Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Strand verkeer.... Onrus woonwapark Wessel Strydom -10 hours ago
Ablusie blok Onrus woonwapark Goeie Hout -10 hours ago
Personeel ingesteldheid.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
Slep Onrus woonwapark Goeie Hout -11 hours ago
Onrus Pryse Onrus woonwapark Goeie Hout -11 hours ago
Onrus Onrus woonwapark Goeie Hout -11 hours ago

Maart 2019 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Eerste dag van Maart. Die tyd begin nou vlieg.

Lekker dag vir elkeen.

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 17/03/2019 - 13:40

En 'n wonderlike goeie middag aan al die forum vriende, mag jul middag loop soos stroop.

Ja ek was lank weg [weet nie hoe lank nie] so twee keer vinnig kom "Hi" se hier, sal dalk later vertel wat alles die kant gebeur het dat ek so stil was.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 17/03/2019 - 16:51

Middag se almal geluk Gerrit (Speknek ) met jou verjaardag vandag lekke middag julle vrede

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 17/03/2019 - 17:13

Goeie middag Kampforum !

Heerlike lekker rustige Sondag vandag hier by ons in die Kaap. Bewolk en koel met geen wind nie.

Ook al tweekeer vandag beurtkrag gehad met 'n 3de sessie wat om 18:00 begin.  Pla ons egter geensins nie, die ou invertertjie doen sy ding.

Geniet die laaste stuiptrekkings van die naweek.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Mon, 18/03/2019 - 04:53

Tee is gemaak en die koffie is nou besig om te prut. Amper gereed.

Sit nou op kantoor na 'n week se afwesigheid as gevolg van 'n rug/spier besering. Moet maar weer die dr gaan sien want dit is nog nie verby nie.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 18/03/2019 - 07:12

Goeiemore almal!  Julle moet die week geniet!  smileyyes

Hier by my is dit weer terug by die maalsteen met baie uitdagings en werk wat ek agter my moet kry - die daaglikse klip wat ek moet rol om seker te maak daar is kos vir my kinders an 'n dak oor hulle koppe!

Mag jy geseënd wees smiley

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 18/03/2019 - 07:28

Lekke dag vir almal my klein seun toe 5 plek gekry by SA toernooi vir onder 10 baie trots op hom vrede

0

Goeie môre mense. 

Baie dankie vir die goeie wense Ooms Sleep Nou, Slot, Voories, Wilsur en ook Antie F - ek waardeer!  Lekker dag gehad gister dankie!

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 19/03/2019 - 06:35

Julle moet n gatskop dag he laat loop met die koffie hier by my loop hy soos stroop vrede

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Tue, 19/03/2019 - 07:03

Johann, ja het gister weer gegaan vir x-strale asook n sonar. Ek vermoed dat n spier in my been beseer/beskadig is. Dr kon nog nie tot n uitsluitsel kom nie. Lê nou maar plat in die bed

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 19/03/2019 - 07:07

Môre almal.   Ek het heerlik geslaap, dankie.  Toe ek die eerste keer wakker word is die tyd langs my bed dood, te danke aan Eskom.   My getroue ou elektriese wekkertjie word deesdae meer gestel as gedurende sy hele leeftyd sovêr.   Toe is dit 4.15.   Dit moet erg wees as hul tot daai tyd van die nag moet load shed!

Ons begin regmaak om te gaan kamp by Pine Lodge, vanaf Sondag.   Ek gaan nou eers sop kook, word gevries en saamgevat vir die Ingelsman.   Moet klaar wees voor die krag weer 10 uur afgaan.  Die hoender is klaar in die stoompot.  Nou gaan ek eers lekker stap.

Geniet julle dag, almal.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus