Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lava Stone.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -35 minutes ago
Die BOm program Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Graniet Oktober 2026 saam gesels neef Herman -3 hours ago
Lava stone vir kosmaak Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Hot Rock - steeds nie die einde nie.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -13 hours ago
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -23 hours ago

Waterwee

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Na aanleiding van die draad oor grond paaie [waaroor ek mal is] wat van so paar water paaie, vir die ouens wat alergies is vir stof en papwiele.

Ek is mal oor enige watersport, kayaking, white water rafting, power boats, ens, solank ek op water kan wees is ek in my element.

Petra en ek het vir ons 10 de huweliks herdenking twee weke op 'n huis boot op Knysna meer deurgebring. Boot gehuur by Lightleys Boats. Dit was nog ou hout romp bote met geen ablusie. Ons moes elke oggend teruggaan hawe toe om te stort en was.

vir ons twintigste herdenking met die Achilli Laura die spice islands trip gedoen, 8 nagte op die boot.

Vir die 30 ste herdenking weer met die Achilli Basaruto toe 4 nagte.

Vir ons 40ste herdenking 'n huis boot op die Vaal rivier gehuur vir 7 nagte. Baie meer modern teenoor die ou huis bote van hout, baie soos 'n karavaan gebou. Al waneer mens moet terug gaan hawe toe is waneer jy brandstof nodig het. Verder soek jy 'n lekker stil baai of inham op die rivier gooi anker en slaap daar. Daar is vreeslik baie hotelle langs die rivier waar jy kan vasmeer en dan daar eet, ons het nooit otbyd of middag ete op die boot gemaak nie, altyd by hotel of so gaan eet. Aande op die boot gebraai.

foto1

 

b
Daar le ons huisie vir 7 nagte. Ek was heel trots dat ek haar so mooi kon "parkeer" in 'n redelike nou "berth" So pas ons boot gekry en by die eerste hotel gemeer om 'n dop te drink.

 

 

foto2

 

b
Lekker kombuisie, met slaapkamer voor met sy eie deur, links eetkamer, en tussen eetkamer en slaapkamer is die badkamer. Chemiese toilet, stort en wasbak.
Eetkamer tafel kan ook verander na nog 'n dubbelbed.

 

 

 

 

foto3 

 

b
Petra sit bietjie op die agterstoep, bo op die vertrekke se dak is 'n lekker groot sonstoep.

 

foto4

 

b
Slaapkamer met dubbelbed voor in neus van die boot.

 

foto5

 

b
Stort en wasbak

 

 

foto6

b
Uitsig van eetkamer op die agterstoep, en braai area. Kyk hoe mooi weerkaats die bome in die water daar agter die boot.

 

Waar my wa staan

Arie

Thu, 25/10/2018 - 10:02

foto1

 

b
Vasgeanker veilig in 'n klein baai, en so sak die son op ons eerste dag.

foto2

 

b
Nou wat is "kamp" nou sonder 'n vuurtjie, amper reg vir die lekker steaks.

 

foto3

b
Orals sulke lekker stil plekkies waar mens kan anker, skinny dip of all over body tan kry.

 

foto4

 

b
Nog een van ons gunsteling eet plekke

foto5

 

b
Die son sak oor ons tweede dag

foto6

b
Petra sit en wag vir ons kos en drankies. Nogal 'n ander ervaring om so met jou waterhuis na 'n eetplek toe te vaar.

foto7

b
Ook 'n lekker plekkie om te stop en 'n biertjie of so te drink.

 

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 25/10/2018 - 10:21

Ek is ook n water ou lief vir boot ry water ski en n ou sien so mooi son opkom en sonsondergang op n dam rivier of see

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 25/10/2018 - 11:25

Dis lekker, was darem vir 6 Maande op die President Steyn Frigat '73 SA Vloot.  Kan jou lekker deurmekaar maak as die son sal en weer môre oggend op die selfde plek van die boot op kom.

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 25/10/2018 - 11:42

Darem wys dat Petra ook die helm van 'n boot kan neem.

Ek het voor op die boeg gestaan met 'n groot rooivlag om die ander bote te waarsku!

 

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 25/10/2018 - 11:55

soos ons almal weet gaan dit maar beroerd in ons ou landjie, so met regstellende aksie en al daai lelike goed.

So paar prentjies net om te wys hoe hoog die nood regtig is, daar is gelukig so paar wat darem bietjie beter af is, maar ek het maar die fotos gesoek wat duidelik wys hoe sleg dit gaan.

foto1

b
Hierdie is maar net sy boothuisie voor by die water. die eintlike huis is agter die bome.
Die man word elke oggend per helikopter opgelaai en werk toe geneem. vanaand word hy weer afgelaai, geen verkeers frustrasie nie.

foto2

b
Die persoon lig sy boot uit die water uit met 'n elektriese hoist, slim plan.

foto3

b
Sal nie omgee om so te woon nie. Terloops die ouer manne hier op die vorige forum sal dalk vir Ventertjie onthou [hy het later spinekop geword] nou die huis se naam is "Ventertjie rus hier"

foto4

b
Die finansieele druk is hier duidelik sigbaar, die huis het nog nie 'n druppel verf in die laaste 6 maande gesien nie!!

foto5

b

 

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 25/10/2018 - 12:02

foto1

b

foto2

b

 

foto3

b

 

foto4

b
Regtig baie hartseer om te sien hoe swaarkry die mense, party was al gedwing om so klompie van hul tuiniers af te le, sukkel maar nou voort met slegs 5 tuiniers. Erg seg ek julle!!

 

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 25/10/2018 - 12:08

Antie, as ek nie sport model was nie het ons sekerlik 'n drieling gehad na daai week!!!!

En daar was niks slotte wat kon skud en raas nie, die groot bonus, mens kry die boot net so aan die wieg en dan kan jy ontspan die boot doen allie werk!!

Natuurlik groot voordeel dat daar niemand naby is nie [hoop ons] dra die matras tot bo-op die sondek, dan karfoefel mens baaaaaaie lekker in die maanlig met 'n glasie sjampanje langs ons.

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 27/10/2018 - 06:38

Kyk daai een foto auntie met die tydskrif op die tafel. Daai auntie op die tydskrif het sulke skreeu rooi hare, 

Wag laat ek mooi gaan kyk, dalk is dit n Scope van ouds en nie die you nie. 😂

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus