Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -14 minutes ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -5 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -5 hours ago
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago

Klein 12V alarm met PIR

Pretoria
Submitted by leeu on
Forums

Ek het die naweek 'n 12V PIR gekry en wil gou 'n hek motor battery opsit met 'n klein buzzer en lig wat aankom. Dit wil ek gebruik die naweek as ons gaan kamp. Wat dink julle sal die beste werk?

Ek het gedink om 'n plastiese kassie te koop waarin die klein hek motor battery pas en die PIR en die buzzer vas gom aan die kant van die plastiese kassie. Dan kan ek dit staande maak in die tent sodat hy kan afgaan as daar beweging is in die tent. Ek wil 'n LED liggie gebruik wat baie lig maak.

Alles moet klein en kompak wees, geen los drade nie, behalwe as jy dit wil laai vanaf 220V. Wat gebruik julle siende dat dit nou gevaarlik raak deesdae om te gaan kamp. Die langnaweek in April het hulle in die kamp ingebreek, maar ons gelukkig gelos.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 22/10/2018 - 20:00

LMGA

Ek sal moet ophou om so te lag, want laas op daai een oor die draad is ek verban oor dit.

Nou kaap ons weer Leeu se draad sad

0
Elarduspark

GerhardM

Mon, 22/10/2018 - 21:38

Ek wou nou net sê ek gaan ook nog by China mall loer, maar ek sal stil bly want net nou sien die mense ek is ook 'n cheap skate. blushlaugh

Daai een vir 'n R100 rand lyk oulik. 

0
Pretoria

leeu

Tue, 23/10/2018 - 06:55

Ek probeer ook maar geld spaar, so ek is seker ook 'n cheap skate!

Baie dankie vir die insette, Wilsur, Dusty, Johan en natuurlik Voorie.

Ek hou nogal daarvan om iets self te bou, elektronies gewys, nie dat ek 'n boffen is nie, maar dis baie lekker as jy klaar is en dit werk. Ek het gister 'n plastiese kassie gekry en die PIR vasgesit. Ek word so kwaad as ek skroefies soek en dit nie kry nie, het mos 3 maande terug getrek. Ek moet nog die res aanmekaar sit, dit sluit die buzzer, ronde LED liggie en afstand beheer in.

Ek moet nog net uitdink hoe ek gaan maak om 'n prop, amper soos 'n Brad Harrison buite te kry sodat ek nie elke keer die kassie moet loskroef om die battery te laai nie.

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 23/10/2018 - 06:58

Ek het gister 'n plastiese kassie gekry en die PIR vasgesit. 

Hallo leeu smiley   Plaas tog asseblief 'n fototjie as jy kans kry van jou finale produk.

0
Pretoria

leeu

Thu, 25/10/2018 - 07:16

Hier is 'n foto of twee, het darem klaar gekry, maar die Centurion ontvanger vir die afstand beheer is nie die regte een vir die toepassing nie. Sal later een kry en insit daarom het ek die negatief op die PIR verwyder, anders gaan hy raas as ek hom rond beweeg.

 

 

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 25/10/2018 - 10:04

Willem, moet asb nie my naam aan alarms koppel nie, ek is alergies vir daai goed tot die Oupajero s'n laat verwyder!

Ek dink wat jy wou skryf is Mooi man, twee woorde.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus