Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Selfde leeuwyfie? Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Wessel ... Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -2 hours ago
Wessel, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Gemsbok... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Stil pad Tulbagh toe. Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago

November 2018 Koffiekroeg

Brackenfell
Submitted by HennieBo on
Forums
Goeie more almal. Voorlaaste maand van 2018.
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 02/11/2018 - 14:37

Dankie Anton, het nou gedink dit is jy Tablet wat slim geword het yes

Maar op die Tablet is die Aktiewe blok onder die laaste inskrywing.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 02/11/2018 - 15:53

Thanx Mr Frontpuller.   Daai is nou baie handig en baie makliker en gouer.  Ja, nou sal dit net so lekker wees as daar nog so knoppie is wat af ondertoe wys.   Dit behoort nie vir jou 'n probleem te wees nie, wys my daar is niks wat jy nie kan regkry nie.yes

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 02/11/2018 - 19:39

Willem, mag ek vra waar val jy nou uit dat ek net sekere goed lees ?

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 02/11/2018 - 19:57

Willem, mag ek vra waar val jy nou uit dat ek net sekere goed lees ?

Ek dink dit kom van hier af op die "Alle Onderwerpe" draad?? 

"dan lees 'n ou ook net daardie gesprekke wat jy interessant vind en die ander slaan jy oor."

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 02/11/2018 - 20:52

Maar ek is mos nie die enigste een nie -  die goue reël by forums is mos dat jy liefs nie gal braak oor sêgoed wat jy nie van hou nie, jy blaai om en kyk na daardie goed wat jou interesseer ?

Voorie is reg hierbo, ek hou van die Alle Onderwerpe sleutel en ek soek daar my belangstellings uit.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sat, 03/11/2018 - 03:21

Goeie more hier op n Saterdagoggend.

My vriend het sopas kom kuier. "Hello darkness my old vriend". Hoor nou almal praat van krag wat af is. Ons hele area.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 03/11/2018 - 06:18

Goeie môre Almal.   Môre Marius! smiley Dit is goed om van jou te hoor.  Ek hoop dit gaan goed?  Ons het jou nogal gemis hierdie week.

Len: ek hou van die Alle Onderwerpe sleutel

 Ek is baie bly om dit te hoor Len smileyyes

Julle moet almal 'n wonderlike en geseënd Saterdag hé!

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sat, 03/11/2018 - 06:26

More oom Voorrie, aaah, lekker om gemis te word, n week van hecticness gehad. Aai tog, die frontloader het ook nog die gees gegee. Die wyfie is boos oor die wasmasjien se klein jakkalsies wat haar so aanhoudende probleme gee. Jip vandag moet ek nuwe een gaan soek.

My arme budget 😕😕😕😕

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sat, 03/11/2018 - 06:35

More forum maters julle moet n gatskop dag he koffie die loop soos gewoontlik soos stroop sterkte lekke soek na wasmasjien ou gees vrede

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sat, 03/11/2018 - 06:51

Goeie more julle 3. Dankie tog ek het n gasstoof in die kombuis. So kon ek darem koffie maak en ook vir die bure kookwater aangee. Niemand weet wat fout is nie en die elektrisiën gaan eers 7 uur begin werk

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 03/11/2018 - 06:57

Ek hoop dit gaan goed met almal op die Saterdagoggend.

Hier by ons kom die naweekkampeerders sterk in.  Heelwat tente met jong mense en kinders.  Die barmhartige samaritaan Uncle het gister weer sy deel gedoen.  'n Penta trek so 1 uur hier in en vanaf die begin sien ons die mense is deurmekaar.  Maar daar is 2 mans en Colin wil nie te gou inmeng nie.  Drie uur toe stap hy maar oor want toe kan hy sien daai tent gaan nooit regkom nie.  Dit is toe ook so.  Weer die eerste keer wat die mense kamp.  Hulle wil hul voltent, met 'n rally awning voor en 'n multiroom opsit.  En hulle wil alles gelyk doen!   Colin sê toe maak los, maak los en begin amper van vooraf.  Hulle moes ons hamer kom haal, hulle s'n se kop bly afval.  Colin was 2 ure daar maar op die ou einde is alles mooi en reg.  Hulle was so dankbaar, die een ou het tot hier na my gekom om dankie te sê dat ek my man vir hulle geleen het.  En die ander een sê hy gaan vandag vis vang en ons gaan 'n vis kry.

Waar julle ookal is en wat julle ookal doen, ek hoop jul dag loop soos stroop.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sat, 03/11/2018 - 07:11

Tannie Freda, n man wat se rug seer is kan mos nie nou ewe skielik so oordadig aangaan en al die mans se tente wil opslaan nie. Om n man se tent op te slaan is eintlik n vrou se werk mos. Ek stel voor tannie moet n talk met die uncle hê en as sy voorkeure anders is, probeer verstaan, ons is nie almal dieselfde gemaak nie. 😂😂😂

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus