Thanx Mr Frontpuller. Daai…
Thanx Mr Frontpuller. Daai is nou baie handig en baie makliker en gouer. Ja, nou sal dit net so lekker wees as daar nog so knoppie is wat af ondertoe wys. Dit behoort nie vir jou 'n probleem te wees nie, wys my daar is niks wat jy nie kan regkry nie.![]()
Willem.....
Willem, mag ek vra waar val jy nou uit dat ek net sekere goed lees ?
Willem, mag ek vra waar val…
Willem, mag ek vra waar val jy nou uit dat ek net sekere goed lees ?
Ek dink dit kom van hier af op die "Alle Onderwerpe" draad??
"dan lees 'n ou ook net daardie gesprekke wat jy interessant vind en die ander slaan jy oor."
ek net sekere goed lees …
ek net sekere goed lees
Ja Len, jy het dit gesê ![]()
Maar ek is.....
Maar ek is mos nie die enigste een nie - die goue reël by forums is mos dat jy liefs nie gal braak oor sêgoed wat jy nie van hou nie, jy blaai om en kyk na daardie goed wat jou interesseer ?
Voorie is reg hierbo, ek hou van die Alle Onderwerpe sleutel en ek soek daar my belangstellings uit.
Goeie more hier op n…
Goeie more hier op n Saterdagoggend.
My vriend het sopas kom kuier. "Hello darkness my old vriend". Hoor nou almal praat van krag wat af is. Ons hele area.
Goeie môre Almal. Môre…
Goeie môre Almal. Môre Marius!
Dit is goed om van jou te hoor. Ek hoop dit gaan goed? Ons het jou nogal gemis hierdie week.
Len: ek hou van die Alle Onderwerpe sleutel
Ek is baie bly om dit te hoor Len ![]()
![]()
Julle moet almal 'n wonderlike en geseënd Saterdag hé!
More oom Voorrie, aaah,…
More oom Voorrie, aaah, lekker om gemis te word, n week van hecticness gehad. Aai tog, die frontloader het ook nog die gees gegee. Die wyfie is boos oor die wasmasjien se klein jakkalsies wat haar so aanhoudende probleme gee. Jip vandag moet ek nuwe een gaan soek.
My arme budget 😕😕😕😕
More almal
More forum maters julle moet n gatskop dag he koffie die loop soos gewoontlik soos stroop sterkte lekke soek na wasmasjien ou gees vrede
Goeie more julle 3. Dankie…
Goeie more julle 3. Dankie tog ek het n gasstoof in die kombuis. So kon ek darem koffie maak en ook vir die bure kookwater aangee. Niemand weet wat fout is nie en die elektrisiën gaan eers 7 uur begin werk
Stoffel, Gelukkig hier by…
Stoffel, Gelukkig hier by ons is daar lig. Ons kamp mense is mos altyd reg vir sulke dinge ![]()
Goeiemore
Ek hoop dit gaan goed met almal op die Saterdagoggend.
Hier by ons kom die naweekkampeerders sterk in. Heelwat tente met jong mense en kinders. Die barmhartige samaritaan Uncle het gister weer sy deel gedoen. 'n Penta trek so 1 uur hier in en vanaf die begin sien ons die mense is deurmekaar. Maar daar is 2 mans en Colin wil nie te gou inmeng nie. Drie uur toe stap hy maar oor want toe kan hy sien daai tent gaan nooit regkom nie. Dit is toe ook so. Weer die eerste keer wat die mense kamp. Hulle wil hul voltent, met 'n rally awning voor en 'n multiroom opsit. En hulle wil alles gelyk doen! Colin sê toe maak los, maak los en begin amper van vooraf. Hulle moes ons hamer kom haal, hulle s'n se kop bly afval. Colin was 2 ure daar maar op die ou einde is alles mooi en reg. Hulle was so dankbaar, die een ou het tot hier na my gekom om dankie te sê dat ek my man vir hulle geleen het. En die ander een sê hy gaan vandag vis vang en ons gaan 'n vis kry.
Waar julle ookal is en wat julle ookal doen, ek hoop jul dag loop soos stroop.
Goeie môre aan almal. Geniet…
Goeie môre aan almal. Geniet julle dag en gaan groot.
Tannie Freda, n man wat se…
Tannie Freda, n man wat se rug seer is kan mos nie nou ewe skielik so oordadig aangaan en al die mans se tente wil opslaan nie. Om n man se tent op te slaan is eintlik n vrou se werk mos. Ek stel voor tannie moet n talk met die uncle hê en as sy voorkeure anders is, probeer verstaan, ons is nie almal dieselfde gemaak nie. 😂😂😂





Dankie Anton, het nou gedink…
Dankie Anton, het nou gedink dit is jy Tablet wat slim geword het
Maar op die Tablet is die Aktiewe blok onder die laaste inskrywing.