

Hierdie pool is SLEGS vir mense wat op die KampForum groep is.
Groep naam "KampForum"
Kliek Hier:
KampForum SUPER RUGBY POOL 2020 Kode: hugegirt
As julle sukkel, stuur epos na harry@cadhouse.co.za dan stuur ek n direkte uitnodiging aan jou epos adres. Niemand mag aansluit na 50% van toernooi voltooi is nie. Die wenner word deur n rekenaar uitgewerk.
Dankie Voorie
Kom ons kyk of ons dubbel syfers kan haal, so 10 of meer.
Tuinslang, ek eindig gewoonlik laaste, so nou is daar net 7 ![]()
Ek wonder hoeveel mense n kans sal vat as daar n prys geld van R 1 miljoen op die spel sou wees. ![]()
Dis die saam wees en saam…
Dis die saam wees en saam lag en spot wat dit lekker maak en gees bou.
Skuilnaam
Ek speel al van die begin onder die naam Froggy
Dink darem almal weet wie dit is ![]()
Moet erken ek sukkel baie met die goedkeur van mense op KampMal. Daar is meer as 172,000 mense en as daar n Koos Van Der Merwe wil aansluit en ek gaan kyk onder die "members" is daar seker 20 van hulle. Hoe weet mense dit is wel n lid van hulle groep. ![]()
Neef is nou soos waneer…
Neef is nou soos waneer iemand sien ek kry so dowwe uitdrukking in die oge, en hy maak so wiieeng en waai sy hand oor sy kop. Heeltemal gefloor en het nie eers n idee waarvan gepraat word nie. Superbru?? Nneee, verstaan nog nie, uit my diepte uit, kies ook gereeld n ander span. As Japan speel, kry hulle my support, behalwe teen Stormers. As Sharks teen Lions speel, die Sharks. Bloubulle teen Lions, gaan vang ek vis.
Het mooi rugby gesien en is…
Het mooi rugby gesien en is vol moed vir die super reeks. Het self nie gekyk nie maar soos ek verstaan het leeus gewen teen die sharks 19-14 nie so opwindend nie maar die stormers game se hulle was uit die boonste rakke. Met twee onderskep en een afstorm driee het die stormers 21-0 voorgeloop die bulle het wakker geskrik maar telaat en die stormers het gewen met 33-28. Hoop net hulle bou so voort dan gaan ons nog mooi rugby sien die 2019.
Neef ek verstaan
So voel ek oor die sepie ding ek wil die berge uit of soos jy se gaan vis.
Varsity Cup
Kyk enige van julle manne die Varsity Cup games?
Daai is nou netjiese, harde hardloop rugby
........behalwe teen…
........behalwe teen Stormers. As Sharks teen Lions speel, die Sharks. Bloubulle teen Lions, gaan vang ek vis.
Ai oom Neef.....
Ek stem saam, Groot G. Dat…
Ek stem saam, Groot G. Dat Neef nou so iets van onse twee se spanne kan sê!! Ek hoop die vis ignoreer sy aas ook so.........





Van 765 is daar net 9 wat…
Van 765 is daar net 9 wat dink hulle weet iets van rugby af? Waar is die ander? Dis baie maklik kies die blou bulle vir n wen met so +/- 10 punte en siedaar jy is op die bord en as jy naby is kry jy die geel keppie maar as jy vir daai ligte briessie span van die kaap kies kan jy dalk die paplepel vat vir die ronte, nie veraltyd nie jy moet hom terug gee vir volgende week.