Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Vliegkaartjies November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Vlieg kaartjies November 2026 Geert -2 hours ago
Frankryk Springbok rugby Geert -15 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -23 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -23 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -1 day ago

Kamp en die blou ape

Secunda
Profile picture for user Sleep nou
Submitted by Sleep nou on
Forums

My middelste meisiekind en gesin is vir n week by Natalia, hulle kamp nie maar bly in n woonstel en sy sê dis nag tot die vensters innie woonstel moet toegemaak word virrie ape hulle het deur boonste teras gestap en gese die ape jag lekke aan hulle loop tot by swembad rond. Nou wat is die oplossing vir die blou ape probleem is daar n oplossing ?

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 14/11/2018 - 07:55

Ek kan dink dat dit nogal 'n onaangename ondervinding moet wees as daar BAIE ape is wat oral pla.   Hulle is natuurlik daar vir die kos wat hulle kry.

Ek neem aan as daar nie meer kos beskikbaar sal wees nie, dat hulle na 'n ander plek sal gaan waar dit beter is vir hulle?  So daar sal seker strenger maatreëls in plek gesit moet word om te verhoed  dat hulle glad nie by of naby die oord toegang tot kos het nie?

Ek was nog nooit by Natalia nie en dus ken ek nie die oord nie.

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Wed, 14/11/2018 - 07:56

Dit is altyd vir mense so "OULIK" as hulle die ape voer.  as die aap dan hulle kind byt of hulle tent skeur word daar na skiet goet gesoen en dan moet die ape deurloop...   Mense sal reg langs die bordjie staan wat sê " MOET NIE DIE APE/ DIERE VOER NIE" en die ape voer.   

 

Daar is mos mense wat dink dat  hulle maar die voëls kan voer.....  die voëls kan net so n groot probleem word.  

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 14/11/2018 - 08:43

Ja julle van die mense steur hulle nie aan die bord wat se moenie diere voer nie moenie ape voer nie dis ons die mens wat hulle so maak stop die voer van ape dan sal hulle aanbeweeg en jou los

0
Elarduspark
Profile picture for user GerhardM

GerhardM

Wed, 14/11/2018 - 09:09

Die ape daar het slim geraak en weet waar die kos gestoor word, want met die jare saam het hulle gesien as die mense dit invat iewers. My ouers het Maandag by Natalia ingeboek in 'n woonstel ook, maar ek weet hulle hou maar als toe.

Dis soos Deon sê, die mense het hulle gevoer en nou raak hulle 'n probleem en begin die mense hulle skiet. 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 14/11/2018 - 09:23

By Willows kry ons ook baie ape.  Ons sorg daar behoorlik dat daar niks is wat hul na ons toe trek nie.  En dit werk.  Hulle is lekker slim, weet later waar moet hul nie hul tyd mors nie.   Dit gaan nie net oor mense wat die ape voer nie.  Hulle sal gaan al voer niemand hulle nie.  Hulle weet daar is altyd iewers kos en vullissakke is een van hul gunsteling teikens.

Gees, ek is skuldig met die voëls.  Ek neem spesiaal saad saam vir hulle.   Soms sit hulle en wag vir die saad.smiley

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 14/11/2018 - 09:45

.................wildparke is die goue reël : moet NOOIT wilde diere of voëls voer nie en dieselfde reël behoort toegepas te word by vakansie-oorde.  Na 'n paar dae is jy nie meer daar om te voer nie en dit is dan wanneer die diere en voëls vir ander toeriste 'n las raak.

As jy by jou huis voëls wil aantrek, kan jy dit maar doen mits jy wilde-voëlsaad gebruik want jy kan hulle daagliks voer.

Wat die ape betref : die bestuur van 'n oord moet toesien dat vullis-dromme aap-bestand is, soos byvoorbeeld in die Kruger Wildtuin.  Toeriste moet toesien dat geen kos sigbaar of bereikbaar is wat ape aanlok nie, veral ook vullis-drommetjies binne-in tente of afdakkies nie.  Indien al hierdie maatreëls nie help nie, behoort bestuur die lastige trop uit te wis want hierdie ape teel aan en groei op om op geprosesseerde kos te teer in plaas van hul natuurlike voedsel.

0

Ek klap hulle met my paintball geweer. As ek mis dan sit ek hom op repeat dan spat die ape poef.

Die wat oorbly loop of sal ek se swaai n baie wye draai om my kamplek.

Hulle is baie slim, hulle KAN baie goed onthou.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 14/11/2018 - 10:43

Net soos die seevoëls.  As die dagbesoekers en mense in rondawels padgee, is hulle soos aasvoëls soos hulle kos soek daar.  As daar swart sakke met vullis rondstaan, skeur hulle dit oop.  Met ander woorde, vir die diere en voëls is dit deel van hul kos-soek-proses, maak nie saak waar nie.  Hoe makliker, hoe beter.laugh

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Wed, 14/11/2018 - 13:19

Ek gaan nie baie hier seg nie maar was by n kamp by Bobbejaanskloof waas daar op die bobbejaane geskiet is met n .22. Een van die manetjies is gewond en het sleg seer gekry...  die daad is deur die bestuur van die oord gepleeg en dit op n sondag middag terwyl al die kampeerders in die kamp was, (Die maandag was n vakansie dag.), tenaanskoue van die kinders. ek dink dit was die slegste ding wat kin gebeur het en dit dan nog die dier waarna jy die oord vernoem......

Om op die keese te skiet is nie die antwoord nie. dit is die kampeerders wat hulle gebied binnedring.  Doen jou deel en sit weg die kos wat hulle lok.  

By Marakele was daar net so baie ape maar ons is nie eenkeer gepla nie.  Ons het die gewoonte om die wa se dak te laat sak en alles wat eetbaar is buite sig te bere.   

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 14/11/2018 - 13:44

kampe skiet hulle ape met paintball gewere

Nico, ja dit het ek by Klein Kariba en Buffelspoort gesien, maar ek dink nie die ouens skiet om raak te skiet nie, want elke keer was dit mis.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 14/11/2018 - 13:55

Weereens glo ek dat Petra en ek maar baie bevooreg is, nog nooit werklik probleem met ape gehad nie?

Daar staan geen kos rond in die tent nie, die wat binne in die wa is is binne in kaste sodat dit nie sigbaar is deur die "vents by die pop up roof" nie.  By die vents is daar orals daai Sta Soft refil goed, dit keer dat die ape nie kos binne in die wa ruik nie.

Ons laat sak nooit ons dak nie, slegs waneer ons die wa sleep, ek skiet nie die ape met ketties of paint balls of wat ook al nie. Sien wel hulle kan ons bure nogal erg pla maar los ons uit, daar is niks om te aas by ons nie?

Ek stem met Deon, ons gaan in hulle gebied om nader na die natuur te kom, hoekom hulle dan verjaag?

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 14/11/2018 - 14:06

By Willows kom maak die ape ook een of twee keer elke dag 'n draai.  Na 'n dag of drie los hulle ons ook uit as hul agterkom daar is nie kos nie.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 14/11/2018 - 14:18

Seker die dat ons anmekaar probeer terug gaan bos toe???

Moet ook erken, ek het nooit jou oupa geken nie - maar my oupa was beslis nie 'n aap niedevil

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 14/11/2018 - 14:35

Ek moet my eintlik weerhou van kommentaar - maar ape en bobbejane wat my verpes, maak my rooi om die kraag. Hier waar ons woon (Kleinmond/Bettiesbaai/Pringlebaai/Rooi-els) wil die sogenaamde groenes ons vertel dat ons (die mense) is die gaste is in die bobbejane se gebied. Twak man!!

Vir jare het hulle ons nooit kom verpes nie. Hulle was in die berg en ons in die dorp. Nou's hulle ook in die dorp. As dit 'n skaars en bedreigde diersoort was, sou ek nog begrip hê om die lotjie te verdra. Die goed is inderwaarheid 'n verpesting. Maar ons mag nie aan hulle raak nie.

Cape Nature vang luiperds en rooikatte wat die pikkewyn-kolonie by Stoney Point. Bettiesbaai as 'n maklike bron van voedsel sien - en verplaas hulle na areas baie ver van hier. El lewer nie 'n pleidooi dat die bobbejane geskiet word nie, maar hulle kan ook gevang word en ver van mense verwyder word.

Dieselfde kan by kampeerplekke (en veral ruskampe in die wildtuin gedoen word). Dit is inderwaarheid wat baie jare gelede gedoen is met bobbejane wat langs die paaie in die Krugerwildtuin "gebedel" het - danksy onnadenkende toeriste. Ek gaan nie nou al die detail gee wat veldwagters destyds gedoen het nie (soos vertel in Custos, destydse maandelikse tydskrif van SANParke). Maar dit is haalbaar - as daar net 'n wil is.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus