Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear

luister nou wereldwyd stereo

help lekker reseptenuwe onderwerparrowgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

40695 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ons maak gebruik van q no… As stupidgeid jou geld kos... StephanS -4 hours ago
In elk gev, ons hoef nerens… Desember 2018 Sarel Marais -4 hours ago
Die Marais' gaan nerens Desember 2018 Sarel Marais -5 hours ago
Ken julle Strandskloof? … Baie Welkom Sarel en Suzette Marais! Voortrekker -5 hours ago
Ja, Strandskloof is so 'n… Baie Welkom Sarel en Suzette Marais! Sarel Marais -5 hours ago
Freda... Baie Welkom Sarel en Suzette Marais! Len Loader -4 hours ago
My kar en sleep waentjie… As stupidgeid jou geld kos... Johann L -5 hours ago

Grondpaaie is lekker

Submitted by Johan K on Wed, 24/10/2018 - 12:39
Forums

Na aanleiding van Arie se opmerking op die Sizakala draad dat teerpaaie vervelig is (waarmee ek saamstem), plaas ek hier 'n paar grondpad foto's van waar ek al rondgeloop het. 

Foto
Tussen Northam en Koedoeskop - Limpopo
.
Tussen Leeupoort en Assen
.
Tussen Assen en Brits

 

.
Ook tusen Assen en Brits by 'n ander geleentheid. Vir die wat dalk al daar was, hierdie is die pad wat voor Dube en Dikholo verby loop.

 

Secunda

Sleep nou

Thu, 25/10/2018 - 20:32

Wessel band druk speel groot rol vat maar n band repair kid ook saam

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 25/10/2018 - 21:43

Afrika is nie vir sissie nie, maar Afrika is die mooiste land, geen twyfel daaroor nie.

Ek het 'n T-hemp wat sê "In America they call it Survivor, in Africa we call it Camping" 

Waar my wa staan

Arie

Fri, 26/10/2018 - 07:42

Johann, pragtig gestel!!

Ja die Hel is ook een van onse landjie se mooi plekkies, die pad soontoe is heel lekker en mooi.

Sleep nou, ja bandruk, ons kan seker lank daaroor praat? Baie sidewalls word stukkend gesny omdat baie mense geneig is om hul wielle te sag af te blaas vir grond pad.

Ek was einde verlede jaar in die wêreld vir werk en kon nie die versoeking weerstaan om op 'n naweek 'n grondpad te gaan verken en 'n stukkie Kalahari te ervaar nie.

Die Oppenheimers besit ook langs die roete 'n wilds reservaat genaamd Tswalu Lodge met sy eie vliegveld met 'n geteerde aanloopbaan. Gaan kyk maar op Google Earth. Dit is net kort duskant die grondpad se aansluiting aan die R31 tussen Van Zylsrus en Hotazel.

.

.

.

Secunda

Sleep nou

Fri, 07/12/2018 - 09:38

Grondpaaie nie vir sussies nie net soos Johann se maar die draad van Johan K  laat my besef op teerpad mis jy so baie van ons land en plan moet daar gemaak word om op die grondpaaie te kom en die mooi te sien wink

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Fri, 07/12/2018 - 09:43

Gronpaai is gaga, dit maak my wa se onderstel seer, laat grond op my Navara se enjin kom en my ABS brieke werk nie so lekker daar nie, het al `n paar keer amper my gat gesien met brieke wat vat en los, vat en los.

Mens kan niks sien met al die stof en o wee as iemand nog voor jou ook ry, nee wat!smiley

Centurion

Voortrekker

Fri, 07/12/2018 - 10:09

laat grond op my Navara se enjin kom en my ABS brieke werk nie so lekker daar nie, het al `n paar keer amper my gat gesien met brieke wat vat en los, vat en los.

 Dalk tyd vir 'n Toyota? cheeky

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Fri, 07/12/2018 - 10:09

Dan praat ek nie eers van hoe `n mens se bande se loopvlak lyk na `n tyd nie. Dit lyk of iemand `n klomp miere swaarde gegee het en beveel het om met die bande te baklei. smiley

Waar my wa staan

Arie

Fri, 07/12/2018 - 11:52

Nou wil dit vir my voorkom of die Navara dan eintlik 'n bakkie vir dames is??

ABS remme wil nie werk op 'n grondpad, enjin word vuil en wie weet wat nog, so eintlik 'n bakkie vir ma om mee shopping te doen.

Lees juis nou die da op 'n 4x4 forum dat die Navara geen staal beskerming vir die enjin, ratkas en diffs het nie, blykbaar is dit na-verkope items wat mens dan ten duurste moet aansit???

Bevestig dan maar net weer dat my vertroue in Ford absoluut gegrond is?

En ek het eintlik nogals gedink Nissan bou goeie bakkies, toe nie?

Centurion

Voortrekker

Fri, 07/12/2018 - 11:59

Bevestig dan maar net weer dat my vertroue in Ford absoluut gegrond is?

 Ek lees ook die anderdag op kampforum dat die Ford's net so 'n spul afterfit items benodig wanneer mens hulle uit die stad uit wil ry?  

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Fri, 07/12/2018 - 13:55

 of die Navara dan eintlik 'n bakkie vir dames is??

Hoofrede hoekom ek hom gekoop het,..... is maklik om dames binne hom te kry. smiley

`n Regte,

 

Waar my wa staan

Arie

Fri, 07/12/2018 - 15:41

Voorie, daai goed is net om die trok soos 'n lrismisboom te laat lyk, daar is mense wat dink dit is pragtig????????

Maar die Ford is reg vir grondpad of off road net soos jy haar van die vloer af koop. Alle belangrike onderdel is klaar beskerm, insluitende die brandstof tenk.

En die ABS remme werk op grondpad ook.

Secunda

Sleep nou

Sat, 08/12/2018 - 03:38

Ou gees nee wat daai Navara is grondpad se baas gaan toets hom bietjie op ons grondpaaie jy sal verbaas wees wat mis ons almal wat net op teer ry wink