Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rusteloos... Kruger 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Gesels, gesels ons Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Stem Oktober 2026 saam gesels Johann L -3 hours ago
Wat 'n 'show'! Kruger 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Maar net 'n kans gevat Wessel Kruger 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
.....en nog! Kruger 2026 Geert -4 hours ago

Sonsondergange

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Ek onthou op 'n ander forum was daar 'n draad waar lede hul sonsondergang foto's kon plaas en dit was altyd so mooi om te sien.

My wens is om hier dieslefde mooi weer te kan wys.   Plaas asb jou sonsondergang foto's hier.

ssss

Vereeniging

Harry Du Randt

Tue, 26/02/2019 - 14:30

Jy is geseend

Ek is nou al 40 jaar weg van Oudtshoorn en elke dag spyt.

Kon onderwys pos daar gekry het 35 jaar terug en het nee gesê.

Lekker dom nê angry

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 27/02/2019 - 05:53

Ek is nou al 40 jaar weg van Oudtshoorn en elke dag spyt.

Kon onderwys pos daar gekry het 35 jaar terug en het nee gesê.

Lekker dom nê angry

So het almal van ons maar ook ander paaie geloop, as 'n mens nou terugkyk in die verlede.

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 27/02/2019 - 10:06

Hennie, jy is reg, ek het as appie begin, geeindig as rekenmeester. As ek terug dink oor my lewe, kan ek net sê 'n Hoër Hand het my in 'n rigting gestuur wat bes moontlik beter was vir my en my gesin.

Ons is soms kwaad oor wat op ons pad kom, maar die uit daai pad vat ons na beter tonele?

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 28/02/2019 - 06:16

Stoffel, die westelike gedeeltes van lande gaan die son bietjie later onder as die oos gedeeltes.

Ons eerste besoek aan ons kinders in Wes Australia oor Desember was ons geskok toe die kinder sê hulle wil gaan slaap, die son skyn dan nog, toe my dogter vir ons sê, dit is al oor negesurprise

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 15/07/2023 - 18:57

Het die hele klompie pragtige fotos van die begin af deurgekyk. Regtig wonderlik om weer te geniet. Selfs my fotos het ou herhineringe wakker gemaak. Verlang nou regtig na Miribab. 

Die foto is onlangs hier van die stoep af geneem.Huis

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus