Terwyl dit nou 'n gesukkel is om Kampforum vriende aan die praat te kry, kom ek krap 'n bietjie waar ek jeuk.
Om te begin, ou Mmusi Maimane sê net na pres. Ramaphosa se inhuldiging : "as alles wat u doen in belang van SA is, sal die DA u steun". Hoekom soiets sê as selfs die DA dinge doen wat nie in belang van SA is nie ? Verder nog, as president Ramphosa dit ooit sal regkry om met sy spannetjie alles te doen wat in SA se belang is, sal daar geen opposisie wees nie.
Genoeg daarvan, nou 'n bietjie nader aan ons eie bas :-
Koffiekroeg gesprekke op Kampforum : Voor iemand my vertel dat dit goeie maniere is en dat ons grootgemaak is om ander mense te groet, wil ek net sê ek weet dit reeds en pas dit ook so toe wanneer ek familie, vriende en ander kenisse raakloop.
Maar ek wonder tog wat die sin daarvan is om daagliks, soms vir maande en jare, net te sê "dag", "goeie môre", "die staarsiekte pla" en sulke dergelike, stereotipe dinge. 'n Mens groet mos iemand as jy sy aandag het, as jy hom sien of hoor - jy groet mos nie die wêreld in die hoop dat iemand jou groet dalk later van kennis sal neem nie.
Moet nou nie vergeet nie, ek weet dis goeie maniere om andere te groet, my ma het my ook so geleer en ek pas dit daagliks toe.
Naand Anton, ek voel soos…
Naand Anton, ek voel soos die dag toe ek my eerste karavaan gekoop het in 1980, daai opgewonde gevoel, kan nie wag vir 5 Junie nie![]()
Lennie, is nie nou hier nie…
Lennie, is nie nou hier nie. Ek wil graag antwoord, maar hy is nie nie aanlyn om te lees nie, so help dit nie om te reageer nie, hy sal seker eers more oggend na brekfis lees. Teen daardie tyd is dit al ou nuus, en die wereld in.
Weet nie of dit sin maak nie, neef verstaan ook nie die koffie skink in die oggend nie, hoe op aarde skink jy n kommetjie oor die internet ?? Lennie het n bespreking van tegnologie, en daar kon ek saamstem oor briewe kry oor die lug, tv kyk en smse stuur, maar koffie skink ??? As dit dalk waarheid word, skink vir my n dubbel espresso asb.
Ek skink sommer vir jou 'n…
Ek skink sommer vir jou 'n dubbel brannewyn oom Neef

Nouja................
...................dit het toe nie eintlik gewerk om te probeer "stir" nie.
Dankie in elk geval vir die paar ouens wat probeer het. Herman, in my geval, ouderdom eis maar sy tol - ek moes tweekeer jou inset lees om te verstaan wat jy bedoel.
"Sinnelose sê-goed" is 'n moeilike onderwerp, so kom ons los dit maar eerder daar.
dit het toe nie eintlik…
dit het toe nie eintlik gewerk om te probeer "stir" nie.
Dag se oom Len, ek ken mos nou nie oom as iemand wat "stir" nie.
Goeie middag Len. Ek wil net…
Goeie middag Len. Ek wil net se ek is baie spyt om vir DA te stem. Praat nie weer verder nie. Klaar met DA finaal. Lekker dag Len ![]()
Middag Len, bly om weer van…
Middag Len, bly om weer van jou te hoor. Na my besoek in die Kaap glo ek nie jy kan "stir" nie my vriend, heetemal te ordentlik daarvoor. Maar daar kan dalk net eendag 'n eerste keer wees, dan gaan die Tannie jou lekker pak gee omdat jy jou nie gedra nie. ![]()
![]()
Oom Len...
Oom Len moet 'n groot lepel gebruik volgende keer om mee te "stir", daai kleintjie werk nie so goed nie.





Hallo Len
Hallo Len