Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
GOOGLE Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -38 minutes ago
GOOGLE aanteken Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Hennie... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Wessel, ek kan nie "thumbs… Oktober 2026 saam gesels HennieBo -3 hours ago
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -13 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -13 hours ago

Mees sinvolle byvoeging/verandering aan jou kampeeropset

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Kom ons gesels 'n bietjie oor die mees sinvolle verandering wat jy aangebring het aan jou karavaan, boswa, ryhuis, tent-opset of sleepvoertuig waarmee jy sommer baie in jou skik is.  'n Foto as bewys sal natuurlik baie waardeer word.

Ek los myne vir later.

 

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 05/06/2018 - 11:56

Nee, dit was nie nodig om die yskas uit te haal nie  -  ek het deur die agterste luggat gewerk.  Ons is pas terug uit die Wildtuin en die temperatuur was selde onder 30º.  Die waaiertjies het hul ding gedoen en ons absorpsie yskas was deurentyd yskoud  -  trouens, ek was in die moeilikheid omdat annerhelfte se komkommers verys het !

0
Waar my wa staan

Arie

Tue, 05/06/2018 - 14:00

Ja daai silwerseil --- ons kan seker boeke skryf daaroor.

Ek het 'n nuwe tent vir die Penta gekoop [wag nou wel nog vir dit van Nov 2017!!!] maar ek het baie huiswerk gedoen voor ek een by jurgens bestel het.

Omtrent elke liewe tent vervaardiger met wie ek gepraat het, se ek moet die silwerseil weggooi, saam met storm straps en storm net.

Een van die groot tent vervaardigers, daar naby OR Tambo lughawe, vertel my dat die waarborg op hul tent verval indien jy seil, straps of net oortrek. Die teorie is dat die seil skuur liggies op jou tent en skuur dan die tent deur met gevolglike lekkasie.

My silwerseil lankal weggegooi, net twee storm strap  opgehad, my tent lek orals waar die straps op die dak le. Daar is geen gaaitjies nie, niks wat jy met die oog kan sien nie, maar daai twee stroke lek. Dit lyk of die tent sweet en dan begin dit lekker sterk drup.

Ek vermoed met iemand wat net die tent vir vakansies gebruik sal dit nie so groot invloed he nie, my tent is nou 6 en 'n half jaar oud, en is 24/7 opgeslaan.

Ek noem dit maar vir wat dit werd is.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 05/06/2018 - 14:36

In my geval gebruik ek ook nie 'n silwerseil, net of stormbande nie.  Ek glo daarin om jou tenttoue so na as moontlik aan die pale vas te pen en ook om die sye by elke lussie vas te slaan.  Ek gebruik ook poot-potjies wat onder elke tentpaal in die grond vasgeslaan word om te voorkom dat die tentpaal skuif.  Hierdie "after market gadgets" is baie soos stabiliseerders waarin ek (en ook woonwa-vervaardigers) ook nie glo nie.  Wie sal nou beter weet as die vervaardigers van die produk self ?

0
Waar my wa staan

Arie

Tue, 05/06/2018 - 15:20

Len ek doen presies soos jy, toue so na as moontlik aan die paal en elke lussie vas.

Al die tent vervaardigers, reken dat die tent, indien reg opgeslaan die wind kan weerstaan, en as hy weg waai sou dit met storm toue ook weggewaai het.

die enigste "voordeel" wat ek nou mis met die silwer seil is my tent se dak word vuiler.

Het al gesien dat mense se tent plat waai met storm wind, al het hulle straps opgehad, myne sonder straps het bly staan?

0
Pretoria

Slowstrike

Mon, 18/06/2018 - 10:25

Daai hout chopper die beste ding naas gekapte hout. Ek het nie omgegee om die byl te swaai nie maar die houtsplitters is net soveel makliker en definitief ook veiliger

 

0
Pretoria

Slowstrike

Mon, 18/06/2018 - 10:34

Willem

Daai "firepit" is gemaak uit ou ossewa wiele se "tyres" `n dis skottel en `n klomp pikke.

Werk lekker en ek sal hom nie in my leeftyd opbrand nie

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 31/01/2019 - 21:02

Ek het so pas vir my 'n braai lig genaak van 'n vistok staander wat iemand wou weg gooi,  net so paar verandetings, en siedaar.

Vislig

 

Braai lig
Teleskopiese pote.

 

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 31/01/2019 - 21:25

Lig

 

Met gewone bedlamp skakelaar, alles met goed wat hier rond gelê het, behalwe die teleskopiese driepoot vistok staander wat iemand wou weg gooi.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 31/01/2019 - 21:26

..............mooi !  Ek aanvaar dit is 'n 220V lig en net bruikbaar waar daar elektriese krag is.

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 01/02/2019 - 06:33

Len, ja dit is 220v.

Die "rip cord" is .75 en voldoende vir 220, ek het dit lank gemaak sodat dit so ver moontoik uit die pad van voete kan gelê word👍

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 01/02/2019 - 08:37

Die lig met die sensor werk baie lekker vir my want jy kan hom maklik rond skuif met sy 20m draad.  Die stander vou lekker klein op en die hoogte kan jy ook verstel tot bo jou kop by die braai.  Die lig het ek juis gekies want die ander kan jy as die "bracket" onder is kan jy nie die lig af laat skyn nie en dié een kan 360° draai.

Wat ook lekker is die sensor, as ons inkruip dan sit ek hom net onder die dak en verstel sy aanbly tyd.  Hy dien dan as 'n sekuriteits lig wat op die venster skyn.

.
My foto is nou nie so duidelik nie (kry nie die ander foto nou nie)

 

Ek het vir my ook 2 rolle van die gekry en werk nogals lekker.
Reen keer

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 01/02/2019 - 08:40

.....nogal van Willem se idee (wat hy per abuis onder sy "Eiland"-draad geplaas het) waar sy keuse was op dieselfde lig en driepoot-staander, maar met 'n beweging-sensor wat as sekuriteitsmaatreël oornag dien.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus