6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -6 minutes ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -5 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -5 hours ago

Ek kan nie glo nie......................

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek weet almal lees nie op Facebook nie en daarom gesels ek maar oor hierdie onderwerp hier op ons forum-blad.

Ons vriend, Willem Brits het 'n foto namens iemand anders op Kampforum se FB-blad geplaas wat graag hulle Ford Territory wil verkoop waarna Suzette Lambrechts onmiddellik tot die aanval hieronder oorgegaan het.  Haar man, Gielie, het toe ook later in die kryt geklim.

Ek ken Gielie en Suzette glad nie, maar volgens hulle FB profiele kry ek die indruk hulle is 'n dierbare oupa en ouma soos baie van ons.  Dit bring my die punt dat ek nie kan glo die ondervermelde is hulle gesprekke nie.  Kan dit wees dat hulle FB-profiele op 'n manier ge-"hack" is ?

Wat sê jy ?

Ns. Ter wille van beperkte spasie, het ek net relevante brokkies hieronder gekopieer.

--------------------------------------------------------------------------------------------------

Suzette Lambrechts Wat het dit met kampering te doen?
Smaak my partymense se verstaan van wat hulle lees skiet ver te kort of is dit bloot onnoselheid?

Johann Venter Wat het jou vraag met kampering te doen? Daai is een van die beste sleepvoertuie. Verstaan jy nou?

Suzette Lambrechts Johann Venter
Dit het boggerol met kampering te doen. Dis n 2de hande voertuig.

Len Snr Loader Ek wonder wat het Suzette so omgekrap - op haar FB-profiel lyk sy tog na 'n aangename mens, veral met die talle fotos van pragtige blomme wat dui op 'n waardering vir wat mooi in die lewe is.

Len Snr Loader Ek besef dit het niks met kampeer-aangeleenthede te doen nie, maar Suzette se omgekraptheid hier op Kampforum se FB-blad interesseer my nou. Ek merk op Suzette se FB-blad 'n foto van 'n dametjie by 'n fiets met die byskrif : "...………..en mag die vrede van Jesus jou hart vul met 'n rustigheid wat alle verstand te bowe gaan……." Pragtig nie waar nie ?

Willem Brits Kan ook nie verdtaan wat is Suzette se probleem nie ?
Wonder of sy Admin is 🤣
As jy nie van dit hou nie rol net verby. 

Suzette Lambrechts Ag ooooo. Kampforum het n regte paar hangballe wat sulke ou suurknolle is. Regtig how boring!!

Suzette Lambrechts Stefan Vermaak
Ag tog kom net gister terug van 3 weke in Etosha. So as dit by kamp kom kan ek.jou n pasr dinge vertel. Gasn skeer jou baard lyk of jy iets wegsteek. n Leeu sal nie eens sy been lig teen jou been met dasrdie bebasrde gevreet nie.

Suzette Lambrechts Stefan Vermaak
Ag spaar jou asem jy het nie n idee hoe ver ek moet ry nie. Terloops gediertes soos jy sal dit nie waag in Etosha niedie diere sal jou opvreet vir aas. Terloops ek kamp al jare en loop nie te koop daarmee om te wys eks beter as ander nie. Kampforum het n paar regte hangballe en dans hul nog bleddie lelik ook. En daaraan kan jy boggerol doen daarom wat jy agter n baard jou lelike bakkies wegsteek.

Johann Venter Minderwaardigheidskompleks laat party anties vreeslik uithaak?!

Len Snr Loader Ek is oortuig daarvan ons word vir 'n "ride" gevat. Dit kan nie Suzette wees wat hier praat nie - haar FB-rekening is beslis deur iemand anders ge-"hack" !

​​​​​​​Gielie Lambrechts Ek het nou al hierdie dubbel k senter a kommentare gelees van sogenaamde manne wie dink hulle is flippen slim, maar eintlik flippen onnosel.

Willie van Romburgh Wanneer mense so oneerbiedig met mekaar praat, wonder ek net hoe hulle gaan reageer die dag wanneer hulle hulself langs mekaar bevind in 'n karavaanpark.

.
Gielie & Suzette               (Foto : Facebook)

 

Centurion

Voortrekker

Tue, 18/06/2019 - 18:28

Len hier is 'n ouer paartjie, ek skat omtrent dieselfde ouderdom as die hierbo gewys, wat so diskant ons kamp.    Ek hoor vandag die vrou skreeu-sê vir my daar  van haar staanplek af  dat my seuntjie ongreskik is.   Hy het blykbaar op die geboude braaier geklim en toe sy vir hom sê hy moet aflkim het hy bkykbaar vir haar 'n gesig getrek en gesê "ek sal nie seer kry nie".   Die vrou het toe maar net haar kop geskud vir my ongeskikte seuntjie - hy is 3 jr oud...

Ek sê vir Lolla die vrou kan bly wees hy het haar nie gevloek nie!  laughlaugh

Centurion

Wit Eland

Fri, 21/06/2019 - 10:29

Ek hoor vandag die vrou skreeu-sê vir my daar  van haar staanplek af  dat my seuntjie ongreskik is.

Ja sowaar GG, dié vroumens het 'n ware ontdekking gemaak : alle manlike soogdiere s'n hang mos !

Ns. Wessel,  Martin Lane se  Largo speel nou op die oomblik in die agtergrond.

Port Elizabeth

Frieps

Sat, 22/06/2019 - 07:07

He-he, ek lees nou eers die draad.   Dit is presies hoekom ek wegbly vanaf Facebook.   Ek het al te veel ongeskiktheid daarop gelees.  Ek dink vir party mense is dit 'n lekker tydverdryf.  Sies, ek skaam my om soos sy tekere te gaan.  

Nouja, ek het darem iets by haar geleer.   Dat die manne hier hangballe het. laugh   Nou wonder ek wat doen haar man s'n?

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus