Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -4 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -4 hours ago

Ford Anglia

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Klompie jare gelede toe die Ford Anglia nog hoog in mode was en die spoorweg hostels nog bestaan het, was daar 'n jongman wat baie trots op sy Anglia was. Dit is nou die een met die skuins ruit. Hy het toe ook in die hostel gebly. Sy Anglia mooi op gepas, gereeld gewas en gereeld gepoleer. Niemand mag naby dit kom nie en is sommer verjaag.

Een Vrydag middag toe hy van die werk af kom sien hy dat sy vier wieldoppe weg is. Hy was baie hartseer en niemand kon iets met hom uit gerig kry nie. Hulle het als probeer en tot vir hom gese dat hulle moet gaan visvang want hy was lief vir visvang. Nadat hulle baie aan hom gekarring het het hy in gegee en saam gaan visvang. Hy het by die dam net gesit en voor hom uit gestaar.

Toe hy weer opkyk sien hy 'n ent van hulle af is daar 'n groep wat ook visvang en waaragtig daar is ook n Anglia. En dit het al vier wieldoppe op. Hy sien toe dat hulle sit en drink en hy weet hulle gaan nou nou vas slaap. Sy wieldoppe is gesteel en nou gaan hy vir hom ook 'n stel "leen".

Toe almal vas slaap sluip hy soontoe en gaan al vier af. Terug by hulle vuur is hy baie opgewonde en sit die wieldoppe en bekyk. Toe hy dit omdraai staan sy eie naam binne in die wieldoppe geskryf

Vaalpark

Johann L

Fri, 30/06/2017 - 18:44

Genade tog, as hy nie gaan vis vang het nie, was hy sy wiel doppe kwyt.

Ek sou daai ouens 'n ordentlike les geleer het, wat steel aan betref.

Laat my nou dink, ek was net so presies op my motor karre, elke naweek heel naweek kar skoon gemaak, so erg dat my vrou later my gedreig het met iets ergers as die dood.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 30/06/2017 - 21:27

En hier is my 1968 Ford Anglia  -  splinternuut gekoop, die laaste een op die vloer by Steyns Ford in Pretoria, net voor die Ford Estcourt bekend gestel is.

GT

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 01/07/2017 - 09:11

Ek wou nou raai wat Len vir haar sê maar los toe eerder.  Len is te ordentlik om te sê wat ek gedink het.  laugh    Ek dink dit was hul eerste karavaan.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 01/07/2017 - 09:44

Yeah Right!   Glo nie dit is wat hy gesê het nie!   Kyk die man is gedas, so hy is nie oppad om te gaan kamp nie.  Ek dink hy het nou net die karavaan gaan haal en wys dit nou vir sy Liefie.  

Wat dink julle ander manne sê hy vir haar?    Ons kan maar skinder, Len gaan nie lees nie.  Hy het amptelik gegroet voor die groot trek met die kinders.  laughlaugh

0

El weet nie wat Len vie liefie gese het nie maar is n blerrie mooi horlosie wat hy daar aan het laugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus