6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Verblyfplanne Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -38 minutes ago
URC Springbok rugby Geert -1 hour ago
Sabie River Café Kruger 2026 Geert -1 hour ago
Thumbs up Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -2 hours ago
Skinder??? Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -3 hours ago
Wessel daar was 'n paar… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago

Sleeprat en omwentelinge

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Middag vriende

Sit so en kyk na die wringkragkurwe van nuwe Hilux, en besef die omwentelinge strek waar maksimum wringkrag is, is darem klein. Dit strek net van 1600 tot 2000rpm.

Nou wonder ek sommer, is dit nog so dat mens liewers nie woonwa moet sleep, in hoë ratte [5de en 6de] nie. My buurman het jare terug my ingeprent om nie my sleepvoertuig te laat werk in 5de rat nie. Blykbaar kan die ratte nie die wringkrag hanteer op die lange duur nie. Geld dit nog vandag.

Hoe maak julle ouens met die turbo diesels, met die baie ratte? As julle opdraendes en passe ry, sleep julle in die ratte of gaan julle na 4de rat en laer.

Ek het nog altyd net met petrol-voertuie gesleep, waar die omwentelinge strek heelwat groter is. Byvoorbeeld my Territory het 'n plat kurwe gehad  van ongeveer 2000 tot 4500 rpm. Mens kon dus maklik met ratkeuse altyd teen maksimum wringkrag sleep.

Op die oomblik sleep ek met 'n 2.7 petrol Hilux en ek maak seker dat ek nie my 5de rat laat hard werk nie. 

Groete

Wessel

  

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 15/03/2019 - 21:04

..................50 jaar sleepervaring met pertrol-sedan motors en 'n SUV asook met my twee SUV diesels volg ek nog al die jare die volgende beginsel :

Ek sleep in enige rat mits die enjin revolusies nie onder die maksimum wringkragpunt daal nie. Sodra die enjin revolusies onder daardie punt daal, skakel ek terug na 'n laer rat. My Pathfinder se maksimum wringkrag van 470 Nm word bereik op 1900 rpm en as ek 110 kpu op 'n gelykpad ry, dan ry ek gemaklik in 6de rat met die enjin teen 2000 rpm.  Sodra ek stadiger ry, sê 100 kpu, daal die rpm onder 2000 en ry ek verder in 5de rat.  My sleepvoertuie was 'n klein Ford Anglia, verskeie Toyota Cressidas, Nissan Sani en twee Nissan Pathfinders  -  almal petrol behalwe die laaste twee diesels en in almal het ek hierdie eenvoudige beginsel toegepas.

Nog nooit het een van my sleepvoertuie enjin- of ratkasprobleme opgedoen nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 21/11/2024 - 07:25

Ek lees vanoggend op 'n ander woonwa forum die insette betreffende iemand wat se ratkas gebreek het.

Ratverhoudings,  outydse "overdrive" en deesdae se snelratte word oor bespiegel. Ek het tot die besef gekom dat daar steeds baie verwarring bestaan oor die tegniese punte, dalk by baie woonwa slepers.

Aangesien tegnologie so verbeter het oor die jare, sal ek bly by my hedendaagse metode. Laat die rekenaar die dinkwerk doen, en raak net betrokke by bergpasse en steil opdraendes. 

Dertig plus jare se metodes geld dalk nie meer vandag nie, behalwe slegs gesonde verstand.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 21/11/2024 - 08:30

Wessel, dit geld natuurlik net vir die ouens met outomatiese ratkaste.

In my geval, met beide my twee handrat (6 ratte) Pathfinders sedert 2006 en 85 000 km se sleep van die twee ton Exclusive, hou ek by my jare lange gebruik om in enige rat te sleep, mits die enjin-revolusies nie onder die maksimum wringkrag daal nie.  Selfs voor die Pathfinders en Exclusive, het ek nog altyd so gesleep vir 55 jaar met 'n Ford Anglia (!!), verskeie Toyota Cressidas, Mercedesse en 'n Nissan Sani (almal handratte) en nog nooit het ek enige ratkas-probleme ervaar nie.

Oops, ek sien nou eers ek het al dié storie 5 jaar gelede vertel !

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 21/11/2024 - 08:39

....ek stem 100% saam. 

Ek het 13 jaar met my handrat Isuzu gesleep, presies volgens jou beginsel. Ek het nooit met die Palma, wat relatief swaar was, enige ratkas probleme tot en met 220 000km gehad nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus