Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kompleet met agt x agt… Lag 'n slag Johann L -3 minutes ago
Wessel?? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -20 minutes ago
Slim plan hier bo Lag 'n slag Rona du Plessis -1 hour ago
Diesel is duur Lag 'n slag Voortrekker -1 hour ago
Brits is ongemaklik warm Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Rona en molle... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago

WilSur - Eiland Spa 2018

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Gaan ook nou maak soos die ander wink wat KNP toe gaan.

Kan nie meer wag vir volgende week se Woensdag nie.  Dit is die dag wat ek die Ford se neus weer Noord druk vir my jaarlikse kamp.

Soos ek genoem het, het ek vandag my nuwe silwer seil gaan haal om by die Eiland te toets.  Ek het ook vir my 'n LED lig gekry by Makro met 'n sensor sodat ek die braai lig ook onder die tent vir die nag gebruik om bewegings te verlig.  Ek het vir my by Takealot 'n "flood light" stander gesoek en toe daar nie voorraad was nie sommer besluit op 'n fotografiese lig staander wat so 2m kan uit trek en sommer 'n paar R goedkoper.  Laas naweek kry ek toe by Surette se suster hulle een van daai skerp LED ligte wat aan 'n vistok hang as verjaarsdag geskenk (net so paar dae te laat) nou het ek twee ligte.

Ook na 'n baie lank oorweging vir die tafel en blaaie ook nuwe "printed vinal" gekry.

So die jaar is dit nogals 'n duur vakansie en dit is nie eers te danke aan die lang afstand Hartenbos toe nie.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 16/12/2018 - 10:36

Hi Kampforum, ek is nog hier, sukkel net met sein.

Woensdag tot en met Vrydag het ons baie gesukkel met krag.  Gelukkig het die ouens na Bennie (bestuurder) geluister en het hulle een van die transformers terug gesit wat hulle uitgehaal het.  Nou is die krag weer stabiel en kamp ons weer lekker.

 

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 16/12/2018 - 11:21

Geniet hom Willem,  ek vermoed daai lugreëling van jou werk hard in die hitte.

Ja Eiland het normaal nie baie goeie sein nie, onthou jy kan een uur lank elke dag gratis wifi van ATKV  gebruik, as jy dit wel kan opvang.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 20/12/2018 - 16:30

Net so Johann.

Loop nie heeldag met Tablet en soek sein nie, kamp te lekker in die hitte.  Was gister so 41 - 42° gewees, vandag heel koeller so 33°.

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 21/12/2018 - 07:11

Sjoe, dis darem erg warm daar! 

Ek het gesien op Facebook hoe mense eergister vreeslik gekla het oor die hitte saam met elektrisiteit onderbrekings by Eiland, so dat mense opgepak het en huis toe gegaan het?  surprise  

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 21/12/2018 - 13:09

Antie, ons ry terug die 7de Jan. 2019.

Anton, ja mense oordryf gewoonlik.  My een buurman se yskas het gegroet en Eiland het vir hom een geleen.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 31/12/2018 - 13:33

Ja ons het baie probleme gehad met krag toe ons hier gekom het.  Laas Donderdag is ons Tzaneen toe en die krag was die heeldag af tot so 21:00.

My karavaan het 'n gewone 220v yskas in, dié jaar het ek my NL Weekender saam gebring vir die koeldranke, moet sê hy sukkel in die warm dae, dan gooi ek maar 'n nat handdoek oor hom om die kas koeler te maak.  Ek het gemerk die klein waaier werk nie en het toe 'n groot een gekry vir die tent wat teen hom waai om te help.  Ek sukkel ook maar  as die swembad se wyser oor die 40°C draai, hy meet die temp. onder die bord wat onder Mopanies staan.

Wat ek hierdie vakansie geleer het is om 'n "voltage regulator" in te sit vir as die krag so wisselvallig is.  Die een buurman oorkant my het 'n nuwe lugversorger laat insit voor hulle gekom het, hy het hier 'n ander een laat insit want daai een het gegroet.  Eiland het vir hom 'n yskas geleen want syne het gegroet, later moes Eiland hulle een ook vervang want hy het ook gegroet.

Die ander ding wat ek ook wil kry is 'n 3.5Kva kragopwekker wat dan als in en om die karavaan sal voorsien selfs die lugversorger.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 21/01/2019 - 19:54

Hier is my kamp opsomming.

Die afstande is net van een punt na die volgende sonder die tussen in geryery.  Die koste is ook net die verblyf koste sonder enige anger koste.

.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 21/01/2019 - 20:16

...........lyk dus vir my julle verblyfkoste se gemiddeld per dag was :-

  • 2015  -  R444
  • 2016  -  R397
  • 2017  -  R491
  • 2018  -  R383

 Ek aanvaar die hoë 2015 en 2017 sluit in julle Desember vakansie in Hartenbos.

Die per dag kostes is heelwat meer as wat ek kan bekostig.  My gemiddelde verblyfkoste vir 30 dae in die Kruger Wildtuin in Mei 2019 beloop R262 per dag, maar dit is natuurlik buite seisoen terwyl julle aan skoolvakansies gebonde is.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 24/01/2019 - 13:20

Ek gaan nou my yskas haal.

 

Your 50L Aluminium Fridge is ready for collection.  The final settlement amount for the repair is R644.00.

Die yskas se filter drier was verstop, ons het n nuwe een ingesit en hom hergas, yskas werk weer soos hy moet.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 01/02/2019 - 08:32

Die lig met die sensor werk baie lekker vir my want jy kan hom maklik rond skuif met sy 20m draad.  Die stander vou lekker klein op en die hoogte kan jy ook verstel tot bo jou kop by die braai.  Die lig het ek juis gekies want die ander kan jy as die "bracket" onder is kan jy nie die lig af laat skyn nie en dié een kan 360° draai.

Wat ook lekker is die sensor, as ons inkruip dan sit ek hom net onder die dak en verstel sy aanbly tyd.  Hy dien dan as 'n sekuriteits lig wat op die venster skyn.

.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus