Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Met Tequila Spek gerolde KaasJalapenos Rona du Plessis -5 hours ago
Beetsop Ertjie Sop! - Hester Kruis Jan Meyer -7 hours ago
KI-oor die muur Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -8 hours ago
Nou's ek honger!.... Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -14 hours ago
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -17 hours ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -17 hours ago

Desember 2018 Koffiekroeg

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more medekampers.

Die eerste dag van die laaste maand van 2018. Saterdag en gaan besig wees. Moet ook "load shedding" in gedagte hou. Dit is mos nou weer in volle werking 

Geniet die dag tenvolle

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 03/12/2018 - 08:17

........môre Suid-Afrika uit 'n natterige Kaapstad, soos ek gisteraand voorspel het.  Dit het vanoggend 06:30 saggies begin reën  -  ek skat reeds so 4mm en dit beteken 1000 liter in my reëntenks !  Ek het nog plek vir 'n verdere 5000 liter en dit lyk belowend vir die res van die dag.

Ek gaan dus my Maandag heerlik geniet en ek hoop jy gaan joune ook geniet.

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 03/12/2018 - 08:46

Gees, ek sal jou laat weet watse presentjie ek soek hierdie jaar.   Len, ek is bly julle reën het toe gekom.  Toe ek vroeër vanoggend wakker was, was dit stil buite.  Ek het weer gaan slaap en toe ek weer opstaan, toe waai die wind alweer.   Dalk bring hy van die Kaapse reën hierdie kant toe.

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Mon, 03/12/2018 - 08:51

Tannie Freda my budget is baie tight die jaar, maar die gesie het `n oorvloed van liefde en drukkies wat hy kan uitdeel. smiley

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 03/12/2018 - 09:52

Môre sê Kampforum.

Baie dankie julle, ja Geesie my mags nommer met " 714"

Len, wens ons kan ook so bietjie reën kry hier in die Noorde.

Geniet julle dag in vrede.

0
Johannesburg

WilleWillemien

Mon, 03/12/2018 - 10:01

...julle.

Dankie virrie koffie.

Geluk met jou verjaarsdag Wilsur.

Henniebo, is jy dieselfde Hennie wat voorheen in Rustenburg gewoon het?

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 03/12/2018 - 10:11

Henniebo, is jy dieselfde Hennie wat voorheen in Rustenburg gewoon het?

  • Willem, nee ek is gebore in Vereeniging en het std 3 Roodepoort toe getrek.
0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus