Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Alternatief Oktober 2026 saam gesels Geert -16 minutes ago
Ek verskil Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -17 minutes ago
Braai rots of net.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Lava Stone.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Die BOm program Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Graniet Oktober 2026 saam gesels neef Herman -5 hours ago

Grondpaaie is lekker

Submitted by Johan K on
Forums

Na aanleiding van Arie se opmerking op die Sizakala draad dat teerpaaie vervelig is (waarmee ek saamstem), plaas ek hier 'n paar grondpad foto's van waar ek al rondgeloop het. 

Foto
Tussen Northam en Koedoeskop - Limpopo
.
Tussen Leeupoort en Assen
.
Tussen Assen en Brits

 

.
Ook tusen Assen en Brits by 'n ander geleentheid. Vir die wat dalk al daar was, hierdie is die pad wat voor Dube en Dikholo verby loop.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 24/10/2018 - 20:15

Hier ry ons saam met vriende in die Cederberge, nog vol sneeu !

.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 25/10/2018 - 07:36

Almal verkeerd, dis nie 'n Landy nie maar Jeep !  Die Pathie het in die middel gery om beskikbaar te wees  om voorste en agterste voertuie te help wanneer hulle probleme optel. (Daardie Jeep is intussen verkoop en met 'n Prado vervang  -  te veel moeilikheid en te onekonomiese brandstofverbruik.) Om in die middel te ry het ook die voordeel as die Pathie 'n pap wiel kry, is daar altyd iemand agter my vir morele ondersteuning.

Hennie, dis presies hoekom ek 'n SUV verkies.

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 25/10/2018 - 07:40

Die Pathie het in die middel gery 

 Aaah dankie Len vir die verklaring.  Ek dog hy ry in die middel om van agter gestoot te word en van voor getrek te word?   Ek sien nou dis 'n Jeep.   Die landy is seker lankal bo?

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 25/10/2018 - 08:05

Ek het my bakkie nou laat stofdig maak nadat ek van Namibië teruggekom het waar ons bykans 400 km gruispad gery het. Ek vertrou dit werk, want ek het sedertdien nog nie weer gruispad gery nie. Ek is verwys na Hermanus Auto Fitment Centre. Laasgenoemde verseker my dat my stofprobleme op 'n einde sal wees. Die koste was R850.

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 25/10/2018 - 10:31

Ek het die draad nou geniet dis so jy sien n ander wereld as jy van teer pad afklim en grondpad ry lekke

0
Meyerton

Segekok

Thu, 25/10/2018 - 11:05

Hier is my oplossing vir stof in die canopy..  

Het ventelasie klap ingebou. wanneer dit oop is word daar n hoë druh in die canopy opgebou wat keer dat die stof in die canopy inkom. 

 

0

Middag mede kampers

Julle kan darem lekker 'n gespreklyn verwring met mooi fotos en stofdig kappies.

Ek wag steeds om te hoor wat julle raad is om papwiele op agterwiele, en sleepwaens te verhoed. Gebruik julle spatskerms voor die wiele??

Tree julle voorkomend op of is julle ingerig en bekwaam om papwiele langs die pad self reg te maak.

Groete

Wessel

0
Meyerton

Segekok

Thu, 25/10/2018 - 13:00

wessel het n  stofdig canopy en mooi fotos dan niks met grondpad  te make nielaugh

Weet nie van die ander nie maar ek kan in die meeste van die gevalle my eie bande sommer so langs die pad herstel. 

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 25/10/2018 - 13:01

Wessel ek is maar baie gelukig om nog nooit papwiele te kry nie, dus gebruik ek niks nie.

Dra wel repair kit saam met my, dus kan ek 'n puncture sommer gou herstel. Het al mense gehelp en in baie gevalle nie eers nodig om wiel af te haal nie.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 25/10/2018 - 13:37

Ek het probeer om hierdie een reg te maak, maar niks wou werk nie. Ek het daardie goed wat jy inspuit probeer, maar alles het by die gaatjie ontsnap. "Patches" het ook niks gehelp nie.

Papwiel

Ek het sedertdien vir my een van daardie "gadgets" aangeskaf wat die druk in die onderskeie bande monitor. Ek sal nie papwiele daarmee vermy nie, maar hopelik 'n "early warning" kry dat 'n wiel besig is om sy druk te verloor - voordat die band soos hierbo lyk. Dit was nogals 'n duur fout.

T.o.v. stof. Ek ry met die kappie se syruite oop om druk daarbinne te bewerkstelling. Maar daar is só 'n groot opening tussen die "tailgate" en die bakwerk dat dit nie help nie. Ek is ook gewys op ander plekke waar die stof ingekom het, en dit is alles nou afgeseël. Ek sal nog steeds met diue syruite oop ry, want dit is grootliks ter wille van die vrieskas wat agterin staan.

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 25/10/2018 - 14:56

Chris, ek dink al wat jy met daai band kon doen is om dit met gras te stop, dan kon jy dalk nog so klompie kilos uit haar gekry het?

Ja dit is sleg om 'n nuwe band so te verloor, ek het erens genoem, vir een of ander rede is baie gelukig met papwiele?

0

Nog 'n besonderse hoekie van ons land wat ek enige tyd kan aanbeveel. Jy sal nie met jou wa daar kan in nie, maar daar is baie goeie verblyf (en kampplek as jy met 'n tent gaan) in gerestoureerde huisies van die ou klowers.

.
Op pad vanaf Swartbergpas na Gamkas, ongeveer 40km se ry voor jy in die kloof is.
.
Hier sak ons af in die kloof in. Ons het doer bo, daar waar die laaste groen kolletjie is by Boplaas gebly.
.
Eers deur die rivier voor jy by Boplaas uitkom.
.
Lekker so in die natuur.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus