Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie nuus Verskoning Rona du Plessis -32 minutes ago
Vir Maurits Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -44 minutes ago
Dankie......... Verskoning Len Loader -1 hour ago
Maurits... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Montagu Oktober 2026 saam gesels maurits1 -1 hour ago
Dankie Wessel. Oktober 2026 saam gesels Jan Meyer -2 hours ago

Desember 2018 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more medekampers.

Die eerste dag van die laaste maand van 2018. Saterdag en gaan besig wees. Moet ook "load shedding" in gedagte hou. Dit is mos nou weer in volle werking 

Geniet die dag tenvolle

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 03/12/2018 - 08:17

........môre Suid-Afrika uit 'n natterige Kaapstad, soos ek gisteraand voorspel het.  Dit het vanoggend 06:30 saggies begin reën  -  ek skat reeds so 4mm en dit beteken 1000 liter in my reëntenks !  Ek het nog plek vir 'n verdere 5000 liter en dit lyk belowend vir die res van die dag.

Ek gaan dus my Maandag heerlik geniet en ek hoop jy gaan joune ook geniet.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 03/12/2018 - 08:46

Gees, ek sal jou laat weet watse presentjie ek soek hierdie jaar.   Len, ek is bly julle reën het toe gekom.  Toe ek vroeër vanoggend wakker was, was dit stil buite.  Ek het weer gaan slaap en toe ek weer opstaan, toe waai die wind alweer.   Dalk bring hy van die Kaapse reën hierdie kant toe.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Mon, 03/12/2018 - 08:51

Tannie Freda my budget is baie tight die jaar, maar die gesie het `n oorvloed van liefde en drukkies wat hy kan uitdeel. smiley

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Mon, 03/12/2018 - 08:53

Oom Wilsur se verjaarsdag?, baie geluk oom, waar slaat die wyser die jaar? Glo so iewers in die sestig. Alles wat mooi is. smiley

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 03/12/2018 - 09:52

Môre sê Kampforum.

Baie dankie julle, ja Geesie my mags nommer met " 714"

Len, wens ons kan ook so bietjie reën kry hier in die Noorde.

Geniet julle dag in vrede.

0
Johannesburg
Profile picture for user WilleWillemien

WilleWillemien

Mon, 03/12/2018 - 10:01

...julle.

Dankie virrie koffie.

Geluk met jou verjaarsdag Wilsur.

Henniebo, is jy dieselfde Hennie wat voorheen in Rustenburg gewoon het?

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 03/12/2018 - 10:11

Henniebo, is jy dieselfde Hennie wat voorheen in Rustenburg gewoon het?

  • Willem, nee ek is gebore in Vereeniging en het std 3 Roodepoort toe getrek.
0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 03/12/2018 - 10:56

..............veels geluk met jou verjaarsdag vandag.  Seënwense vir 'n gelukkige en gesonde nuwe lewensjaar.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus