Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sterkte Verskoning Geert -31 seconds ago
Vlieënde Tesla Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -45 minutes ago
Suksesvolle/bevredigende vakansie Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -51 minutes ago
Tesla as sleep voertuig Oktober 2026 saam gesels Geert -52 minutes ago
Geert, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Hallo Len Verskoning Rona du Plessis -1 hour ago

Bosbokstrand - Oos Kaap

Kempton Park
Submitted by Solly on
Forums

Hi Almal

Het eninge iemand al by BOSBOKSTRAND gekamp? 

Ons beplan om Des vir 3 weke daar te gaan kuier.

Wat was julle ervaring? 

Groete

Solly

google kaart
Centurion

Voortrekker

Mon, 25/03/2019 - 11:50

Hallo Solly, ek ken dit nie, maar dit lyk of dit nogal mooi daar kan wees?   Geleë net langs die Oos London Kus reservaat.

Ek het dit ook bygevoeg by ons Kampeerplekke en oorde Data Basis:  BosbokStrand

Hierso 'n fototjie wat ek by google gesteel het vannaf tracks4africa

Bosbokstrand

0

Middag Solly

Wat het jou op Bosbokstrand laat besluit. Drie weke is lank op 'n plek wat onbekend is aan 'n mens. 

Die Oos Kaap, en Oos Londen omgewing is mooi en heerlike Desember weer om te kamp. Indien julle nog in die beplanning stadium is, probeer kyk na ander plekke ook, nader aan Gonubie en Oos Londen vir winkels, flieks ensovoorts. Jy mag dalk vind dat die ryery na winkels/slaghuis ensovoorts effe vêr en sleg kan wees .

Ek het vir amper 13 jaar elke Desember gekamp in die VSA of PSA oord. ek het soms gaan kyk na die ander plekke maar nooit na Bosbokstrand nie.

Groete

Wessel  

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 25/03/2019 - 12:56

................jare-lange kampmaats (die ou wat sy been gebreek het met 'n bergfiets ryery en so ook ons beplande/gesneuwelde Wildtuin-trippie moes misloop) het vir jare met hulle drie tiener-kinders klokslag elke jaar in Desember by Bosbokstrand gekamp.  Een van hul dogters en haar gesin was Desember 2018 weer daar vir vakansie.  Volgens hulle vertellinge is dit hemels om daar by die see te gaan uitspan.

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 25/03/2019 - 13:56

Daai foto wat Anton op het se net een ding Stoffel haak daai wa en gaan kamp n hond uit die bos

0

Middag vriende

Ek vermoed dat Bosbokstrand se terrein meer uit die wind is, as die by Yellow sands. Ek sien nie 'n windkous nie. 

Ekselwers staan eerder langs die lagune, of rivierwal en stap die entjie tot op die strand, as om die heeltyd na die see te kyk en penne in te kap.

Groete

Wessel

 

0

Hi Julle, baie dankie vir al julle insette. Ons het op FaceBook gesien dat die kamp is nogal beskerm teen wind en daar is heelwat bome in the karavaan park. Baie positiewe kommentaar op Facebook. Ons het ons plek  by Bosbokstand  bespreek vir 3 weke. Wie nie waag nie sal nie wen nie! :)  Nou kan ons lekker beplan vir die lang vakansie in die Oos-kaap. 

Vir eers maak ons nou reg vir ons Paas naweek by Dube.

Groete

Solly

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 27/03/2019 - 06:18

Soos Willem Anton  en vele ander se terugvoer se dis n puik oord Dube Solly gaan groot geniet hom en kap n hond uit n bos

0

Môre Solly

Ek aanvaar julle 3 weke by bosbokstrand is verby, of dan amper.

Ek brand van nuuskierigheid, hoe het julle dit gevind. 'n Verslag met fotos, kommentaat, positief en negatief, sal waardeer word.

Hoor graag van jou.

 

0
Kempton Park

Solly

Wed, 08/01/2020 - 20:50

Hi Almal, wat 'n aswenrowende vakansie by Stormsrivier and Bosbokstrand! Dit was ons beste kamp vakansie as gesin ooit. Ons het ons vakansie begin by Stormrivier mond vir 7 dae. Met ons aankoms het die wind ons weg gewaai, maar soos kampers is, het almal kom help om ons tent op te slaan met die  /u wind! Die res van ons tyd by Stromrivier was baie lekker weer. Ons het die hang-brue gellop tot op die uitkyk punt. 3,2 km klim tot bo op die berk. Ons het ook 'n deel van die Otter stap roete gedoen. Dit was uitdagend maar baie mooi en na aan die natuur en het weer bewus geword van ons Skeeper se wonder werke. Ons het gesnorkel (water was lekker koud! :) )Hieronder is 'n paar fotos van Stormrivier.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus