Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ons kom al nader... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -21 minutes ago
Kwang ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Lekkerlees stories Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Vervelig Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
N1 versus N12 Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -4 hours ago

Maart 2019 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Eerste dag van Maart. Die tyd begin nou vlieg.

Lekker dag vir elkeen.

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 19/03/2019 - 07:12

Moore! smiley

Sterkte met jou been Stoffel.   Freda ek hoop jy stap lekker (het lekker gestap)

Almal moet asseblief julle dag geniet.  Die wat hier lees, die wat nie hier lees nie, die wat nie hier wil lees nie en ook die wat nie hier kan lees nie. yes

0

Môre al my forum vriende....en al die anderwink

Baie geluk HennieBo! Geniet die dag en namens die voorsitter van die forum se "onsgeeom" klub is dit vir my lekker om te sê dat jy maar Donderdag die dag kan afkry en net lekker ontspan.  Van ons....aan jou!! 

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Tue, 19/03/2019 - 07:41

Geniet hom Henne. Mag daar nog baie wees.

Geniet julle dag en wees veilig.

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 19/03/2019 - 08:17

Goeie more almal. Geniet julle dag.

Baie dankie vir die gelukwense. Ek is darem rustig by die huis vandag. Dankie ook vir die "onsgeeom" klub wat my afgegee het vir Donderdag. Ek sal definitief van julle aanbod gebruik maak.wink

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 19/03/2019 - 08:37

Môre sê Kampforum.

Baie geluk met die ferjaarsdag Hennie, geniet die bederf voluit.

Lekker rustig hier by Dube, hulle is glo vol vir die langnaweek.

Geniet jou dag in vrede.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 19/03/2019 - 16:19

Hello Arie.smileyyes

Ek het eendag gelees iemand het gesê, die lees van boeke doen aan jou brein wat oefening aan jou liggaam doen.   Darem een goeie ding van die beurtkrag, ek het nou baie meer tyd vir lees.  My brein gaan superfiks wees as die ligte weer eendag reg brand.laugh

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 19/03/2019 - 17:28

Het so paar dae van bekommernis beleef. Kleinsus en haar man werk in Mafambisse so 80km Wes van Beira, Hullet suiker plantasie. Verlede donderdag gesels, toe was hulle druk besig om voor te bery vir die sikloon. En nie weer iets gehoor nie. Vandag het Kaapstad kantoor laat weet dat hulle ok is, maar geboue en infrastruktuur het geweldige skade.  Vandag is hulle besig om water toevoer te herstel, het n bystandsgenerator by die vulstasie aan die gang gesit, so die masjiene loop. 

Die locals gaan die swaarste kry, modderhuisies en klein groentetuintjies is als weg, en dit is hulle voortbestaan.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Wed, 20/03/2019 - 03:04

Goeie môre almal..

Met al die beurtkrag kry die alarm se battery nie genoeg tyd om te herlaai nie. Gebruik n aparte laaier om vol te laai. By die 4 de keer wanneer beurtkrag inskop is die battery klaar weer pap.

Lekker dag vir elkeen

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Wed, 20/03/2019 - 05:52

More More.

more Stoffel.

Geniet julle dag en die wat langnaweek maak vir kamp veilig sleep.

2 de dag in n ry wat ons nie n beurt gehad het met krag nie.

Tik Tok

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 20/03/2019 - 06:05

Herman, ek kan glo julle was bekommerd.  Ek kyk partykeer na videos op YouTube van die tipe goed, soos siklone, tsunami's ens.   Daai ding vernietig alles in sy pad.   Gelukkig dat hul darem kon voorberei maar mens kan seker ook net soveel doen?   Jammer oor al die skade wat hulle gehad het en daar is seker nie versekering daarteen nie?   Jy en Vonnie moet maar tassies pak en gaan help die kinders bietjie regmaak.smiley

Nouja, laat ons sien wat die Woensdag vir ons inhou.   Ek hoop dit gaan 'n goeie dag vir almal wees.

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 20/03/2019 - 06:28

Goeie more almal. Baie dankie vir die gelukwense vir gister.

Bietjie deurmekaar vanoggend by die kantoor aangesien ons van vloere verwissel het en ek nie gister op kantoor was nie. Kollegas het my eiendom geskuif en ek is nou besig om uit te sorteer.

Geniet julle dag.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus