net nie so vrek bang is om op iemand se tone te trap nie.

Met Jeep en DK se dreigery is almal nou te bang om n grappie te maak?

0
Bloemfontein

OOM JEEP

Thu, 15/06/2017 - 14:09

Laat my dink asn die bojaan wat so van plek na plek loop en k@k soek.  Vertel al die diere hys nou moeg van leeu se koningskap , leeu dink te veel van homself. Hy loop nog so en met almal en skoorsoek toe hy in leeu vasloop.  En wat praat jy alles met die diere. Nee oom leeu ek praat nie veel nie,  praat sommer k#k met die ander diere.

Nou wies koning leeu hier rond... ????

0
Port Elizabeth

VW

Thu, 15/06/2017 - 14:38

Party praat te veel, party te min! Dit is maar deel van die mensdom, almal verskil. Arie slaan die spyker op sy kop, dit is damm vervelig hier.

Ja, en ek val onder die wat hopeloos te min praat, uit die aard van my werk word ek beperk, maar as ek n kans kry like ek om te lees, en lewer kommentaar as ek iets kan bydra.

Ek hoop rerig dit verander, hier kort iemand om bietjie te mense se bloed druk op te jaag, soos dit op n tyd was op die ou forum, bietjie lewendig word.

Soos ek ook al gese het, daar is bitter min reaksie op meeste van die drade, al waar dit besig is, is by die koffie waar daar hello, lekker dag en koebaai gese word.

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 15/06/2017 - 14:51

Ek het vandag al my bes gedoen om reaksie uit te lok maar almal stem net saam met my?

Enigste een wat anders is, is Jepie maar hy is te kripties en praat in tale wat ons gewone mense nie verstaan nie.

Wonder of hy dalk met sy paal dansery sy "ball bearings" beskadig het, die wat hy nou in tale praat?

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 15/06/2017 - 16:59

Dit gaan my verstand tebomekaar en het ek nou al vir ure gesit en pleit en bespiegel...

Party praat te veel, party te min! Dit is maar deel van die mensdom, almal verskil. Arie slaan die spyker op sy kop, dit is damm vervelig hier.......

........Ek hoop rerig dit verander, hier kort iemand om bietjie te mense se bloed druk op te jaag, soos dit op n tyd was op die ou forum, bietjie lewendig word.

0
Bloemfontein

OOM JEEP

Thu, 15/06/2017 - 17:21

Ons moet eet en drink ook Arie.

Het net gou biki kossies gemaak. Hier was mos wind..  so .. toe braai ek innie braaipan.. vat so n paar glasies os bloed    nous ek weer reg.   O vergeet. Gaan gou n draai by Freda maak. 

0
Bloemfontein

OOM JEEP

Thu, 15/06/2017 - 17:21

Ons moet eet en drink ook Arie.

Het net gou biki kossies gemaak. Hier was mos wind..  so .. toe braai ek innie braaipan.. vat so n paar glasies os bloed    nous ek weer reg.   O vergeet. Gaan gou n draai by Freda maak. 

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Thu, 15/06/2017 - 18:56

As ek MAG iets sê, mintens is daar paar wat PROBEER om iets te sê, ekke dink ADMIN moet vergadering  hou en bietjie besluite neem en uitvind waar is die ander honderd of meer persone wat aangesluit het, en nog NIKS gesels het nie!!!!!

ALmal wat wel hier PROBEER aan die gang hou, het nie ewe veel tyd om nuwe drade te begin nie. Dit vat tyd om, as jy iets nuuts, en met bygaande fotos, te wil plaas.

Ek HET voorheen belowe ek het BAIE om te deel, maar ongelukkig het ander dinge, wat onder andere my oorlewing in gedrang bring, voorgeval, en ek kan NIE by ONTSPANNING (forum)  uitkom vir ure aaneen op 'n dag nie.

So, ek stel amptelik voor, ADMIN, kry die "nuwe"mense aan die praat, as hulle, hulle self net voorstel, met wie hulle is en waar hulle kamp, kan dit die forum NUWE lewe gee,

Ek teken af vir ag of wat, die 16de JUNIE is 'n dag wat my al 20 jaar SKU maak vir ENIGE werk/rekenaar of derglike dinge, want DIT is die DAG waarop ek my regter wysvinger verloor het, OMDAT ek TV gekyk het!!!, COMRADES!!!, en vinger met guillotine vermink het!!!

EN, dit is die heilige WAARHEID!!!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus