Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -2 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -2 hours ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -2 hours ago

Behulpsaamlikheid!!

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Ek lees van mense wat so eerbaarlik is, dat hulle wraggies as hul sien iemand verloor sy geld dit sal optel en terug gee aan die eienaar!? Ja ek glo mense wat dit doen is maar baie yl gesaai.

Nou weet ek nie of ek so eerbaarlik sal optree nie, sal graag glo dat ek tog wel erens so greintjie eerbaarlikheid in my het en darem die eerbaarlike ding sal doen en die man se geld aan hom terug besorg.

MAAR ek is darem vreeslik behulpsaamlikheidelik [ek is glad nie seker van die nuwe afrikaanse woord nie?] Gister voor ons op die seiljag die diep blou see gaan aandurf het, vat die kerel ons eers op 'n rubber duck die hawe in om die groot skepe te gaan kyk. Die een vroutjie kla toe dat haar bikini top nie genoeg ondersteuning bied en die geskud maak haar borste seer!!

Nou ja ek is mos maar altyd 'n groot gentlemanlikheid en besluit toe om die behulpsaamlikeheid te doen en bied toe aan om haar borste vir haar vas te hou. Petra lyk my nie het gevoel dat dit 'n eerbaarlike ding was om aan te bied nie, se sommer dadelik die jong dame kan dit mos self vashou, maar shame sy het haar hande nodig om vas te hou dat sy nie van die boot afval nie. My balans is goed en sou baie maklik haar borste vir haar mooi sagkens ondersteun sonder enige ongerief aan myself.

Nou kyk wat gebuer nou, my vrou keer my dat ek die behulpsaamlikheid, met die gepaardgaandelike eerbaardigheid, kan doenlikheid en sodoende my gentlemanlikheid aan my mede menselikheid kan bewys.

Ai nou is is ek sommer mislikheid en kotsbaarheid met al die heidery hier bo.

Port Elizabeth

Frieps

Fri, 16/06/2017 - 11:54

Want nou het ek gelag soos lanklaas in my lewe.  Arie, jy is 'n regte stoutg@t!!   Hoe Petra met jou huishou sal net sy weet.

Het jy darem, as jy voel jy wou balans verloor, bietjie stywer vasgehou?  

Maar dis mooi dat jy so behulpsaamlik is.   Sulke kosbaarlike mans is deesdae dun gesaai.

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 16/06/2017 - 13:08

Ja ek het maar bietjie stywer vasgehou maar toe voel dit of ek my balans [sonder die n] gaan verloor toe laat skiet ek maar weer so bietjie.

0
Pretoria Tuine

DK

Fri, 16/06/2017 - 13:27

Laat ons mekaar nou mooi in die oë kyk.

Om Vadersnaam, hou asb nou op met jou kinderagtige aantuigings na my woordelike gebruik en word groot.

Ek is nou moeg daarvoor om whatsapp's te ontvang van forum lede wat my elke keer inlig dat daar alweer gespot word met my sogenaamde woord gebruik.

Onskuldige lede is nou alreeds geblok om my whatsapp.

Die wêreld is redelik klein my vriend.

Los my asb nou in vrede, ek lees nog die forum, maar jy het my nou gedreig om ń plasing te plaas teen my sin.

 

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Fri, 16/06/2017 - 15:19

Ek dink ADMIN moet so bietjie vergadering hou. Ek het draad oopgemaak vir ADMIN lede.

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 16/06/2017 - 18:44

Ek is nou moeg daarvoor om whatsapp's te ontvang van forum lede wat my elke keer inlig dat daar alweer gespot word met my sogenaamde woord gebruik.

Vat ek n heerlike 16 Junie middagslapie (3-6pm) en toe ek wakker word soos gewoonlik n koffietjie om my te help.  Sit en lees ek wat die klomp mense nou aanvang hier op Kampforum.co.za.

Moet se ek is geskok en teleurgesteld. Maar dit is seker maar verstaanbaar dat mense so onvolwasse kan wees soos wat nou op hierdie draad aan die lig gebring word.

Ek kan nie vir mense voorsê hoe om te lewe en op te tree nie teenoor ander nie, maar volgens my persoonlike opinie is dit maar baie agteraf en oneerbaar!

DK, daardie vriende wat jou whatsapp is volgens my nie vriende nie.  Al weet hulle jy is sensitief vir die tipe insette soos deur Oom Arie, sal hulle nogsteeds somiets gebruik om jou verder  te ontstel !

Hoekom so? Put hulle genot daaruit om jou in so n toestand te sien? Ek sal hulle nie vriende noem nie en ook sulke kenisse van my whatsapp blok!

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 16/06/2017 - 19:24

Sit en dink ek verder... hoekom is ek nie op enige van hierdie "secret" whatsapp groepe nie?  Ek het al baie van hulle gehoor. Poenerhoes het dit ook destyds opgebring.

 

0
Bosveld

Gryswater

Fri, 16/06/2017 - 22:55

Laat ons mekaar nou mooi in die oë kyk.

Om Vadersnaam, hou asb nou op met jou kinderagtige aantuigings na my woordelike gebruik en word groot.

Ek is nou moeg daarvoor om whatsapp's te ontvang van forum lede wat my elke keer inlig dat daar alweer gespot word met my sogenaamde woord gebruik.

Onskuldige lede is nou alreeds geblok om my whatsapp.

Die wêreld is redelik klein my vriend.

Los my asb nou in vrede, ek lees nog die forum, maar jy het my nou gedreig om ń plasing te plaas teen my sin.

Hierdie tipe aanvallende inset teenoor n medelid is verkeerd!  Dit moet nie weer toegelaat word nie asb!

0
Waar my wa staan

Arie

Sat, 17/06/2017 - 07:18

Voorie, kom ons sit die episode agter ons, el is nie bereid om in 'n bekgeveg betrokke te raak nie. Partymense is net nie belangrik genoeg [of enigsins belangrik] in my lewe om tyd en energie op hul te spandeer nie!

Ek wil graag net noem dat ek nie die persoon spot oor sy woord keuse nie, ek kom nou agter dat sy huistaal nie Afrikaans is nie, asd ek sy skrywes lees en na die spelling kyk, goed soos "aantuigings"  en dan gebruik hy  "gedreig" in plaas van gedwing of genoop, duidelik is Afrikaans nie sy eerste taal nie, dus mag mens nie spot oor sy woord keuses nie.

Wat ek wel mee spot is die feit dat hy ander mense verkleineer en dom of onosel noem sonder enige rede, en dan die woord wat hy opgemaak het verdedig dat dit wel 'n erkende afrikaanse woord is.

As hy die woord so verdedig, dan voel ek [behalwe as hy outeurs reg op die woord geneem het] dat ek of enige ander persoon die woord vrylik mag gebruik en dan ook enige variasie van die woord.

Ek wonder nog steeds oor "Steekbaard"??

NS ek is ook nie op enige geheime groepe wat agter af mense bespreek en onskuldige mense verban nie?

Nou ja ek het my se gese, en sal nie verder oor die saak redeneer nie, behalwe soos ek genoem het, behou ek my die reg voor om die woord "oneerbaarlikheid" te mag gebruik.

0
Bloemfontein

OOM JEEP

Sat, 17/06/2017 - 08:52

Ek hoop nou werklik dat hierdie poging nie gemik was om die forum "lewendig" te kry nie, want dit bring meer skade as goed.

Die Woord van GOD se as jy met die swaard lewe sal jy met die swaard sterwe. Die Woord se ook dat die tong die meeste skade doen. Dieselfde tong prys en vloek die medemens. Jy kannie iemand uitlok om kwaad te word en dan dink jy kom  skotvry daarvan af nie. My raat is om hierdie hele storie agter jou te sit en aangaan met jou lewe. 

Kom ons lewe eerder om GOD te loof en prys deur sy groot gebod uit te leef. Naamlik LIEFDE.  Eerste is om Here jou God lief te he en tweede om jou naaste lief te he soos jouself. 

So terloops ek gaan nie   a.g.v.  hierdie storie  die forum verlaat nie, maar net maar miskien minder insette lewer. Ek was ook nie van plan om die vorige ronte die forum te verlaat nie.  Het net gesê en bedoel dat sulke dinge onnodig is en dat dit kan lei tot onmin.

0
Waar my wa staan

Arie

Sat, 17/06/2017 - 10:51

Oom Jeep, ek waardeer wat jy probeer doen maar kom ons los nou die arme man.

Ek glo hy voel baie sleg en skaam dat hy so agresief was teenoor Speknek en nou teenoor my.

Ek vergewe hom, glad nie kwaad vir hom nie.

Ek dink regtig nie dat jy jou aan hom moet steur en mi der inskrywings maak nie.

0
Bloemfontein

OOM JEEP

Sat, 17/06/2017 - 12:02

Nee wat Arie. Dis verby. Geskiedenis. Lewe storm voort. Klim op die wa as jy nie wil agterbly nie.  Dennis is n groot vriend van my en so sal dit bly ongeag.

Ons is vanmore dankbaar dat ons besluit het om gister op te pak. Want nou is hier n misreentjie en julle weet mos hoe sleg is dit om in sulke weer op te pak. 

Nog dankbaarheid is om n karavaan te he wat hom verleen om binne te bly. Te lees, koffie te drink en te eet.

So van eet gepraat. Laat ek kyk wat staan in die yskas. Oppie rak staan n bottel J & B.

0
Waar my wa staan

Arie

Sat, 17/06/2017 - 12:37

Oom Jepie, ek is bly jy het besluit om jou nie te steur aan die agresiewe persoon nie, die lewe is te kort om jou senuwees op hol te jaag oor een ou se nonsens!

Lag en die wereld lag saam met jou. Ek ken nie vir Dennis nie, maar nooi hom oor en dan kan julle lekker saam lag oor daai man wat so baklei met almal.

Klnk my jule is amper op pad huis toe? Mooi en veilig ry huis toe!

0

faaaaaaaaiiiit  fffaaaaaiiiiiiitttt

Oom Arie hehehehehe

Sien daar word vir jou gese: "Die wêreld is redelik klein my vriend"  Klink vir my soos 'n dreiggement daai of hoe?

 

   

 

0

Ek is nie die tipe wat dreig nie, ongelukkig vir jou is ek ten volle ń volwasse.

Heelmoontlik is dit jy wat altyd begin om lede aan te moedig na ń bekgeveg.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sat, 17/06/2017 - 15:43

Ekke dink ons moet nou maar halt roep, en die draad laat vaar. Dit is nie in belang van die forum se bestaan om langer aan te gaan nie.

 

0

Nee wag eers oom Frans.  Daar is met my gepraat en ek gaan antwoord.

Jy is nie die tipe wat dreig nie?  Wat het jy dan bedoel met die wereld is klein my vriend???

Hy wil uitdeel, maar as hy ontvang wil hy in sy hoekie gaan sit en huil? Shame en jy praat van volwasse?

Kyk in die spieel en jy sal sien waar is die probleem.

 

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sat, 17/06/2017 - 16:14

Spekkas, nie kras bedoel nie! Teenoor niemand nie, maar ekke Wil darem nie hê hierdie forum moet my ook wegja nie, nou probeer Ek maar Vrede bewaar!!!!  Dalk moet Arie eers popcorn masjien uitspoel en opstart!!!!!!

0
Pretoria Tuine

DK

Sat, 17/06/2017 - 16:29

Voortrekker, hierdie is ń goeie forum.

Soos voorheen alreeds gevra, blok my asb om weer aan te teken.

Die lede gesels lekker saam en daarom wil ek nie dat die forum in ń bekgeveg ontaard nie.

Ek sal dit waardeer, baie dankie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus