Sorry oom Wilsur, ek was so…
Sorry oom Wilsur, ek was so bietjie haastiig. 😀😀😀
Goeie more Deon en ook die…
Goeie more Deon en ook die ander.
Lekker vinnige bui reen gehad verlede nag.
Lekker Dinsdag vir elkeen
Goeie môre mense! Julle…
Goeie môre mense! Julle moet 'n awesome dag hé! ![]()
![]()
Goeie more Kampforum familie…
Goeie more Kampforum familie, en ook die wandering ghost, geniet julle dag ten volle, amper al weer volgende jaar die tyd😂
More Johan en Anton. johann…
More Johan en Anton.
johann, die jaar snel nou vinnig na die einde toe.
Goeie more almal. Lekker dag…
Goeie more almal. Lekker dag vir julle.
More almal
Dit bly koud hier by ons en reën word vir vandag voorspel. Vanaand slaap ons by die huis, Colin moet 6 uur môreoggend by die hospitaal wees.
My suster se dogter, wie die Classique gekoop het, kom kamp van môre af langs ons. Ek sien gister onder die nuwe lede sy het aangesluit hier, Santie Lotz. Ek sal haar bietjie inlig oor die reël dat jy moet saam gesels.![]()
'n Baie lekker dag vir almal.
Goeie môre Hennie, Johann,…
Goeie môre Hennie, Johann, Stoffel, Antie en Gerhard! ![]()
More aan almal
As ek ou gesie se foto sien laat dit my dink aan horor movies julle almal moet n gatskop dag he vol vreugte sterkte daar Freda koffie loop soos stroop vrede
Goeie more kampmaters. Lug…
Goeie more kampmaters. Lug en aarde mooi skoon gewas by die myndorp. Sterkte vir Uncle Collin en geniet jul kamp verder.
Lekker dag vir almal !
En 'n wonderlike goeie more…
En 'n wonderlike goeie more aan ieder en elk hier, mag julle 'n geseende dag beleef.
Antie, baie sterkte vir die Ingelsman, ons gebede is met julle altwee.
Hier by Shammah Bosveld lyk dit maar bietjie oes vamore. Gister so 5 uur kom hier mos so lekker storm wind, die lug is pikswart, en die wind maak 'n lelike stof storm, rooi sand waai die wereld vol.
Hier is heelwat ouerige mense in die kamp, so toe die wind so erg begin waai, is Petra en ek hier in die kamp in om te kyk waar kan ons help, kan mos nie verwag van die ou tannies om soos onse eie Freda "pole dancing" te doen nie. Met die gejaag om mense te help met hul tente, dink ons nooit daaraan om ons wa se vents en deur toe te maak nie, tent is ook heel oop.
Maar kyk hierdie was nie sommer so windjie nie, die sink afdakke se plate ruk los, dit klink soos oordeels dag met daai sinkplate wat so slaan op die staal raamwerk. hier en daar vlieg 'n sinkplaat, of 'n stuk tent, shade cloth bomas waai die wereld vol.
Elk geval ons het gehelp waar ons kon en toe die reen uitsak kom ons toe terug huis toe......... ai toggie, lyk of kinders met emmertjies sand in die tent en wa uitgegooi het, ons moes voor ons in die bed kon klim eers al die beddegoed buite gaan afskud, sommer so laag rooi sand op die bed.
Gelukig het ons absoluut geen skade gehad nie, die afdak bo ons kamp het so paar plate verloor, maar dit is die kamp se probleem, gelukig.
Ses uur vamore toe ek terug kom van my stap is Petra besig om te vee en te was. Twintig oor agt toe is ons klaar en kon ons op die stoep sit met 'n lekker koppie koffie en kyk hoe skarrel almal.
Sal maar later stap en kyk waar ons kan help.
Terloops my vroutjie verjaar more, so ek vermoed ek sal seker more oggend ontbyd in die bed kry, kan ook nie help om te wonder wat voer sy in die mou om my more te verras en bederf nie?
Ek laat haar maar altyd toe om my op haar verjaarsdag so bietjie te bederf - shame sy geniet dit so!
Goei more almal Die aarde…
Goei more almal
Die aarde is mooi skoongewas hier by ons na gister se bui reën maar aai daai wind wat so waai. Ek het maar besluit om `n reuse Bottlebrush boom wat op my werf staan bo te laat "trim" want ek sien al hoe val daai boom op die huis karre en wa.
Tante Freda Sterkte met die oompie se prosedure on glo en vertrou dat dit verligting gaan bring.
Oom Arie bly julle is ok Groetnis vir tante Petra
Dankie almal, vir die mooi…
Dankie almal, vir die mooi wense. Ek verseker julle, ek wens meer as julle dat die inspuiting gaan help. Dit voel al of my rug seer is!! Colin sê ook baie dankie.
Arie, jammer om te hoor van daai wind. Darem bly dit waai nie net by ons nie. Sal nou maar nie help nie, hitte, koue, reën, alles kan maar kom as jy kamp, maar wind is en bly maar goor! Vandag is ons wind yskoud, boonop.
Arie, sorg jy nou net dat jy Petra môre erg bederf!!





Hier het een verwoeste wind…
Hier het een verwoeste wind nou begin waai ?