Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hot Rock - steeds nie die einde nie.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -14 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -15 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -16 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -16 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -16 hours ago

Karavaan Brandblussers

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Ek begin 'n nuwe draad, wil nie die ander draad ivm brand gevare kaap nie, al hoewel die verband het, en ek soek advies.

Ek het nou vir die Penta 'n nuwe brandblusser gekoop want ek is keelvol vir "optop" teen R90.00 per slag, wat vir my buitensporig duur is, as jy kyk wat kos 'n nuwe een.

Nou, my vraag is, die feit dat my ou blusser voortdurend druk verloor het, kan dit 'n defek op die blusser wees, of sou dit miskien wees omdat die blusser horisontaal lê?

Ek het dit nog elke keer na 'n groot brand onderneming plaaslik gevat vir die dienste,  hulle sou tog seker kon optel as daar 'n lek was? 

Wie kyk gereeld na julle brand blussers wat ook so plat lê.

video
Waar my wa staan

Arie

Fri, 16/11/2018 - 14:37

Matroos dankie vir die inligting, jy het nou wragtag my vuur geblus, ek het maar altyd na daai wysertjie gekyk?

Terloops die grasdak lapas, min mense bessef as die gras dak nader as 'n meter van jou huis af is, moet jy versekering premie betaal asof jou hele huis grasdak is, die premie is sowat 3 keer meer as vir gewone dak.

As jy nie jou versekeraar ingelig het nie, sal hulle nie uitbetaal in geval van brand nie. sluit dan natuurlik ook ander regulasies soos jy genoem het in, brandblussers en weerlig afleier.

0
Centurion

Matroos21

Fri, 16/11/2018 - 16:32

Ek voeg 'n uittreksel uit die verpligte spesifikasies vir karavane en sleepwaens mbt brandblussers ook net ter info.

Ek moet waarsku oor die gebruik van die poeier tipe in klein spasies soos my bakkie se kappie of 'n karavaan.   Jy kan dood met die inaseming daarvan.   In Engeland is daar 'n "water mist" blusser wat aanbeveel word vir klein spasies.  Die kan glo ook op elektriese vure gebruik word.   Die tipe het ek nog nie hier gesien nie maar dan 'shop' ek by Makro of AA

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 16/11/2018 - 17:15

...kant af Maroos, ook baie dankie.  Het ook soos Arie net die metertjie dopgehou.

Sal dadelik beide my brandblussrs laat diens.

 

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 16/11/2018 - 20:48

Baie dankie vir die inligting matroos, ek sal definitief al my brandblussers laat diens by die plek wat Segeok gebruik. Die mense wst tot dusver my goed gediens het, is buitensporig duur.

Gepraat van versekering: my versekering het aangedring op 'n minimum van 4.5 Kg brandblusser onder die lapa, (40 vk meter, en ek het ook liewer nog 'n 2.5 Kg blusser onder die lapa) maar nie op  weerlig aflyer nie. My kapa is 2.2m van die huis af,  en dit kos my 'n addisionele paar rand per maand, omdat nader as 5 meter is.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sun, 18/11/2018 - 12:11

Ek neem kennis van al die info,  en wedervaringe.

Ek wonder net, as julle praat van weerligafleiers, was dit opgesit deur die lapa-bouers, en of ander persoon. Was dit gedoen volgens SABS spesifikasies, en was dit getoets met die regte apparaat en was 'n sertifikaat uitgereik?

Hoekom vra ek so baie?? Ek het lapa laat bou in 2003, en het 5 ouens weggejaag met hulle sogenaamde weerligafleiers. Groot pot strooi!!!

Ekself het in 1976 2 afleiers gebou om my huis te beskerm, nadat weerlig die skoorsteen geklits het, en my so effe bygekom het waar ek by stoof besig was. 

Hierdie goedjies wat hulle opsit, stuk paal wat vasgesement word, SONDER enige koperkabel of koper "strap"wat bokant uitsteek, en dan onderpunt begrawe word, vasgemaak aan ou motorverkoeler of 2, wat klam gehou word op een of ander manier,  WERK ONGELUKKIG NIE.

0
Waar my wa staan

Arie

Sun, 18/11/2018 - 15:45

Frans die assuransie maatskappy aanvaar net weerlig afleiers wat gesertifiseer is, die "back yard" en "jerrie bouers" s'n is nie aanvaarbaar nie.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sun, 18/11/2018 - 17:24

Arie, dis presies waarom ek dit genoem het. Maak seker dat jou afleier gesertifiseer is.

Ek het myne weer laat sertifiseer in 2003, deur instansie wat ESKOM kragdrade doen. Hulle gebruik meter wat gesertififseer en ge-yk is, en maak nuwe pakkie Duacel batterye in jou teenwoordigeheid oop, en doen toetse.

My twee afleiers is 17,5meter hoog, as gevolg van my hoë dak - nok is 9.7m van grond af. Die hoogte van afleiers het getoon dat my bure se lapa ook deur my een afleier beskerm word.

Myne het ek gebou soos genoem in 1976, en ek het munispaliteit se sparky gekry om te kom toets. Die goed is so gebou dat jy wel kan klammigheid in grond kry. Die 2003 toetse en sertifisering was 27 jaar later, en die ou wat toets kon nie lesings glo nie. Hy het later ander kabels gaan haal en weer vasgemaaken getoets. Die algemene lesings wa minder as 2 ohm, en hy het 2 ohm op sertifikaat geskryf - volgens hom was dit die eerste ker in sy loopbaan wat hy so=iets teëkom.

Ek het op die myn waar ek eeue terug gewerk het, se spesifikasies van die plofstof magasyne se afleiers gewerk.

Die punt is, in 2003 het ek 5 ouens hier gehad vir kwotasies, indien ek nuwe een moes oprig. NIE EEN het geweet waarvan ak praat.

Ek het my sertifikaat op 20 Maart 2003 ingehandig by PRESTASI - nou INDWE, en niemand het geweet van so-iets nie!!!!, ek was eerste persoon wat tot op daardie dag so-iets inhandig.

Jammer vir draadkaping.

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 18/11/2018 - 19:02

Frans, ek het kwotasies aan gevra vir weerlig afleiers, R34 000.00, voor ek dit betaal gooi ek die gras af en sit teels op. 

Nog nooit het enige versekeraar op weerlig afleiers aan gedring nie, ek het "geshop" vir nuwe pryse (doen dit jaarliks) en King Prys was die eerste wat ooit daarna gevra het. Nodeloos om te sê, ek hou my huis struktuur by due huidige versekeraar.

Ek het ons plaaslike brandweer stasie gekontak, en hulle reken die brandblusser kan niks  oorkom as dit plat  lê nie, maar het bevestig,  soos iemand vroeër, dit moet jaarliks gediens word. Nie net vir versekering nie,  maar ook vir gemoedsrus, dan weet jy, as jy dit nodig kry is die kans op 'n faling bykans zero.

0
Heidelberg GP

StephanS

Sun, 18/11/2018 - 21:53

Iets wat ek raak gelees het. Nice to Know

 

LIFESPAN OF A FIRE EXTINGUISHER

When you purchase a new carbon dioxide, pressurized water, or wet chemical extinguisher, you can expect it to last at least five years. For dry chemical extinguishers, the minimum lifespan is 12 years.

It’s at these intervals that the National Fire Protection Association (NFPA) requires hydrostatic testing, which subjects the cylinder to high pressure (usually 500 psi) to ensure adequate shell integrity. If the extinguisher holds up, it can be recharged and put back into service for another five to 12 years until the next hydrostatic test is required.

NOTE: Non-rechargeable, stored pressure extinguishers are disposable and should be replaced every 12 years.

EXTENDING THE LIFESPAN OF A FIRE EXTINGUISHER

As long as you keep up with required hydrostatic testing and the maintenance requirements outlined in NFPA 10, you can expect your fire extinguishers to last for decades.Here’s what you must do to extend the lifespan of a fire extinguisher:

Perform monthly inspections on all types of fire extinguishers. Make sure they are installed in the proper locations, feature legible labels, have no signs of tampering, and possess a full charge.

Schedule professional fire extinguisher inspections once a year.

Hydrostatically test your extinguishers every five or 12 years, depending on the type.

Perform required six-year maintenance on rechargeable dry chemical fire extinguishers.

HOW TO TELL WHEN TO REPLACE A FIRE EXTINGUISHER

Obviously, you should dispose of a fire extinguisher if it fails a hydrostatic test. Non-rechargeable fire extinguishers also have a shelf life of 12 years, so you should replace it after this much time has elapsed. Additionally, the 2007 edition of NFPA 10 calls for the disposal of dry chemical extinguishers manufactured before October 1984.

If none of these circumstances apply to you, the next step is to check your fire extinguishers for signs of damage. The following problems warrant service or replacement:

A broken or leaky seal that prevents the canister from holding a charge.

A clogged, cracked, or ripped nozzle or hose, which could cause a malfunction if you attempt to use the extinguisher.

Signs of tampering, including an unsealed or missing safety pin or damage to the outer shell.

A wobbly or broken handle, which could make the extinguisher difficult to use.

A missing inspection tag, making it impossible to tell when the last service took place.

Rust or condensation from a humid environment, which could cause the trigger or nozzle to malfunction.

Loose components, which could occur if the extinguisher is installed in an area with excessive vibrations from heavy machinery or vehicles.

A bumped or dropped canister that may result in a broken seal or issues with other critical components.

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Mon, 19/11/2018 - 07:12

Om die waarheid te te sê, ek het nog nooit n brandblusser hanteer nie. Wonder of ek ooit die ding sal aan die gang kry en met respek nog minder die wyfie. 😐😐😮😮

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 19/11/2018 - 08:39

Oom Gees, nee moet nie bekomerd wees daaroor nie, ek het 'n intensiewe kursus in branbestryding voltooi.

As daar 'n vuur uitbreek moet jy direk die volgende stappe neem;

1] Gooi brandblusser in die vuur.

2] Hardloop laat dit bars weg van die vuur af.

3] Skreeu vir jou vrou om jou beursie en selfoon saam te bring as sy by die wa uitkom.

4] As jou vrou kon uitkom, neem jou foon by haar [onthou om haar te bedank] en bel 911

5] As sy nie kon uit kom nie, hoop dat iemand anders dalk 911 sal bel.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 19/11/2018 - 11:42

Moet dit net nie doen nie !!!

video
0
Vaalpark

Johann L

Mon, 19/11/2018 - 13:45

Dankie Stefan, baie waardevolle inligting.

Daar is nie medisyne vir stupitgeid nie.😀 

Moet dit net nie doen nie !!!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus