Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert dit is slegs om… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -12 minutes ago
Block Forum Herstel en terugvoering Geert -14 minutes ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
👍👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Gryswater -1 hour ago
Umfula is nie n slegte plek… Umfula Lapskag -1 hour ago
Leeu Kgalagadi Oktober 2026 Geert -2 hours ago

Klein 12V alarm met PIR

Pretoria
Submitted by leeu on
Forums

Ek het die naweek 'n 12V PIR gekry en wil gou 'n hek motor battery opsit met 'n klein buzzer en lig wat aankom. Dit wil ek gebruik die naweek as ons gaan kamp. Wat dink julle sal die beste werk?

Ek het gedink om 'n plastiese kassie te koop waarin die klein hek motor battery pas en die PIR en die buzzer vas gom aan die kant van die plastiese kassie. Dan kan ek dit staande maak in die tent sodat hy kan afgaan as daar beweging is in die tent. Ek wil 'n LED liggie gebruik wat baie lig maak.

Alles moet klein en kompak wees, geen los drade nie, behalwe as jy dit wil laai vanaf 220V. Wat gebruik julle siende dat dit nou gevaarlik raak deesdae om te gaan kamp. Die langnaweek in April het hulle in die kamp ingebreek, maar ons gelukkig gelos.

Centurion

Voortrekker

Mon, 22/10/2018 - 12:25

Die langnaweek in April het hulle in die kamp ingebreek, maar ons gelukkig gelos.

Dit is nie lekker om te hoor nie leeu.    Blikskottels!   

Vir nou dink ek ek moet dalk net seker maak die kinders se speelgoed lê die hele wêreld vol sodat indringers oor dit val en geraas maak?

0
Pretoria

leeu

Mon, 22/10/2018 - 12:35

Ek wil nie eintlik te groot gaan op die alarm storie nie, wil nie voel asof ek in 'n tronk bly nie. Ek het 'n klein lostaande alarm by die huis wat ek kan gebruik, maar dis 'n gedoente om alles saam te ry. 

Ek sal 'n 12V ontvanger opsit wat ek van 'n afstand kan afsit terwyl ek in die wa is as hy afgegaan het. Ek het die naweek die PIR getoets en hy skakel aan vir 16s voor hy homself "reset" en afskakel.

0
Elarduspark

GerhardM

Mon, 22/10/2018 - 12:48

Leeu ek het laasweek gekyk na iets vir die wa daar waar ons nou heen trek en toevallig op die alarm by Takealot afgekom. Dit lyk heel oulik dalk vir kamp, net nie vir wat ek soek by die huis nie.

https://www.takealot.com…

0
Centurion

Dusty

Mon, 22/10/2018 - 13:48

Wat ook lekker werk een maklik werk is om 'n deur/venster alrm te gebruik. Maak net die magneet met 'n dun swart nylon tou vas en span dit in die tent. Sodra iemand inkom sal die magneet af gestamp word en dan skree die alarmpie. Die wind doen niks aan die eenheid nie. Dit moet af gestamp word. Kan bedags af geskakel word.magneet moet net horisontaal wees.

alarm

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 22/10/2018 - 14:36

Ek het vir my so een gekry vir die Aape wat soms lastig is soos by Klein Kariba.  Sit hom teen die tafel se poot wat na die karavaan wys, los die een "remote" op die tafel en sê vir die bure hoe dit werk.  Hy skree vir 'n rukkie en sit dan as en weer reg vir die volgende een.

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 22/10/2018 - 15:29

Jammer om van die inbraak te hoor, gekukkig is niemand beseer nie neem ek aan.

Myne (van china mall) het ek op geblaas, dit het met 220v en 12v gewerk. Ek het dit in gebou en permanent gebruik op 220v, wil ek toe mos nou eendag die ding net op 12v laat werk. Die konekter die blokkie wat 12 gemerk was, het ek toe vanaf 'n 12 volt punt bedraad, en net een groot bang, en daar is dit in sy peetjie in.

Ek het positief  en negatief reg gekoppel, ek het geen idee wat kon dit veroorsaak het nie.

 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 22/10/2018 - 17:52

Sien nou dié een op gesig boek vir R900.

"die een is nie so groot nie, hy het kontakter by wat op deur kom met sensor wat jy op enige plek kan sit jy kan ook meer ogies bysit soos jy wil."

Boetie Van Loggerenberg se foto.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 22/10/2018 - 18:02

Hier is nog een.

Frank Morgan se foto.

Kamp Alarms - R100 elk - Los jou whattsapp nommer om te bestel
Muskiet lampies - R50 elk
Pepperspray 110 ml - R35
Stun Guns R75
Muskiet nette - R60 elk
Whattsapp: 081 511 8785
Tel: 016 364 0674

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus