6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -4 minutes ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -1 hour ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -7 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago

Bid vir die wegraping

Submitted by Frikadel on
Forums
Ons het aan hoeveel biddae deelgeneem vir reen, vrede, goeie oeste, Dingaan se oorwinning en al sulke dinge. Mag n mens so iets doen en bid vir die algehele opraping van n person, seer seker kan dit nie verkeerd wees nie, die Israelies het baie sulke dinge gedoen?

Ek kan aan n paar invloede dink wat die rand so opdonner....

Waar my wa staan

Arie

Thu, 13/06/2019 - 16:31

Wou nog bylas, ons word geleer om die Onse Vader te bid.

Daar bid ons immers "Verlos ons van die bose"

Nou, as ek so kyk na die klomp wat ons ekonomie opdons, en ek sluit Trump daarby in dan is hulle mos die "bose"? Ja dank mag ons bid dat ons verlos word van hulle 

Ek sluit Trump in want elke keer as hy met sy handels oorlog

Vaalpark

Johann L

Thu, 13/06/2019 - 18:26

Arie, jy praat van die Onse Vader, wonder hoeveel mense bid dit sonder om te besef, wat die ware impak van die volgende woordjir beteken.. " vergewe ons, ons sondes (skulde) NET soos ONS, ONS sondaars (skuldenaars) vergewe. ?

Centurion

Voortrekker

Thu, 13/06/2019 - 20:11

Lei God ons in versoeking? Wonder maar net.

Nee glad nie!  Dit sal nou 'n absurde gedagte wees surprise

Jakobus 1:13 "Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek” nie; want God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie"

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 13/06/2019 - 20:50

Hallo Chris, jy is so lank stil ek kon amper dink jy was opgeraap !!

Daai verlei wat julle van praat, laat neef nou vertel, die oubaas se handewerk is somtyds van so uitstaande gehalte dat dit werklik n versoeking is....... hmm, wonder wat gaan deur die omies se gedagtes ????

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 13/06/2019 - 21:56

Maar daardie woorde ("en lei ons nie in versoeking nie") kom voor in die "model gebed" - Die onse Vader??

My opinie is dat ons nie uit die oog moet verloor nie dat die oorspronklike Bybel geskrifte oor en oor vertaal is en dat daar oor die jare heen gepoog word om die mees korrekte bedoeling van die brontaal oor te dra.  Die aanhaling hierbo kom uit ou Afrikaanse vertalings wat verwarring kon veroorsaak het.  Latere vertalings lees "en laat ons nie in die versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose" .  Ek vertolk dit as "verlos ons van bose dinge sodat ons nie in die versoeking kom nie".

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Fri, 14/06/2019 - 04:50

ek lees juis vroeër hierdie week dat die Pous amptelik 'n wysiging aan die Onse Vader goedgekeur het. Dit lees nou soos jy dit hierbo gestel het - " laat ons nie in die versoeking kom nie..."

Centurion

Voortrekker

Fri, 14/06/2019 - 06:29

maar verlos ons van die Bose

 Die antwoord staan moes in die tweede gedeelte?  "Maar ..... verlos ons van die bose..... "   die een wat wel verlei??

Ek vind dit baie interessant dat , alhoewel die antwoorde / verklarings meeste tyd in die groter konteks van die skrif staan, dit nooit raakgelees word nie?  

Chris, die skrif wat jy nou gebruik om 'n "god" voor te stel wat mense verlei,  stel nie die God van die Bybel voor nie, maar wel 'n false god.  

In die groter konteks van die skrif (as mens die 2de helfde van die sin in ag neem) word God die almagtige voorgestel saam met sy ware natuur - om sy kinders weg te lei van die bose, en nader aan Hom.   Dit is elke gelowige se begeerte en gebed om nie te sondig nie , maar om eerder nader aan God te wees en nader aan Sy heiligheid.

Die skrif is eintlik vanselfsprekend en daar is geen meriete daarin om dit te gebruik om 'n false god te probeer verkondig nie. smiley

Len, jou vertolking is "Spot On" 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus