Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
5.6kg Umfula Johann L -1 hour ago
Bo Umfula Johann L -1 hour ago
11 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
10 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
9 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
GOOGLE Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago

Medies dekking

Secunda
Submitted by Sleep nou on
Forums

Ek het Berdien gister by n bekende hospital in Pretoria gehad vir haar voet wat sy nie kan op trap nie so deur die xrays dokter ondersoek kom ek agter wat se vooreg dit is om n medies te he ander pasiente minder gelukkig hulle betaal kontant en somige pasiente word weg gewys a.g.v geen medies of nie genoeg geld om te betaal nie.Dit kom toe op by my jy word nie gehelp al kan dit tot jou dood ly sou jy nie geld of n mediese dekking he nie staats hospital is dan jou voorland is dit nie sad nie julle

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 17/05/2019 - 09:04

Beslis, medies is amper meer van waarde as pensioen in vandag se tyd.

Oms wag om te hoor wat gaan die hof se beslissing hierdie maand wees.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 17/05/2019 - 09:34

Dit is maar die realiteite van die dag in 'n land wat nie sosialisme ten volle onderskryf nie.  Mense wat dit kan bekostig maak voorsiening vir mediese uitgawes deur maandeliks hul premie te betaal en dan ook, baie werkgewers maak ook 'n bydrae daartoe.

Die ramp in Suid-Afrika is dat baie mense in Suid-Afrika is werkloos en het nie die fondse om vir medies maandeliks voorsiening te maak nie en is daarom aangewese op staatshospitale wat vanweë die voortdurende toenemende getalle, net nie instaat is om sodaniges na behore medies te versorg nie.

Die ideaal sou wees dat elke gesin in die land 'n inkomstebron het waaruit 'n bedrag opsy gesit word vir mediese versorging, maar vir die huidige is dit net 'n droom.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus