Graag deel ek 2 fotos. Die verskil in tyd geneem is 13 minute. Partykeer moet jy net geduldig wees en wag vir die regte tyd. Geneem n paar jaar terug by Gariep dam met sons opkoms.
06h04

06h17

Gerhardt, dankie vir die…
Gerhardt, dankie vir die deel, dit is pragtig.
Ek het ook my mooiste dag breek ooit, in die Karoo beleef so paar jaar terug. Ongelukkig het ek nie 'n kamera naby gehad nie![]()
Ag lekker! Nog 'n fotograaf…
Ag lekker! Nog 'n fotograaf wat daarvan hou om met lig te speel! Baie nice Gerhardt! ![]()
Natuur bly maar
Dankie vir deel Gerhardt die natuur verras n mens soms met die mooi van die mooiste
Sparky se foto
Kennis in ons lanbouvereniging het die foto gister oggend vroeg geneem met sy selfoon. Nie n reenboog as sulks nie, het nie gereen nie.
Verlede sondag het Dave Pepler juis gepraat van die tipe verskynsels.

Uitsonderlike foto
Dit is seker weens stofdeeltjies wat selektief net sekere golflengtes in die sigbare spektrum weerkaats/deurlaat, terwyl dit die ander [blou na violet] uit die oog se waarneming laat verdwyn.
Dit is waarom sons-opkoms en -sak die rooi/oranje gloed het.





Baie mooi, Gerhardt. Op die…
Baie mooi, Gerhardt. Op die eerste foto kan mens net-net sien dat die kleur aan die kom is. Dit is regtig merkwaardig dat die prentjie so gou geheel en al kan verskil.